Italiaanse nasionale rugbyspan
- Hierdie artikel handel oor die Italiaanse nasionale mansrugbyspan. Vir die artikel oor die nasionale vrouerugbyspan, sien Italiaanse nasionale vrouerugbyspan.
| Italië | ||||
| Unie | Italiaanse Rugbyfederasie (FIR) | |||
| Bynaam(e) | Gli Azzurri (“die Hemelbloues”) | |||
| Embleem | Wapen van die Italiaanse Rugbyfederasie | |||
| Stadion | Stadio Olimpico, Rome | |||
| Kapasiteit | 70 634 | |||
| Afrigter(s) | ||||
| Kaptein(s) | Michele Lamaro | |||
Statistiek | ||||
|---|---|---|---|---|
| Meeste toetse | Sergio Parisse (142)[1] | |||
| Meeste punte | Diego Dominguez (983)[2] | |||
| Meeste drieë | Marcello Cuttitta (26)[3] | |||
| Eerste internasionale wedstryd | ||||
(Barcelona, Spanje; 20 Mei 1929) | ||||
| Grootste oorwinning | ||||
(Viadana, Italië; 18 Mei 1994) | ||||
| Grootste nederlaag | ||||
(Durban, Suid-Afrika; 19 Junie 1999) | ||||
| Wêreldbeker | ||||
| Verskynings | 10/10 (Eerste in 1987) | |||
| Beste uitslag | Twee oorwinnings elk in 2003, 2007, 2011, 2015, 2019 en 2023 | |||
| Uniewebwerf | ||||
| www.federugby.it | ||||
Die Italiaanse nasionale rugbyspan (Italiaans: Nazionale di rugby a 15 dell’Italia) is die nasionale rugbyspan wat Italië in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Hulle staan ook bekend as gli Azzurri (Italiaans vir: “die Hemelbloues”). Savoiblou is die gewone kleur van die nasionale spanne wat Italië verteenwoordig, aangesien dit die tradisionele kleur van die Huis van Savoje was wat van 1860 tot 1946 oor die Koninkryk Italië regeer het. Rugby word in Italië deur die Italiaanse Rugbyfederasie (Federazione Italiana Rugby, FIR) geadministreer. Italië neem aan die jaarlikse Sesnasies-toernooi deel, saam met Engeland, Frankryk, Ierland, Skotland en Wallis.
Italië het sy eerste toetswedstryd in 1929 teen Spanje gespeel. Italië was net soos Roemenië oor dekades heen een van die sterkste Europese spanne buite die destydse Vyfnasies. Hulle het tydens die Europese Nasiesbeker een titel ingepalm, nege keer as naaswenner en agt keer in die derde plek geëindig. Gedurende die 1990’s het die Italiaanse rugby ’n opswaai beleef, wat tot die aansluiting by die destydse Vyfnasies en hul uitbreiding tot die Sesnasies gelei het. Hulle het die een of ander prestasie behaal, maar nooit beter as die vierde plek gevaar nie.
Italië se belangrikste internasionale verskyning is tydens die vierjaarlikse rugbywêreldbekertoernooi wat sedert 1987 beslis word. Sedert die eerste Rugbywêreldbeker 1987 het die span aan al nege toernooie deelgeneem, maar nog nie die uitklopfase gehaal nie. Die Italiaanse nasionale span het tot ’n konstante deelnemer ontwikkel. Sedert 2003 het Italië tydens elke toernooi twee oorwinnings en twee nederlae aangeteken, genoeg om regstreeks vir die daaropvolgende toernooi te kwalifiseer.
Italiaanse spelers dra tradisioneel blou truie, wit broeke en blou sokkies. Hul alternatiewe kleure bestaan uit ’n wit trui met blou broeke en wit sokkies. Italië se internasionale wedstryde word op verskeie plekke dwarsdeur die land gespeel; die Stadio Olimpico in Rome word tydens die Sesnasies-toernooi gebruik. Die beheerliggaam Wêreldrugby beskou Italië as ’n vlak-een rugbyland. Twee voormalige Italiaanse rugbyspelers is in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem. Die Italiaanse rugbyspan is tans (Maart 2026) tiende op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[4]
Beheerliggaam
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Italiaanse Rugbyfederasie.
Die beheerliggaam vir rugby in Italië is die Italiaanse Rugbyfederasie (Federazione Italiana Rugby, FIR). Die FIR het in 1928[5] uit die “Propagandakomitee” ontstaan en in 1987 ’n volle lid van die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) geword.[6] Daarbenewens was die Italiaanse Rugbyfederasie in 1934 ’n stigterslid van die vastelandse beheerliggaam Fédération internationale de rugby amateur (FIRA; nou Rugby Europa, RE).[7] Die hoogste rugbyliga in Italië is die Campionato di Eccellenza, waaraan twaalf spanne deelneem. Van die spanne is veral uit die twee rugbyvestings Lombardye en Veneto afkomstig.
Bo die nasionale kampioenskap word die internasionale liga Verenigde Rugbykampioenskap beslis, saam met spanne uit Ierland, Skotland, Suid-Afrika en Wallis, waaraan twee Italiaanse spanne (Benetton Rugby Treviso uit Treviso en Zebre uit Parma) deelneem. Bo die Verenigde Rugbykampioenskap word jaarliks saam met klubs uit Engeland, Frankryk, Ierland, Ierland en Wallis die Europese Rugbykampioenskapbeker en die Europese Rugbyuitdagingsbeker beslis.
Naas die amptelike nasionale span roep die FIR ook ander keurspanne byeen. Italia Emergenti (“Opkomende Italië”) is die tweede nasionale span van Italië. Net soos ander rugbylande beskik Italië oor ’n o/20-nasionale span wat aan die o/20-Sesnasies-toernooi en die Wêreldrugby o/20-kampioenskap deelneem.[8][9] Kinders en jongmense word reeds op skool aan rugby bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hulle met hul afrigting.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Invoering van rugby in Italië
[wysig | wysig bron]

Die oorspronklik uit Griekeland afkomstige en in die hele Romeinse Ryk beoefende spel Harpastum kan as ’n ver verwante, antieke voorloper van rugby beskou word. In berigte van historici en skrywers soos Athenaeus van Naucratis, Clemens van Alexandrië, Iulius Pollux en Claudius Galenus word dit beskryf as ’n volkontaksport tussen twee spanne bestaande uit vyf tot twaalf spelers met die doel om op ’n reghoekige veld ’n bal agter die teenstander se doellyn te beweeg.[10] Gedurende die Middeleeue het in Italië verskeie balsporte ontwikkel, wat nader verwant was aan rugby as aan sokker, aangesien die balspel met die hande ’n sentrale kenmerk was. Die bekendste voorbeeld is die Calcio storico fiorentino wat uit die vroeë 16de eeu dateer en steeds in Florence gespeel word.[11]
Britse seemanne, wat by die Genuese hawe aangedoen het, het rondom 1890 die in die Verenigde Koninkryk reeds gevestigde rugby aan Italië bekendgestel. Maar van die begin af is dit deur sokker oorskadu en was ’n nissport. Daar word vermoed dat die Britte aanvanklik veral onder mekaar verkeer het.[12] Die eerste amptelike rugbywedstryd op Italiaanse bodem is op 2 April 1910 in Turyn tussen twee buitelandse klubs, die Paryse SCUF en die Geneefse RC Servette, beslis. Twee weke later is die eerste Italiaanse rugbyklub, RC Torino, gestig, maar hulle het ná slegs een wedstryd teen die sokkerklub FC Pro Vercelli hulself weer ontbind.[13] ’n Jaar later het Stefano Bellandi, die bestuurder van die Teatro alla Scala in Milaan, die beslissende impuls vir rugby se vestiging in Italië gelewer. Hy het, nadat hy ’n aantal jare in Frankryk deurgebring en die rugbysport leer ken het, na Italië teruggekeer en sy militêre diens gedoen. Saam met die hulp van ’n Franse vriend het hy ’n rugby-afdeling by die sportklub US Milanese gestig. Dit het op 2 April 1911 op die Arena Civica teen ’n span uit Voiron sy eerste wedstryd gespeel. Volgens La Gazzetta dello Sport was die toeskouers ten spyte van die 0–15-nederlaag opgewonde, waarna nog wedstryde gereël is.[14]
Die Eerste Wêreldoorlog het die ontwikkeling stopgesit. Ná die einde van die oorlog het Bellandi hom vir ’n herlewing van die Italiaanse rugbysport beywer en by die Milaanse Sport Club Italia ’n nuwe span saamgestel. Gevolglik is nog klubs gestig en middelgroot nywerheidsstede in die Povlakte soos Brescia, Parma, Rovigo en Treviso het in Italië se rugbyvestings ontwikkel (later het ook Rome, Napels en L’Aquila gevolg). Op 26 Julie 1927 het Bellandi ’n “Propagandakomitee” gestig en die Franse joernalis Henri Desgrange, stigter van die Tour de France, om ondersteuning gevra. Hy het gehelp om ’n aantal wedstryde van ’n nieamptelike Italiaanse keurspan teen verskeie Franse klubs te reël.[15] Enkele verteenwoordigers van die fascistiese Italiaanse regime het die propagandistiese waardes van die gewild wordende rugbysport raakgesien. Augusto Turati, sekretaris-generaal van die Partito Nazionale Fascista (PNF), het op 13 Mei 1928 die eerste wedstryd in die hoofstad gereël en die Stadio Nazionale del PNF beskikbaar gestel.[16] Enkele maande later, op 26 September, is uit die destydse Propagandakomitee die Italiaanse Rugbyfederasie (Federazione Italiana Rugby, FIR) gestig, wat vervolgens die eerste nasionale kampioenskap aangebied het.[17]
Die nasionale span se eerste jare
[wysig | wysig bron]

Die FIR het ook ’n amptelike nasionale span van stapel gestuur. Hul eerste toetswedstryd is op 29 Mei 1929 in Barcelona teen die eweneens debuterende Spanje gehou. Voor ’n skare van 62 000 op die Montjuicstadion en in teenwoordigheid van die Spaanse koning Alfons XIII[18] is hulle met 9–0 verslaan; die Spaanse span het uitsluitlik uit Katalane bestaan. ’n Jaar later het Italië wraak geneem en in Milaan hul eerste tuiswedstryd met 3–0 gewen.[19] Op 19 Oktober 1929 het die Olimpiese beheerliggaam Comitato Olimpico Nazionale Italiano (CONI) die FIR ná net een jaar se werk ontbind en die bestuur van die nasionale kampioenskap oorgeneem.[20] Die presiese rede is nie bekend nie, maar daar word vermoed dat die fascistiese regime die kulturele verskynsel rugby toenemend met misnoë bekyk het, aangesien dit van ’n Britse oorsprong was. Die onderdrukking van rugby het gepaard gegaan met pogings om ’n nuwe balsport, Volata genoem, af te dwing, wat volgens bewerings ’n nasaat van die Romeinse Harpastum was.[16] Volata het nie gewildheid verwerf nie, waarvolgens CONI die rugbybeheerligaam in Oktober 1932 herstig het, aanvanklik onder die Italiaaniseerde naam Federazione Italiana della Palla Ovale (“Italiaanse Ovaalbalbeheerliggaam”).[21] In die daaropvolgende jaar het die beheerliggaam onder die amper oorspronklike naam Federazione Italiana Rugbi verkeer (van 1946 af is rugby weer met ’n y geskryf).[17]
As gevolg van beheerliggaamsgeskille het die nasionale span drie jaar lank onaktief gebly, maar van 1933 af teen die destydse sterkste spanne van die vastelandse Europa te staan gekom. Die lede van die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) het egter oorwegend onder mekaar verkeer. Die Franse nasionale rugbyspan was tot in 1983 die enigste wêreldklasspan buite die IRVR en tot in 1988 die enigste van die destydse Vyfnasies wat amptelike toetswedstryde teen Italië gespeel het. Tydens die Europese Nasiesbeker is op 17 Oktober 1937 in Parys die eerste wedstryd tussen albei spanne gereël en het in ’n 5–43-nederlaag vir die Italianers geëindig. Die Fédération internationale de rugby amateur (FIRA; nou Rugby Europa, RE) was verantwoordelik vir die reël van die Europese Nasiesbeker. Dié alternatiewe internasionale beheerliggaam is in 1934 op inisiatief van Frankryk gestig, nadat hulle uit die Vyfnasies geskop is. Die FIR was een van die stigterslede.[7]
Aan die begin van die Tweede Wêreldoorlog is die spelbedryf in Italië amper sonder inperkings voortgesit. Die nasionale kampioenskap is tot in 1943 beslis, terwyl die nasionale span tussen 1940 en 1942 twee toetswedstryde teen Roemenië en een teen Nazi-Duitsland gespeel het. Die Fasciste, wat die rugbysport weens sy Britse herkoms aanvanklik verwerp en wou verdring het, het dit nou heeltemal ondersteun en as ’n voorbeeld van kameraadskap en veggees bevorder. Die PNF se partysekretaris Achille Starace het rugby beskryf as ’n “vegkuns wat deur die fascistiese jeug beoefen en wyd versprei moet word”. Die verdere verspreiding se belemmering ná die Tweede Wêreldoorlog word aan die politisering toegeskryf. Vir ’n tyd lank is rugby as ’n “fascistiese sportsoort” beskou. Die teenwoordigheid van die Geallieerdes wat van 1943 af rugbywedstryde teen mekaar gereël het, kon die siening slegs ’n bietjie verander.[22]
Stagnasie en tydelike agteruitgang
[wysig | wysig bron]

In 1946 het die FIR die nasionale kampioenskap hervat, terwyl die nasionale span eers van Maart 1948 af weer toetswedstryde kon speel. Die nasionale span is sedert sy begin deur ’n nasionale afrigter bestuur (in teenstelling met die Vyfnasies se spanne wat deur die spankaptein bestuur is), maar van die nasionale afrigters is so gereeld verander, dat net min kontinuïteit of ’n verbetering in die tegniese vaardighede kon plaasvind. Op die Europese vasteland het ’n soort driedeling ontstaan: Op die allesoorheersende Frankryk het met ietwat afstand Italië gevolg, wat op sy beurt al die ander nasionale spanne oorheers het. Byvoorbeeld het die Azzurri gedurende die 1950’s elke toetswedstryd teen Duitsland, Roemenië, Spanje en Tsjeggo-Slowakye gewen, maar hulle het elke wedstryd teen Frankryk verloor – soms swak. Die beheerliggaam se bestuurders was bewus daarvan dat die Italiaanse rugby net in wedywering met die toonaangewende lande kon ontwikkel. In 1956 en 1958 het nieamptelike toere deur Wallis, Engeland en Ierland plaasgevind, waartydens die nasionale span teen drie klubs elk te staan gekom het.
Die 1960’s het min vordering gesien, afgesien van Roemenië se opkoms en hul wedywering om die tweede plek tydens die Europese Nasiesbeker. Die Roemene was self in staat om die een of ander keer Frankryk te klop, wat die Italianers eers enkele dekades later kon vermag. Op 14 April 1963 was die Italianers op die punt om Frankryk se oorheersing te beëindig: In Grenoble het hulle tot in die doodsnikke met 12–6 voorgeloop, maar Frankryk het twee drieë gedruk en dié wedstryd met 14–12 gewen.[23] Baie het dié naelskraapse nederlaag as die begin van ’n verwagte, volhoubare vordering beskou, wat egter nie plaasgevind het nie.
In 1965 het die FIRA die Europese Nasiesbeker hervorm en in verskeie vlakke verdeel. Italië het van 1965/66 af aan die toernooi se eerste afdeling deelgeneem en soos altyd as naaswenner ná Frankryk geëindig.[24] Tydens die daaropvolgende toernooi in 1966/67 het Italië egter ’n agteruitgang beleef: Ná ’n naelskraapse oorwinning oor Portugal en twee swak nederlae teen Frankryk en Roemenië het Italië vir die eerste keer slegs die derde plek behaal.[25] Gevolglik het die Franse Rugbyfederasie daarop besluit om vir wedstryde teen Italië slegs ’n tweede span pleks van die nasionale span te laat uitdraf. Die volgende amptelike toetswedstryd tussen albei lande sou eers drie dekades later volg. Italië het homself aan die Europese Nasiesbeker 1967/68 onttrek en is na die tweede afdeling gerelegeer.[26] Tydens die daaropvolgende Europese Nasiesbeker 1968/69 het die Italianers al die mededingers oorheers en regstreekse promosie behaal.[27] Die beheerliggaam het tot die gevolgtrekking gekom dat die nasionale span ook buite Europa ondervinding moes versamel. In Mei 1970 het die Azzurri hul eerste amptelike toer buite Europa aangepak. Hulle het na Madagaskar getoer en twee toetswedstryde gespeel wat in naelskraapse oorwinnings geëindig het.[28]
Ná nederlae teen Frankryk, Marokko en Roemenië is Italië in 1971 weer na die tweede afdeling gerelegeer.[29] Gedurende Junie en Julie 1973 het die Azzurri, met die voormalige Springbokstut Amos Du Plooey, weer ’n toer na Suider-Afrika onderneem. Hulle het teen ’n aantal Suid-Afrikaanse keurspanne en Rhodesië te staan gekom. Laasgenoemde wedstryd se status as ’n toetswedstryd is omstrede, aangesien dié land se onafhanklikheid destyds nie erken is nie.[30] Italië se enigste oorwinning was teen die Luiperds, die nieamptelike nasionale span van die bruin mense. Ten spyte van agt nederlae is dié toer as ’n mylpaal beskou, aangesien Italië homself aan die algemene publiek van ’n land in die Suidelike Halfrond kon vertoon.[31]
Stadige toenadering
[wysig | wysig bron]


Ná drie toernooie in die tweede afdeling is Italië vir die 1974/75-seisoen weer na die Europese Nasiesbeker se eerste afdeling gepromoveer en het hulleself in dié afdeling gevestig. Onder andere het hulle ’n 3–3-gelykop weg teen die latere kampioen Roemenië aangeteken, wat enkele maande vroeër Frankryk verslaan het.[32] In 1974 en 1975 het twee kort toere na Groot-Brittanje gevolg, waartydens hulle county-keurspanne en die Engelse nasionale o/23-span ontmoet het.[33] Ná hul tweede plek tydens die Europese Nasiesbeker 1975/76, danksy ’n 13–12-tuisoorwinning oor Roemenië,[34] het op 4 November 1976 in Milaan hul eerste wedstryd teen die Australiese Wallabies gevolg. Dié wedstryd was nie ’n amptelike toetswedstryd nie en het in ’n naelskraapse 15–16-nederlaag geëindig wat tot nuwe hoop op ’n verdere ontwikkeling gelei het.[35] Hul afsluiting van die Europese Nasiesbeker 1976/77 in die vierde plek het die verhoogde verwagtinge egter weer gedemp. Onder andere het die Azzurri op 1 Mei 1977 weg teen Roemenië met 0–69 verloor, gelyk aan hul ergste nederlaag in dié tyd.[36]
Destyds het die Italiaanse klubs teen einde van ’n hoër spelkwaliteit buitelandse spelers (John Kirwan, Naas Botha, David Campese, Michael Lynagh) en afrigters (Julien Saby, Roy Bish, Greenwood, Nelie Smith) in diens begin neem. Van hulle was veral Suid-Afrikaners, Australiërs en Nieu-Seelanders, waarvan sommige van ’n Italiaanse herkoms was. Op 24 Oktober 1978 is in Rovigo die eerste wedstryd teen die Argentynse Poemas gereël, wat Italië onverwags met 19–6 gewen het.[37] Ander destydse noemenswaardige prestasies was ’n 6–6-gelykop teen die Engelse o/23-span op 16 Mei in Brescia en ’n bemoedigende 12–18-nederlaag op 28 November 1979 in Rovigo teen die oënskynlik oorweldigende Nieu-Seelandse All Blacks (dié wedstryd was egter geen toetswedstryd nie).[38] In 1980 het die Azzurri ’n toer na Oseanië onderneem en onder andere twee toetswedstryde teen Fidji en die Cookeilande gespeel, maar hulle is in albei wedstryde verslaan.[33] Hulle het in 1981 nog ’n toer sonder toetswedstryd na Australië onderneem, wat met sewe oorwinnings in nege wedstryde baie suksesvol was.[39]
Tydens die Europese Nasiesbeker 1981/82 het Italië vir die eerste keer in ses jaar weer in die tweede plek geëindig, met hul enigste nederlaag soos gewoonlik teen die Franse reserwespan.[40] Tydens die daaropvolgende toernooi 1982/83 het die Azzurri vir die eerste keer voor hul Franse mededingers geëindig; ná ’n wegnederlaag teen Roemenië het hulle egter weer die tweede plek beklee.[41] Tydens die vroeë 1980’s het die Italiaanse rugby een van sy suksesvolste tydperk gedurende die afgelope vyf dekades beleef, wat deur die IRVR se lede in ’n toenemende mate erken is. Gedurende herfs 1983 het die Wallabies deur Europa getoer en die eerste van die “groot” rugbylande geword om teen die Azzurri ’n toetswedstryd te speel, wat op 23 Oktober in Rovigo beslis is. Italië het met 7–29 verloor, maar dié wedstryd is as ’n eerste stap beskou op pad na die wêreld se beste spanne.[42]
Gedurende die 1980’s was tydens die Europese Nasiesbekers nie net Frankryk en Roemenië ernstige mededingers nie, maar ook die Sowjetunie, waardeur die Italianers die een of ander keer slegs die derde of selfs vierde plek behaal het. Gedurende somer 1983 het Italië vir die eerste keer na Noord-Amerika getoer, waartydens hulle ook twee toetswedstryde teen Kanada gespeel het. Terwyl die eerste in ’n verrassende nederlaag geëindig het, het hulle in die tweede ’n maklike oorwinning aangeteken.[43] Gedurende somer 1985 het die Azzurri weer na Suider-Afrika getoer. Hulle het in twee toetswedstryde teen Zimbabwe (die voormalige Rhodesië) te staan gekom en albei gewen.[44] In Mei 1986 het die Italianers ’n noemenswaardige prestasie behaal, toe hulle teen die Engelse nasionale o/23-span met 15–15-gelykop gespeel het. Daarna het hulle na Australië getoer en onder andere ’n toetswedstryd teen die Wallabies gespeel.[45]
Eerste rugbywêreldbekertoernooie en verdere toenadering
[wysig | wysig bron]In Mei 1985 het die IRVR op die invoering van die Rugbywêreldbeker besluit. Die nuwe toernooi sou oorspronklik vir die volle lede voorbehou wees, maar die president van die Franse beheerliggaam, Albert Ferrasse (wat ook as FIRA se president gedien het), het vir sy toestemming vereis dat ook nielede kon deelneem.[46] Gevolglik is onder andere Italië vir deelname genooi; daarmee gepaard gegaan het die Italiaanse beheerliggaam se aansluiting by die voorheen redelik eksklusiewe IRVR.[6] In die openingswedstryd van die eerste toernooi in 1987 het die Azzurri teen die medegasheer Nieu-Seeland te staan gekom; die All Blacks het die wedstryd heeltemal oorheers en aan hulle ’n 6–70-nederaag toegedien. Daarop het nog ’n nederlaag teen Argentinië en ’n naelskraapse oorwinning oor Fidji gevolg. Ondanks sy oorwinning het Italië die kwarteindrondte misgeloop, aangesien die aantal gedrukte drieë beslissend was.[47]
In 1987 het die nasionale speler Stefano Bettarello as destyds eerste Italianer ’n uitnodiging vir die tradisieryke keurspan Barbarians ontvang. Saam met die aansluiting van die FIR by die IRVR dieselfde jaar is dit as ’n duidelike kenteken beskou vir die erkenning wat Italië intussen in die hoogste Britse rugbykringe geniet het.[48][49] Tydens ’n kort toer het hulle op 31 Desember 1988 vir die eerste keer teen Ierland te staan gekom. Dié wedstryd in Dublin, wat hulle met 15–31 verloor het, was die eerste toetswedstryd teen een van die “Tuisnasies” van die Britse Eilande.[50] In Junie 1989 het hulle na Argentinië getoer, maar dit het met ’n nederlaag in die toetswedstryd teen die Poemas geëindig.[51] Twee jaar later het weer ’n toer na Suider-Afrika gevolg, waartydens hulle twee toetswedstryde teen die pas onafhanklike Namibië gespeel het, maar in albei verslaan is.[52] Die Namibië-toer het as ’n voorbereiding op die Rugbywêreldbeker 1991 gedien. In hul eerste groepwedstryd het die Azurri die Verenigde State verslaan, gevolg deur ’n nederlaag in hul eerste ontmoeting met Engeland. Soos verwag het hulle teen Nieu-Seeland die vordering tot die kwarteindrondte misgeloop, maar die naelskraapse 21–31-nederlaag was meer as agbaar.[53]
Italië het in die vroeë 1990’s gedurende die Europese Nasiesbeker hul afstand teenoor Frankryk stadigaan verminder. Onder andere het hulle tydens die Europese Nasiesbeker 1990/92 ná byna ’n dekade weer in die tweede plek geëindig.[54] Nog suksesvoller was die toernooi van 1992 tot 1994. Op 11 November 1993 het die Italianers ’n noemenswaardige prestasie behaal, toe hulle in Treviso die Franse reserwespan met 16–9 verslaan het. Ná ’n nederlaag teen Roemenië in die laaste wedstryd het hulle die titel weereens misgeloop, maar net weens hul swakker punteverskil.[55] Gedurende somer 1994 het hulle weer na Australië getoer, waar hulle twee toetswedstryde teen die Wallabies gespeel het. Die Azzurri is in albei wedstryde verslaan, maar net naelskraap.[56] Op 12 Oktober dieselfde jaar het hulle tydens die rugbywêreldbekerkwalifisering vir die eerste keer teen Wallis te staan gekom en is weer naelskraap geklop.[57] Die vordering, wat hulle tydens wedstryde teen teenstaanders van ’n hoër vlak gemaak het, was voor die hand liggend: Op 6 Mei 1995 het Italië in Treviso teen Ierland te staan gekom en met 22–12 gewen, dit was hul eerste oorwinning oor een van die Britse Eilande se spanne.[58] Tydens die Rugbywêreldbeker 1995 in Suid-Afrika het Italië sy eerste groepwedstryd teen Samoa met 18–42 swak verloor. Teen Engeland was die Azzurri op die punt van ’n oorwinning, maar hulle het met 20–27 verloor en die kwarteindrondte opnuut misgeloop. In die laaste groepwedstryd het hulle Argentinië met 31–25 verslaan.[59]
Professionalisering en aansluiting by die Sesnasies
[wysig | wysig bron]In Augustus 1995 het die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) al die beperkinge rakende die spelers se betaling opgehef en daarmee die professionele tydperk van die rugbyspel ingelui. Die instelling van ooreenstemmende strukture op klubvlak het in Italië ’n aantal jare geneem, waarvolgens baie spelers na die finansieel sterk spanne in Frankryk of Engeland oorgeskakel het. Terwyl hul toenadering aan die beste Europese spanne stadig maar seker plaasgevind het, was hul kwaliteitsverskil teenoor die Suidelike Halfrond se spanne steeds groot. Onder andere het die All Blacks in Oktober 1995 in Bologna met 70–6 gewen.[60] Twee weke later het die destydse wêreldkampioen, die Suid-Afrikaanse Springbokke, vir die eerste keer ’n toetswedstryd teen die Italianers gespeel en met 40–21 gewen.[61] In 1996 het wedstryde teen Wallis, Australië, Engeland en vir die eerste keer Skotland gevolg, wat almal verlore gegaan het, maar deels net naelskraap. Destyds was Engeland op die punt om uit die Vyfnasies geskors en met Italië vervang te word, nadat die Engelse Rugbyvoetbalunie sonder afspraak met die ander beheerliggame ’n eksklusiewe verdrag met British Sky Broadcasting gesluit het. Ná onderhandelinge agter geslote deure het dit egter nie gebeur nie, maar die Italiaanse beheerliggaam het nou die doelwit gehad om by dié eksklusiewe groep aan te sluit.[62][63]
In 1997 het die Azzurri twee oorwinnings oor Ierland aangeteken: op 4 Januarie weg in Dublin met 37–29 en op 20 Desember met 37–22 tuis in Bologna.[64] Tussen dié twee wedstryde het hulle nog ’n prestasie behaal en vir die eerste keer die Europese Nasiesbeker gewen. Veral hul 40–32-wegoorwinning oor Frankryk in Grenoble op 22 Maart was deurslaggewend; dit was Italië se eerste oorwinning oor Frankryk in ’n amptelike toetswedstryd.[65] Dit was selfs opmerkliker, aangesien Frankryk ’n week vroeër die Vyfnasies 1997 met ’n Grand Slam beklink het.[66] Dit sou egter hul enigste titel tydens die Europese Nasiesbeker bly, nadat beide die Italianers en die Franse hulle aan dié toernooi onttrek het, omdat die kwaliteitsverskil teenoor die ander deelnemende spanne te groot geword het en albei beheerliggame nie meer belanggestel het nie. Op 16 Januarie 1998 het die Vyfnasieskomitee daarop besluit om Italië van 2000 af aan die gesogte toernooi te laat deelneem, waarmee dit die Sesnasies geword het.[67] Agt dae later het hul eerste oorwinning oor Skotland gevolg.[68]
Tydens die Rugbywêreldbeker 1999-kwalifisering dieselfde jaar het Italië in Huddersfield teen Engeland naelskraap met 15–23 verloor, maar hulle het aangevoer dat ’n drie van Alessandro Troncon nie deur die skeidsregter toegeken is nie. Omdat die Italianers net voorheen Nederland met 60 punte verskil verslaan het, het hulle vir die toernooi gekwalifiseer.[69] Italië het met wedstryde teen spanne van ’n hoër vlak voorberei, maar verskeie geskille tussen beheerliggaam, afrigter en spelers het die toer na Suid-Afrika in Junie 1999 oorskadu. Nadat die klubs geweier het om die benodigde spelers beskikbaar te stel, het ’n heeltemal onervare span vertrek. Die 0–101-nederlaag in Durban in die eerste van twee toetswedstryde teen die Springbokke was die ergste nederlaag in dié tyd vir die Azzurri.[70] Tydens die Rugbywêreldbeker 1999 is Italië vir die derde agtereenvolgende keer in dieselfde groep met Nieu-Seeland geloot, saam met Engeland en Tonga. Soos verwag is die Azzurri deur die All Blacks en Engeland maklik verslaan. Maar hulle is ook deur Tonga, teen wie hulle vir die eerste keer te staan gekom het, met 28–25 verslaan, waardeur Italië slegs die laaste plek behaal het.[71]
Begin van die Sesnasies-tydperk
[wysig | wysig bron]

Italië het in 2000 uiteindelik by die Sesnasies-toernooi aangesluit, maar sy aansluiting het met die aftrede van ’n aantal van sy beste spelers saamgeval.[72] Die voormalige Nieu-Seelandse nasionale speler Brad Johnstone het die Italiaanse span tydens hul eerste deelname aan die Sesnasies afgerig. In hul eerste wedstryd op die hoogste Europese vlak op 5 Februarie 2000 in Rome het hulle die Skotte (die wenners van die Vyfnasies 1999) oorheers en met 34–20 geseëvier.[73] Daarna het hulle teen die ander spanne egter nie beïndruk nie en ná vier agtereenvolgende nederlae in die laaste plek geëindig. Tydens die toernooie in 2001 en 2002 het hulle nie ’n oorwinning aangeteken nie en net met die “houtlepel” weggestap. Johnstone het probeer om aan ’n in die Franse kunsryke spelstyl spelende span ’n soort Angel-Saksiese dissipline oor te dra.[74][75] Die voormalige Italiaanse nasionale speler en destydse president van die beheerliggaam, Marco Bollesan, het die afrigter se werk gekritiseer. Hulle het glo oor ’n mededingende span beskik, maar dit was om tegniese, karakterlike en sielkundige redes nie in staat om van hul beste eienskappe te vertoon nie.[76] Gedurende herfs 2001 het hy nog ’n Nieu-Seelander, John Kirwan, ter ondersteuning aangestel, wat van die Sesnasies 2002 af die leisels oorgeneem het.[77]
Onder Kirwan het die span met twee oorwinnings oor Spanje en Roemenië maklik vir die Rugbywêreldbeker 2003 gekwalifiseer.[78] Daarna het hulle hul eerste wedstryd tydens die Sesnasies 2003 teen Wallis gewen en gevolglik vir die eerste keer die laaste plek vermy.[79] Tydens die Rugbywêreldbeker 2003 in Australië is Italië soos verwag deur Nieu-Seeland verslaan. Ná twee oorwinnings oor Kanada en Tonga het hulle die realistiese kans gehad om die kwarteindrondte te haal, maar ná ’n 15–27-nederlaag in hul laaste wedstryd teen Wallis is hulle uit die toernooi geskakel.[80] Tydens die Sesnasies 2004 het die Italianers weer die Skotte verslaan en voor hulle in die tabel geëindig.[81] Soos in die jare tevore het hulle egter meer nederlae gely as oorwinnings aangeteken. Dit was ook van toepassing vir glo swakker teenstanders soos die Roemene, teen wie hulle tydens die 2004-midjaarrugbytoetsreeks verloor het.[82] Nadat die Azzurri die Sesnasies 2005 weer sonder ’n oorwinning afgesluit en in die laaste plek geëindig het, is John Kirwan met die Fransman Pierre Berbizier vervang.[83]
Onder die nuwe hoofafrigter het die Azzurri tydens die 2005-midjaarrugbytoetsreeks ’n groot prestasie behaal, toe hulle tydens hul Argentinië-toer ’n toetswedstryd teen die Poemas met 30–29 gewen het. Dit was nie net hul eerste wegoorwinning oor dié teenstander nie,[84] maar ook die enigste oorwinning van ’n span uit die Noordelike Halfrond in die Suidelike Halfrond gedurende dié jaar. Tydens die Sesnasies 2006 het die Italianers weg teen Wallis met 18–18 gelykop geëindig, maar weereens nie beter as die laaste plek gevaar nie. Nogtans het hulle in die wedstryd teen Frankryk belowend vertoon, nadat hulle teen halftyd voorgeloop het.[72] Met twee maklike oorwinnings oor Portugal en Rusland in Oktober 2006 het hulle sonder moeite vir die Rugbywêreldbeker 2007 gekwalifiseer.[85] Tydens die Sesnasies 2007 het die Azzurri hul beste vertoning sedert hul aansluiting by dié toernooi gehad. Hulle het weg Skotland en tuis Wallis geklop en in die vierde plek geëindig. Die belangstelling in die rugbysport het nuwe hoogtes bereik, toe op die voorblaaie van die vernaamste Italiaanse koerante oor die Italiaanse sukses verslag gedoen is. Meer as 10 000 aanhangers het die span ná die laaste wedstryd teen Ierland op die Romeinse Piazza del Popolo verwelkom.[86]

Met die doelstelling om vir die eerste keer die kwarteindrondte te haal het die span vir die Rugbywêreldbeker 2007 na Frankryk vertrek. Op die verwagte hoë nederlaag in hul eerste wedstryd teen Nieu-Seeland het twee oorwinnings oor Roemenië en Portugal gevolg, waardeur die laaste groepwedstryd in Saint-Étienne teen Skotland beslissend was. Alessandro Troncon het tydens die wedstryd die enigste drie gedruk, maar weens die gebrek aan dissipline het die Skotte ’n aantal strafskoppe aangeteken. Italië het eindelik met 16–18 verloor en is uit die toernooi geskakel, maar met hul derde plek het hulle regstreeks vir die daaropvolgende Rugbywêreldbeker 2011 gekwalifiseer.[87] Pierre Berbizier het reeds in April aangekondig dat hy sy verdrag nie sou verleng nie. In Oktober 2007 het die FIR die Suid-Afrikaner Nick Mallett as sy plaasvervanger benoem.[88] Tydens die Sesnasies 2008 het Italië weer in die laaste plek geëindig, maar hulle het nietemin ’n oorwinning oor Skotland aangeteken, terwyl die nederlae teen Ierland en Engeland redelik naelskraap was.[72] In Junie het die Italianers nog ’n verrassende wegoorwinning oor Argentinië aangeteken.[89] Ná dié sukses het egter ’n verloorreeks begin, wat oor ’n jaar sou streek. Tydens die 2008-eindjaarrugbytoetsreeks, die Sesnasies 2009 en die 2009 midjaarrugbytoetsreeks is die Italianers in elke wedstryd verslaan. Ná altesaam 13 nederlae het hulle eers einde November 2009 weer ’n oorwinning aangeteken, toe hulle in Ascoli Piceno vir die eerste keer teen Samoa te staan gekom het.[90]
Stagnasie en ontbrekende verdere ontwikkeling
[wysig | wysig bron]


Ondanks ’n naelskraapse tuisoorwinning oor Skotland het Italië tydens die Sesnasies 2010 weer in die laaste plek geëindig.[72] In die ander wedstryde in 2010 het hulle slegs teen Fidji ’n oorwinning aangeteken.[91] Ten spyte van hul laaste plek tydens die Sesnasies 2011 het die span tydens hul tuiswedstryde beïndruk. In hul eerste wedstryd teen Ierland het hulle voorgeloop, toe die Iere twee minute voor die eindfluitjie ’n skepdoel aangeteken en met 13–11 gewen het. Vyf weke later het hulle Frankryk naelskraap met 22–21 verslaan, nadat hulle ’n 6–18-agterstand ingehaal het. Die Azzurri het dus hul eerste oorwinning oor le Bleus sedert 1997 aangeteken en vir die eerste keer die Giuseppe Garibaldi-trofee ingepalm.[92] Die Rugbywêreldbeker 2011 in Nieu-Seeland het vir die Italianers soos die vorige toernooi verloop. Die eerste groepwedstryd teen Australië het hulle met 6–32 verloor, nadat hulle teen halftyd op 6–6 was.[93] Daarop het twee maklike oorwinnings oor Rusland en die Verenigde State gevolg, waardeur die laaste wedstryd beslissend was. Italië is deur die Iere oorheers en met 6–36 uit die toernooi geskakel, maar hul derde plek het die regstreekse kwalifisering vir die daaropvolgende Rugbywêreldbeker 2015 verseker.[94] Die beheerliggaam het reeds in Mei daarop besluit om die verdrag met Mallett nie te verleng nie; ná die Rugbywêreldbeker is hy met die Fransman Jacques Brunel vervang.[95]
In die tweede wedstryd tydens die Sesnasies 2012 was die Azzurri op die punt om Engeland te verslaan, toe hulle teen halftyd met 12–6 voorgeloop het, maar nogtans met 15–19 naelskraap geklop is.[96] Hulle het die laaste plek vermy, toe hulle in die laaste wedstryd die Skotte verslaan en voor hulle geëindig het.[97] Gedurende die jaar het Italië vir die eerste keer sedert 1998 drie agtereenvolgende oorwinnings aangeteken: oor Kanada, die VSA en Tonga.[98][99] In die eerste wedstryd tydens die Sesnasies 2013 het Italië die Franse met 23–18 verslaan.[100] Ná dié groot prestasie het Italië in die laaste wedstryd ook Ierland met 22–15 verslaan. Dit was hul eerste Sesnasies-oorwinning oor die Iere en Italië het vir die eerste keer sedert 2007 weer in die vierde plek geëindig.[101] Die Suid-Afrikaanse vierhoekige toernooi tydens die 2013 midjaarrugbytoetsreeks, waar die Italianers deur die Springbokke, Skotte en Samoane verslaan is, is later as ’n draaipunt beskou, waarvandaan hulle ’n afwaartse neiging getoon het.[102]
Dit het tydens die Sesnasies 2014 duidelik na vore getree, toe die Italianers sonder ’n oorwinning in die laaste plek geëindig het.[72] Tot in Junie 2014 het hulle nege agtereenvolgende nederlae gely, waaronder vir die eerste keer teen Japan.[103] Met ’n naelskraapse 22–19-wegoorwinning oor Skotland tydens die Sesnasies 2015 het hulle die “houtlepel” vermy, maar hulle het teen die ander spanne nie beïndruk nie.[104] Tydens die Rugbywêreldbeker 2015 in Engeland het Italië soos tydens die twee vorige toernooie vertoon. Op die verwagte nederlaag in hul eerste wedstryd teen Frankryk het ’n verrassend naelskraapse 23–18-oorwinning oor Kanada gevolg. Met die 9–16-nederlaag in hul derde groepwedstryd teen Ierland is hulle uit die toernooi geskakel, waarvolgens hul 32–22-oorwinning oor Roemenië net kosmetiese waardes gehad het. Nietemin het hulle met hul derde plek weer regstreeks vir die daaropvolgende Rugbywêreldbeker 2019 gekwalifiseer.[105]
Ná ’n baie swak prestasie tydens die Sesnasies 2016 is Brunel as hoofafrigter geskors en met die Ier Conor O’Shea vervang. Saam met hom het die FIR die ontwikkelingsbestuurder Stephen Aboud opdrag gegee om teen einde van ’n hoër gehalte in die Italiaanse rugby ’n jeugprogram van stapel te stuur.[106] Tydens die 2016 midjaarrugbytoetsreeks het die Azzurri een van die onlangse dekades se grootste verrassinge in internasionale rugby behaal, toe hulle op 19 November in Florence die Suid-Afrikaanse Springbokke in ’n fisiese wedstryd met 20–18 verslaan het. Dit was hul eerste oorwinning oor Suid-Afrika in 13 toetswedstryde en hul eerste oorwinning oor een van die drie “groot” spanne van die Suidelike Halfrond (Australië, Nieu-Seeland, Suid-Afrika).[107] Dit was egter net ’n positiewe uitskieter, aangesien die daaropvolgende Sesnasies 2017 weer met vyf swak nederlae geëindig het. Die 10–63-tuisnederlaag teen Ierland was hul ergste in die Sesnasies-geskiedenis.[108] Van hul elf toetswedstryde in 2017 het die Azzurri slegs dié teen Fidji gewen.[109] Die jare 2018 en 2019 het net ’n bietjie beter verloop: tydens die Sesnasies was Italië sonder enige kans en hulle het net enkele oorwinnings oor swakker spanne van die tweede vlak aangeteken.
Tydens die Rugbywêreldbeker 2019 in Japan het Italië aanvanklik beter vertoon en beide Namibië en Kanada maklik verslaan. Die daaropvolgende 3–49-nederlaag teen Suid-Afrika was egter teleurstellend. Hul laaste groepwedstryd teen Nieu-Seeland is net soos twee ander wedstryde weens tifoon Hagibis se verwoestinge afgelas en as ’n 0–0-gelykop geag.[110] Met hul derde plek het Italië weer regstreeks vir die daaropvolgende Rugbywêreldbeker 2023 gekwalifiseer. Ná die toernooi het O’Shea as hoofafrigter bedank en hy is met die Suid-Afrikaner Franco Smith vervang.[111] Die nuwe hoofafrigter was egter nie in staat om die algemene situasie om te keer nie; onder andere het die Azzurri in 2020 nie ’n oorwinning aangeteken nie. Die 10–50-nederlaag teen Frankryk in die eerste wedstryd tydens die Sesnasies 2021 was hul 28ste agtereenvolgende nederlaag tydens dié toernooi. Gevolglik het veral in die Britse en Ierse pers ’n groot debat oor Italië se mededingendheid binne die hoogste vlak begin. Byvoorbeeld het die voormalige Walliese spankaptein Sam Warburton ’n relegasiestelsel voorgestel. Dit sou ook aan ander spanne die kans gee om teen die sterkste spanne van Europa te speel. Hy het na Georgië verwys, wat sedert jare die Europese Rugbykampioenskap se eerste afdeling oorheers.[112] Ander deskundiges het daarvoor gepleit om Italië met óf Suid-Afrika óf Argentinië te vervang.[113]
Im Mei 2021 is Franco Smith as leier van die Italiaanse rugby se hoëprestasie-afdeling benoem, terwyl die Nieu-Seelander Kieran Crowley as nuwe hoofafrigter aangestel is.[114] Op 19 Maart 2022, die laaste rondte tydens die Sesnasies 2022, het die Italianers ’n 22–21-wegoorwinning oor Wallis aangeteken, waarmee hulle ’n nederlaagreeks van 36 wedstryde by dié toernooi beëindig het; vir die Walliesers was dit hul eerste tuisnederlaag teen Italië ooit.[115] Tydens die 2022 midjaarrugbytoetsreeks het Italië sy eerste wegnederlaag teen Georgië gely.[116] Daarteenoor kon Italië tydens die 2022 eindjaarrugbytoetsreeks Australië vir die eerste keer ooit klop.[117] Tydens die Rugbywêreldbeker 2023 in Frankryk het Italië eers Namibië maklik geklop (met 52–8), maar toe teen Uruguay (met 38–17) gesukkel en was teen die twee gunstelinge Nieu-Seeland (met 17–96) en die gasheer (met 7–60) sonder enige kans. Hul troosprys was weereens die regstreekse kwalifisering vir die daaropvolgende Rugbywêreldbeker 2027.[118]
Sedert Januarie 2024 dien die Argentyn Gonzalo Quesada as hoofafrigter van Italië.[119] Tydens die Sesnasies 2024 het die Italianers met oorwinnings oor Skotland en Wallis, asook ’n gelykop teen Frankryk hul beste uitslag in dié tyd behaal.[120] Twee jaar later het die span weer Skotland geklop, waarna hulle vir die eerste keer ooit Engeland verslaan het. Ná twee oorwinnings en drie nederlae het hulle die vierde plek beklee.[121]
Kleure, embleem en bynaam
[wysig | wysig bron]

Die Italiaanse span speel nie in die kleure van die nasionale vlag nie, maar in blou, as ’n huldeblyk aan die koninklike familie van die Huis van Savoje wat onder andere die Koninkryk Italië regeer het.[122] Die span se bynaam gli Azzurri (“die Hemelbloues”) is soos dié van die Italiaanse sokkerspan afgelei van die hemelblou trui.
Tussen 2000 en 2012 het Kappa die trui aan Italië verskaf.[123] Sedert 2017 word die Italiaanse span deur Macron toegerus. Tydens tuiswedstryde speel hulle in ’n hemelblou trui met die drie bane van die Italiaanse vlag op die moue, wit broeke en donkerblou sokkies. Indien hul teenstander tradisioneel ook in ’n blou trui uitdraf – soos in wedstryde teen Argentinië, Frankryk en Skotland – speel Italië in ’n wit trui met rooi en groen strepe op die skouers, blou broeke en wit sokkies. Sedert 2022 is Vittoria Assicurazioni, ’n Italiaanse versekeringsmaatskappy, die hoofborg van die Italiaanse span.
Voor elke wedstryd van die Italiaanse nasionale rugbyspan word Il Canto degli Italiani (Italiaans vir: “Die Lied van die Italianers”), die Italiaanse volkslied, gespeel.[124] In Italië staan dié volkslied ook as L’inno di Mameli (“Mameli se volkslied”) bekend, en verwys na die outeur van die lirieke, Goffredo Mameli.
Van die begin van die Italiaanse rugbyspan tot die einde van die Tweede Wêreldoorlog is die ou embleem op die trui aan die Italiaanse rugbyspan aan die Huis van Savoje se wapen ontleen. Die huidige embleem van Italië herinner aan die Italiaanse vlag (groen, wit en rooi), omring deur lourierblare, wat die grootsheid van die Romeinse geskiedenis en die oorwinnings van Julius Caesar in die oudheid simboliseer. Die lourierkrans is deur die Romeinse keisers gedra. Dit is ook as ’n beloning vir militêre oorwinnings aan die generaals toegeken.[125]
Truiverskaffers en -borge
[wysig | wysig bron]
Sedert die 1980’s het die volgende truiverskaffers en -borge verskyn:
| Tydperk | Verskaffer | Borg |
|---|---|---|
| 1981–1989 | Adidas | – |
| 1990–1993 | Lotto | |
| Rugbywêreldbeker 1991 | – | |
| 1993–1995 | Gilbert[126] | |
| Rugbywêreldbeker 1995 | – | |
| 1996–1997 | Reebok | |
| Europese Nasiesbeker 1997 | ||
| 1998–1999 | – | |
| 1999 | Cotton Oxford | |
| Sesnasies 2000 – 2000 midjaarrugbytoetsreeks | Canterbury | Alliance UniChem |
| 2000 eindjaarrugbytoetsreeks – 2002 midjaarrugbytoetsreeks | Kappa | |
| 2002 eindjaarrugbytoetsreeks – 2006 eindjaarrugbytoetsreeks | Jaguar | |
| Sesnasies 2007 – 2012 midjaarrugbytoetsreeks | Cariparma | |
| 2012 eindjaarrugbytoetsreeks – 2017 midjaarrugbytoetsreeks | Adidas | |
| 2017 eindjaarrugbytoetsreeks – 2018 midjaarrugbytoetsreeks | Macron | |
| 2018 eindjaarrugbytoetsreeks – 2021 eindjaarrugbytoetsreeks | Cattolica Assicurazioni | |
| 2021 eindjaarrugbytoetsreeks | Suzuki | |
| Sesnasies 2022 | Bitpanda | |
| 2022 eindjaarrugbytoetsreeks | Vittoria Assicurazioni | |
| Sesnasies 2023 |
Tuisstadion
[wysig | wysig bron]

Voor hul aansluiting by die Sesnasies in 2000 het Italië nie oor ’n vaste tuisstadion beskik nie. Die tuiswedstryde is in meer as drie dosyn se verskeie stadions aangebied, met ’n voorkeur aan Rome en die streke Lombardye en Veneto. Sedert hul aansluiting by die Sesnasies is Rome die plek van al hul tuiswedstryde tydens dié toernooi, terwyl die FIR vir al die ander wedstryde verskeie plekke dwarsdeur die land gebruik.
Van 2000 tot 2011 het Italië al sy Sesnasies-tuiswedstryde op die Stadio Flaminio in Rome gespeel. Met ’n kapasiteit van 32 000 (waarvan 8 000 onder ’n dak) was dit die kleinste van die Sesnasies-stadions. Dit is lankal nie meer as groot genoeg vir die Italiaanse nasionale rugbyspan beskou nie en daar was herhaaldelik berigte dat die nasionale span na óf Genua óf die Stadio Olimpico in Rome sou verhuis. Dié verandering is bevestig met die feit dat die Italiaanse Rugbyfederasie oor die gebroke beloftes van opknappings ontsteld geraak het. Oorspronklik is berig dat die FIR Sesnasies-wedstryde na die Stadio Artemio Franchi in Florence wou verskuif.[127] In Januarie 2010 het die Italiaanse Rugbyfederasie aangekondig, dat die Stadio Flaminio in Florence opgeknap sou word, waarvolgens sy kapasiteit na 42 000 verhoog sou word.[128] Nadat die stad Rome uiteindelik met die beloofde opknappingswerk begin het, het FIR aangekondig dat die Sesnasies-wedstryde in Rome sal bly en in die Stadio Olimpico aangebied word;[129] hulle sal na die Flaminio terugkeer sodra dié stadion klaar is.[130] Die opknapping van die Stadio Flaminio sou oorspronklik in 2014 voltooi gewees het, maar daar is min vordering gemaak en teen September 2016 was die stadion steeds in ’n verlate toestand.[131] As gevolg van die gebrek aan vordering en die massief verhoogde koste het die FIR op 26 Februarie 2014 daarvan afstand gedoen om die Stadio Flaminio te gebruik en dit aan die sokkerbeheerliggaam Federazione Italiana Giuoco Calcio oorhandig.[132]
Sedert die 2010’s het rugbywedstryde nie net in Rome meer en meer toeskouers gelok nie, maar ook op ander plekke. Anders as in vorige jare, waar die meeste toeskouers ondersteuners van die Britse, Franse of Ierse spanne was, beskik Italië nou oor meer tuisskare. Sedert die Italianers na die Stadio Olimpico verhuis het, het die bywoning aansienlik toegeneem.[133] Die Italiaanse span lok sedert 2008 groot skares, veral gedurende Sesnasieswedstryde en wedstryde teen Nieu-Seeland.
Net soos Argentinië is Italië die enigste vlak-een-rugbyland wat tot dusver nog nie ’n wedstryd tydens ’n rugbywêreldbekertoernooi gehuisves het nie, alhoewel hulle vir beide die Rugbywêreldbeker 2015 en Rugbywêreldbeker 2019 aansoek gedoen het.[134][135]
Toetswedstryde
[wysig | wysig bron]
Italië het 203 van sy 520 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 39,04%. Italië se statistieke in toetswedstryde teen al die lande, in alfabetiese volgorde, is soos volg (korrek teen September 2026):[136]
| Teenstander | Gespeel | Gewen | Verloor | Gelykop | % Gewen |
|---|---|---|---|---|---|
| 24 | 5 | 18 | 1 | 20,83 | |
| 21 | 2 | 19 | 0 | 9,52 | |
| 2 | 2 | 0 | 0 | 100,00 | |
| 1 | 1 | 0 | 0 | 100,00 | |
| 1 | 1 | 0 | 0 | 100,00 | |
| 1 | 0 | 1 | 0 | 0,00 | |
| 20 | 15 | 4 | 1 | 75,00 | |
| 33 | 1 | 32 | 0 | 3,03 | |
| 13 | 7 | 6 | 0 | 53,85 | |
| 51 | 3 | 47 | 1 | 5,88 | |
| 4 | 3 | 1 | 0 | 75,00 | |
| 39 | 4 | 35 | 0 | 10,26 | |
| 11 | 8 | 3 | 0 | 72,72 | |
| 3 | 3 | 0 | 0 | 100,00 | |
| 10 | 8 | 2 | 0 | 80,00 | |
| 1 | 1 | 0 | 0 | 100,00 | |
| 2 | 2 | 0 | 0 | 100,00 | |
| 8 | 6 | 2 | 0 | 75,00 | |
| 6 | 4 | 2 | 0 | 66,67 | |
| 4 | 4 | 0 | 0 | 100,00 | |
| 18 | 0 | 18 | 0 | 0,00 | |
| 1 | 0 | 1 | 0 | 0,00 | |
| 7 | 6 | 1 | 0 | 85,71 | |
| 13 | 11 | 1 | 1 | 84,62 | |
| 44 | 25 | 16 | 3 | 56,82 | |
| 5 | 5 | 0 | 0 | 100,00 | |
| 9 | 3 | 6 | 0 | 33,33 | |
| 39 | 10 | 29 | 0 | 25,64 | |
| 14 | 4 | 9 | 1 | 28,57 | |
| 27 | 23 | 3 | 1 | 85,19 | |
| 19 | 1 | 18 | 0 | 5,26 | |
| 1 | 1 | 0 | 0 | 100,00 | |
| 11 | 9 | 1 | 1 | 81,82 | |
| 6 | 4 | 2 | 0 | 66,67 | |
| 3 | 3 | 0 | 0 | 100,00 | |
| 5 | 5 | 0 | 0 | 100,00 | |
| 5 | 5 | 0 | 0 | 100,00 | |
| 35 | 5 | 29 | 1 | 14,29 | |
| 3 | 3 | 0 | 0 | 100,00 | |
| Algeheel | 520 | 203 | 306 | 11 | 39,04 |
Wedstryde teen verskeie saamgestelde spanne tydens oorsese toere van die amateurtydperk en die deur die Italiaanse Rugbyfederasie (FIR) nieerkende wedstryde teen nielede het vir ’n lang tydperk nie die volle status van toetswedstryde geniet nie – selfs nie terugwerkend nie. Die wedstryde teen Frankryk tydens die Europese Nasiesbeker word nie as toetswedstryde beskou nie, aangesien die Franse hul wedstryde met ’n reserwespan gespeel het.
Rekords
[wysig | wysig bron]Wêreldbekerrekord
[wysig | wysig bron]Italië het tot dusver aan elke rugbywêreldbekertoernooi deelgeneem, maar hulle is die enigste van die Sesnasies-spanne wat nog nie tot die uitklopfase gevorder het. Terwyl hulle tydens die eerste drie toernooie se groepfases net een oorwinning elk aangeteken het, het hulle tydens die Rugbywêreldbeker 1999 geen oorwinning aangeteken nie. Daarna het hul prestasie tot ’n konstante vertoning van twee oorwinnings ontwikkel. Tot dusver was dit nog nie genoeg om tot die kwarteindrondte te vorder nie, maar is dit voldoende om regstreeks vir die daaropvolgende rugbywêreldbeker te kwalifiseer.
| Jaar | Uitslag |
|---|---|
| 1987 | Groepfase |
| 1991 | Groepfase |
| 1995 | Groepfase |
| 1999 | Groepfase |
| 2003 | Groepfase |
| 2007 | Groepfase |
| 2011 | Groepfase |
| 2015 | Groepfase |
| 2019 | Groepfase |
| 2023 | Groepfase |
| 2027 | gekwalifiseer |
| 2031 | N.v.t. |
Europese Nasiesbeker
[wysig | wysig bron]Die Italiaanse nasionale span het tussen 1935 en 1997 aan die Europese Nasiesbeker deelgeneem en gedurende hierdie tydperk een toernooi gewen.
- Europese Kampioen: 1997
- Tweede plek: 1937, 1952, 1954, 1966, 1976, 1982, 1983, 1992, 1994
- Derde plek: 1936, 1967, 1970, 1975, 1977, 1980, 1984, 1985
Mediterreense Spele
[wysig | wysig bron]Tot op hede is tydens Mediterreense Spele vier rugbytoernooie aangebied. Die Italiaanse nasionale span het aan al die toernooie deelgeneem en gedurende hierdie tydperk al die vier toernooie in die tweede plek afgesluit.
- Tweede plek: 1955, 1979, 1983, 1993
Sesnasierekord
[wysig | wysig bron]

Italië se enigste jaarlikse toernooi is die Sesnasies-toernooi waar hulle teen vyf ander Europese lande speel: Engeland, Frankryk, Ierland, Skotland en Wallis. Italië het in 2000 by dié internasionale toernooi aangesluit wat toe die Sesnasies geword het; Italië kon sy eerste wedstryd tydens die Sesnasies 2000 teen Skotland met 34–20 wen. Hulle het tydens die Sesnasies 2003 vyfde geëindig, bo Wallis, nadat Italië hulle met 30–22 geklop het, en was die volgende jaar weer vyfde, dié keer bo Skotland, nadat Italië hulle met 20–14 verslaan het. In 2006 het Italië in ’n 18–18-gelykop teen Wallis op die Millennium-stadion in Cardiff gespeel. Italië se eerste drie oorwinnings tydens die Sesnasies, in 2000, 2003 en 2004, was voor ’n tuisskare op die Stadio Flaminio in Rome. Op 24 Februarie 2007 het hulle Skotland met 37–17 op Murrayfield vir hul eerste wegwen verslaan. Twee weke later het Italië Wallis vir die tweede keer verslaan, met 23–20 tuis in Rome. Dit was die eerste keer wat Italië twee van sy vyf wedstryde tydens dieselfde toernooi gewen het, waarna hulle in die vierde plek geëindig het. Sedert 2007 ding Italië tydens die Sesnasies met Frankryk om die Giuseppe Garibaldi-trofee mee. Italië het die Giuseppe Garibaldi-trofee in 2011 vir die eerste keer gewen, nadat hulle Frankryk in ’n taai wedstryd met 22–21 verslaan het. Twee jaar later het Italië die trofee weer omhoog gehou, nadat hulle Frankryk met 23–18 geklop het.[137] Italië het in 2013 sy eerste oorwinning oor Ierland aangeteken, toe hulle die Iere met 22–15 verslaan het en hulle het op die vierde plek geëindig. Op 28 Februarie 2015 het Italië sy tweede wegwen oor Skotland ná ’n taai wedstryd met 22–21 aangeteken. Hul daaropvolgende oorwinning het tydens die Sesnasies 2022 weg in Cardiff teen Wallis gevolg, nadat hulle met 22–21 geseëvier het. Tydens dié toernooi het Italië vir die eerste keer teen Skotland om die Cuttittabeker teen Skotland gespeel.[138] In 2024 kon Italië dié trofee vir die eerste keer inpalm.[139]
Teen Maart 2026 het Italië 18 Sesnasies-wedstryde gewen, waarvan nege teen Skotland, vyf teen Wallis, twee teen Frankryk en een elk teen Engeland en Ierland.[140][141][142][143][144]
| Toernooie | 131 | 97 | 133 | 28 | 133 | 133 |
| Regstreekse oorwinnings (Gedeelde oorwinnings) | ||||||
| Tuisnasies | 5 (4) | N.v.t. | 4 (3) | N.v.t. | 9 (2) | 7 (3) |
| Vyfnasies | 17 (6) | 12 (8) | 6 (5) | N.v.t. | 5 (6) | 15 (8) |
| Sesnasies | 7 | 8 | 6 | 0 | 0 | 6 |
| Algeheel | 29 (10) | 20 (8) | 16 (8) | 0 (0) | 15 (9) | 28 (11) |
| Grand Slams | ||||||
| Tuisnasies | 0 | N.v.t. | 0 | N.v.t. | 0 | 2 |
| Vyfnasies | 11 | 6 | 1 | N.v.t. | 3 | 6 |
| Sesnasies | 2 | 4 | 3 | 0 | 0 | 4 |
| Algeheel | 13 | 10 | 4 | 0 | 3 | 12 |
| Driekrone | ||||||
| Tuisnasies | 5 | N.v.t. | 2 | N.v.t. | 7 | 6 |
| Vyfnasies | 16 | N.v.t. | 4 | N.v.t. | 3 | 11 |
| Sesnasies | 5 | N.v.t. | 10 | N.v.t. | 0 | 5 |
| Algeheel | 26 | N.v.t. | 16 | N.v.t. | 10 | 22 |
| Houtlepel | ||||||
| Tuisnasies | 7 | N.v.t. | 10 | N.v.t. | 5 | 6 |
| Vyfnasies | 10 | 12 | 15 | N.v.t. | 15 | 10 |
| Sesnasies | 0 | 1 | 0 | 18 | 4 | 5 |
| Algeheel | 17 | 13 | 25 | 18 | 24 | 21 |
Ander toetswedstryde
[wysig | wysig bron]Gedurende die amateurtydperk het Italië maandelange oorsese toere onderneem, waartydens hulle teen ander nasionale spanne, plaaslike saamgestelde spanne en klubspanne gespeel het. Eweneens het oorsese spanne na Italië getoer. Teen die jaar 2000 het die oorsese toere volgens die ou tradisie tot ’n einde gekom, aangesien die professionalisering van die rugbyspel te min tyd vir toere oorlaat (’n uitsondering is die Britse en Ierse Leeus se vierjaarlikse toere). Deesdae is toetswedstryde teen die spanne van die Suidelike Halfrond en ander spanne buite die Sesnasies-toernooi tweekeer per jaar moontlik. Gedurende Juniemaand se midjaarrugbytoetsreeks vertrek Italië na die Suidelike Halfrond en gedurende Novembermaand se eindjaarrugbytoetsreeks tree Italië as gasheer op.
Spelers
[wysig | wysig bron]Huidige span
[wysig | wysig bron]Die volgende spelers het die Italiaanse span gevorm tydens die Sesnasies-toernooi 2026:[145]
Bekende spelers
[wysig | wysig bron]

Twee voormalige Italiaanse spelers is vir hul uitstekende prestasies in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem:[146]
| Speler | Posisie | Inskrywing |
|---|---|---|
| Diego Dominguez | Losskakel | 2026 |
| Sergio Parisse | Agsteman | 2024 |
Spelerstatistieke
[wysig | wysig bron]

Vervolgens die belangrikste statistieke van Italië se spelers. Die spelers wat met * gekenmerk is, is nog aktief en kan hul statistieke verbeter.
(Korrek teen Maart 2026)
|
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Afrigters
[wysig | wysig bron]





Italië het in 1929 vir die eerste keer ’n hoofafrigter benoem: Arnaldo Cortese en John Thomas. Die huidige Italiaanse hoofafrigter is Gonzalo Quesada, nadat hy in 2024 aangestel is.
| Naam | Tydperk | % Gewen |
|---|---|---|
| 1929– | 0 | |
| 1930– | 100 | |
| 1932–1934 | 75 | |
| 1934–1935 | 100 | |
| 1935–1936 | 0 | |
| 1936 | 50 | |
| 1937 | 40 | |
| 1938 | 0 | |
| 1938–1940 | 50 | |
| 1940–1941 | 50 | |
| 1941–1942 | – | |
| 1942 | 100 | |
| 1947–1949 | 50 | |
| 1949–1950 | 0 | |
| 1950 | – | |
| 1950 | – | |
| 1950–1951 | – | |
| 1951–1954 | 66,7 | |
| 1954–1956 | 62,5 | |
| 1956–1957 | 50 | |
| 1957–1958 | 0 | |
| 1958–1960 | 50 | |
| 1960–1962 | 50 | |
| 1962–1965 | 28,5 | |
| 1965–1967 | 42,8 | |
| 1967–1970 | 87,5 | |
| 1970 | 100 | |
| 1970–1971 | 0 | |
| 1971 | 0 | |
| 1971–1972 | – | |
| 1972 | 25 | |
| 1972–1975 | 30 | |
| 1975–1977 | 53,3 | |
| 1977 | 50 | |
| 1977–1978 | 20 | |
| 1978–1981 | 41,6 | |
| 1981–1985 | 57,1 | |
| 1985–1988 | 36,8 | |
| 1988–1989 | 14,3 | |
| 1989 | 50 | |
| 1990–1993 | 59,3 | |
| 1993–1999 | 39,6 | |
| 1999 | 40 | |
| 1999–2002 | 18,5 | |
| 2002–2005 | 31,3 | |
| 2005–2007 | 40 | |
| 2007–2011 | 21,4 | |
| 2011–2016 | 22,0 | |
| 2016–2019 | 23,1 | |
| 2019–2021 | 0 | |
| 2021–2023 | 31,50 | |
| sedert 2024 | 42,31 |
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Most matches". ESPNscrum. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "Most points". ESPNscrum. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "Most tries". ESPNscrum. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "Women's and Men's Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (it) "Federazione Italiana Rugby". Italiaanse Rugbyfederasie. Besoek op 16 Maart 2026.
- 1 2 (en) "Italy". Wêreldrugby. Besoek op 16 Maart 2026.
- 1 2 (en) "Historical Rugby Milestones 1930s". Rugby Football History. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "Italy U20". Sesnasies. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 November 2023. Besoek op 20 November 2023.
- ↑ (en) "World Rugby U20 Championship". Wêreldrugby. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) H. A. Harris (1972). Sport in Greece and Rome. Ithaca: Cornell University Press. pp. 86–99. ISBN 0-8014-0718-4.
- ↑ (en) Jake Halpern (4 Augustus 2008). "Balls and Blood". Sports Illustrated. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) Richard Bath (1997). The Complete Book of Rugby. Seven Oaks Ltd. pp. 68. ISBN 1-86200-013-1.
- ↑ (it) Gianluca Barca, Gian Franco Bellè (2008). La sesta nazione. Ottant'anni di storia della Federazione Italiana Rugby. Parma: Grafiche Step editrice. p. 11.
- ↑ (it) Luciano Ravagnani, Pierluigi Fadda (1992). Storia del rugby mondiale dalle origini ad oggi. Vallardi. pp. 299–300. ISBN 88-87110-92-1.
- ↑ (it) Luciano Ravagnani, Pierluigi Fadda (1992). Storia del rugby mondiale dalle origini ad oggi. Vallardi. p. 303. ISBN 88-87110-92-1.
- 1 2 (it) Luciano Ravagnani, Pierluigi Fadda (1992). Storia del rugby mondiale dalle origini ad oggi. Vallardi. p. 305. ISBN 88-87110-92-1.
- 1 2 (it) "La storia della FIR". Comitato Olimpico Nazionale Italiano. 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Januarie 2021. Besoek op 21 Januarie 2021.
- ↑ (es) "España vence a Italia por nueve puntos a cero". ABC. 29 Mei 1929. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (it) Luciano Ravagnani, Pierluigi Fadda (1992). Storia del rugby mondiale dalle origini ad oggi. Vallardi. p. 306. ISBN 88-87110-92-1.
- ↑ (it) "La soppressione della federazione di rugby". La Stampa. 20 Oktober 1929. p. 5. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (it) "La soppressione della federazione di rugby". Il Littoriale. 12 Oktober 1932. p. 5. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (it) Luciano Ravagnani, Pierluigi Fadda (1992). Storia del rugby mondiale dalle origini ad oggi. Vallardi. p. 310. ISBN 88-87110-92-1.
- ↑ (fr) Robert Duthen (16 April 1963). "Une pâle et miraculeuse victoire du Quinze de France sur l'équipe d'Italie". Le Monde. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "1965/66 FIRA Nations Cup". rugbyarchive.net. 2022. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "1966/67 FIRA Nations Cup". rugbyarchive.net. 2022. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "1967/68 FIRA Nations Cup". rugbyarchive.net. 2022. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "1968/69 FIRA Nations Cup – Division 2". rugbyarchive.net. 2022. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "1970 Italy tour to Madagascar". rugbyarchive.net. 2022. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "1970/71 FIRA Nations Cup". rugbyarchive.net. 2022. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (it) Paolo Pacitti, Francesco Volpe (2017). Rugby 2018. Rome: Grafica Zesi. pp. 203–204. ISBN 978-0-244-93148-3.
- ↑ (it) "Dondi saluta gli azzurri del '73". solorugby.com. 13 Maart 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Augustus 2008. Besoek op 21 Augustus 2008.
- ↑ (en) "1974/75 FIRA Nations Cup". rugbyarchive.net. 2022. Besoek op 16 Maart 2026.
- 1 2 (it) Luciano Ravagnani, Pierluigi Fadda (1992). Storia del rugby mondiale dalle origini ad oggi. Vallardi. p. 379. ISBN 88-87110-92-1.
- ↑ (en) "1975/76 FIRA Nations Cup". rugbyarchive.net. 2022. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (it) "I rugbisti azzurri perdono per un punto". La Stampa. 5 November 1976. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (ro) "Palmares: Romania a invins Italia si cu 69-0!". rugby.ro. 10 September 2007. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) Vivian Jenkins (1979). Rothmans Rugby Yearbook 1979–80. Royal Tunbridge Wells: Queen Anne Press. pp. 47–51. ISBN 0-354-09087-9.
- ↑ (it) Cristiano Chiavegato (29 November 1979). "L'Italia fa vedere nero agli "All Black"". La Stampa. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "1981 Italy tour to Australia". rugbyarchive.net. 2022. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "1981/82 FIRA Nations Cup". rugbyarchive.net. 2022. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "1982/83 FIRA Nations Cup". rugbyarchive.net. 2022. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (it) Luciano Ravagnani, Pierluigi Fadda (1992). Storia del rugby mondiale dalle origini ad oggi. Vallardi. p. 223. ISBN 88-87110-92-1.
- ↑ (en) "1983 Italy tour to North America". rugbyarchive.net. 2022. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "1985 Italy tour to Zimbabwe". rugbyarchive.net. 2022. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "1986 Italy tour to Australia". rugbyarchive.net. 2022. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "1987 Rugby World Cup: The long road to the cup". New Zealand History. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "Rugby World Cup 1987: Overview". rugbyworldcup.com. 2019. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (it) "Bettarello convocato tra i Barbarians". La Repubblica. 25 Maart 1987. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (it) Valerio Vecchiarelli (25 Maart 1987). "Barbarians, la leggenda del rugby torna in meta". Corriere della Sera. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Oktober 2015. Besoek op 25 Oktober 2015.
- ↑ (en) "1988/89 Italy tour to Ireland". rugbyarchive.net. 2022. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "1989 Italy tour to Argentina". rugbyarchive.net. 2022. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) Vivian Jenkins (1991). Rothmans Rugby Yearbook 1990–91. Royal Tunbridge Wells: Queen Anne Press. ISBN 0-356-19162-1.
- ↑ (en) "Rugby World Cup 1991: Overview". rugbyworldcup.com. 2019. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "1990–92 FIRA Trophy". rugbyarchive.net. 2022. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "1992–94 FIRA Trophy". rugbyarchive.net. 2022. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "1994 Italy tour to Australia". rugbyarchive.net. 2022. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "1995 Rugby World Cup – European qualifiers". rugbyarchive.net. 2022. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (it) "Italrugby batte l'Irlanda". La Repubblica. 7 Mei 1995. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "Rugby World Cup 1995: Overview". rugbyworldcup.com. 2019. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "1995 New Zealand tour to Italy and France". rugbyarchive.net. 2022. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "1995 South Africa tour to Italy and England". rugbyarchive.net. 2022. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) Chris Rea, Paul Trow (17 Januarie 1999). "Rugby Union: Five Nations threat to England". The Independent. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (it) Luciano Ravagnani, Pierluigi Fadda (1992). Storia del rugby mondiale dalle origini ad oggi. Vallardi. p. 361. ISBN 88-87110-92-1.
- ↑ (en) "RWC Blog: Italy's Golden Era against Ireland". RTÉ. 29 September 2011. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (it) Luciano Ravagnani, Pierluigi Fadda (1992). Storia del rugby mondiale dalle origini ad oggi. Vallardi. p. 363. ISBN 88-87110-92-1.
- ↑ (it) "Storica meta, l'Italia insegna rugby ai francesi". Corriere della Sera. 23 Maart 1997. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2009. Besoek op 18 Februarie 2009.
- ↑ (it) Fiorenzo Radogna (16 Januarie 2018). "Rugby, 20 anni fa l'Italia fu invitata al Sei Nazioni. Il percorso azzurro nel torneo". Corriere della Sera. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "Scots lose out to spirited Italy". BBC. 24 Januarie 1998. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "England v Italy Rugby Programme 1998 – 1998 England Italy Rugby Programme". Mediaclan 2010. love-rugby.com. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (it) Luciano Ravagnani, Pierluigi Fadda (1992). Storia del rugby mondiale dalle origini ad oggi. Vallardi. p. 365. ISBN 88-87110-92-1.
- ↑ (en) "Rugby World Cup 1999: Overview". rugbyworldcup.com. 2019. Besoek op 16 Maart 2026.
- 1 2 3 4 5 (en) "6 Nations History". rugbyfootballhistory.com. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "Scots destroyed in Italian debut". BBC. 5 Februarie 2000. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (it) Luciano Ravagnani, Pierluigi Fadda (1992). Storia del rugby mondiale dalle origini ad oggi. Vallardi. p. 374. ISBN 88-87110-92-1.
- ↑ (it) "Johnstone: «Italia, impara dagli All Blacks»". Corriere della Sera. 22 November 2000. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Oktober 2014. Besoek op 16 Oktober 2014.
- ↑ (en) "Bollesan e il Sei Nazioni «Gli errori di Johnstone hanno rovinato la festa»". Corriere della Sera. 11 April 2001. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Augustus 2011. Besoek op 16 Augustus 2011.
- ↑ (en) Ian Malin (27 April 2002). "Kirwan just the job for Italy". The Guardian. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "2003 Rugby World Cup – European qualifiers". rugbyarchive.net. 2022. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) Josh Graham (9 Maart 2023). "How many times have Wales lost to Italy in the Six Nations?". Rugby World. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "Rugby World Cup 2003: Overview". rugbyworldcup.com. 2019. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) Sarah Rendell (18 Desember 2024). "Here is every match Italy have won in the Men's Six Nations". Rugby World. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "Romania in surprise win over Italy". The Age. 27 Junie 2004. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "Berbizier named as new Azzurri boss". Irish Examiner. 19 April 2005. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (it) "Italia spettacolo: Argentina battuta con tre mete". La Gazzetta dello Sport. 19 Junie 2005. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "2007 Rugby World Cup – European qualifiers". rugbyarchive.net. 2022. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "Italy salute Rugby heroes". Eurosport. 18 Maart 2007. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "Rugby World Cup 2007: Overview". rugbyworldcup.com. 2019. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "Rugby: Mallett gets Italian job". The New Zealand Herald. 3 Oktober 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 November 2023. Besoek op 20 November 2023.
- ↑ (it) "Rugby, l'Italia piega i Pumas. Gli azzurri vincono con il cuore". La Repubblica. 28 Junie 2008. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (it) Claudio Lenzi (28 November 2009). "È il giorno di Italia-Samoa. Impresa azzurra: 24-6". La Gazzetta dello Sport. Besoek op 28 Maart 2021.
- ↑ (en) "2010 Fiji tour to Italy". rugbyarchive.net. 2022. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (it) Claudio Lenzi (12 Maart 2011). "Italia-Francia: 22-21! Che impresa al Flaminio". La Gazzetta dello Sport. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "Rugby World Cup 2011: Australia 32-6 Italy". BBC. 11 September 2011. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "Rugby World Cup 2011: Overview". rugbyworldcup.com. 2019. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "Jacques Brunel to succeed Nick Mallett as Italy coach after World Cup". The Guardian. 3 Mei 2011. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) Tom Fordyce (11 Februarie 2012). "Six Nations: Italy 15-19 England". BBC. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) Stuart McAllister (17 Maart 2012). "Scotland pick up Six Nations wooden spoon after losing to Italy". The Guardian. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "2012 Italy tour to America". rugbyarchive.net. 2022. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "2012 Tonga tour to Italy and British Isles". rugbyarchive.net. 2022. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) James Standley (6 Maart 2013). "Six Nations: Italy 23-18 France". BBC. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) James Standley (16 Maart 2013). "Six Nations 2013: Italy 22-15 Ireland". BBC. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (it) Massimo Calandri (27 September 2015). "Il ritratto di Dorian Brunel". La Repubblica. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) Alastair Himmer (21 Junie 2014). "Japan beat Italy for 10 rugby wins in row". The Sydney Morning Herald. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) Andy Burke (28 Februarie 2015). "Scotland 19-22 Italy". BBC. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "Rugby World Cup 2015: Overview". rugbyworldcup.com. 2019. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) Brendan Fanning (24 Maart 2016). "Conor O'Shea recruits IRFU development chief as part of his Italy backroom team". Irish Independent. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "Italy celebrate famous first win over sorry South Africa". The Guardian. 9 November 2016. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (it) "Rugby, Sei Nazioni: Italia-Irlanda 10-63. Travolti dall'onda verde". La Gazzetta dello Sport. 11 Februarie 2017. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "2017 Fiji tour to Europe". rugbyarchive.net. 2022. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "Typhoon Hagibis impact on Rugby World Cup 2019 matches". Rugby World Cup. 10 Oktober 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Februarie 2020. Besoek op 4 Februarie 2020.
- ↑ (en) "Franco Smith appointed interim Italy rugby head coach". France 24. 21 November 2019. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "Six Nations: Italy should face prospect of relegation – Warburton". BBC. 7 Februarie 2021. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) Gary Doyle (28 Februarie 2021). "Italy's time is nearly up, get South Africa or Argentina into the Six Nations". The 42. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "Italy announce former All Black Crowley as new head coach". ESPNscrum. 19 Mei 2021. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) Simon Thomas, Jon Doel (19 Maart 2021). "Wales 21-22 Italy: Italians break seven-year Six Nations losing streak in Cardiff". Wales Online. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) Sarah Mockford (10 Julie 2022). "Georgia beat Italy in Batumi". Rugby World. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "Capuozzo double inspires Italy to historic success". Autum Nations Series. 12 November 2022. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "Italy: Rugby World Cup 2023 review". rugbyworldcup.com. 8 Oktober 2023. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) Mark Palmer (16 Junie 2023). "Italy appoint Gonzalo Quesada after parting ways with Crowley". The Times. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "Italy record their best ever Six Nations campaign with a 24-21 win over Wales". Herald Wales. 16 Maart 2024. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) Alastair Telfer (15 Maart 2026). "A finale worthy of the greatest Six Nations in history". BBC. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (fr) "Pourquoi l'Italie joue-t-elle en bleu". linternaute.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 November 2017. Besoek op 1 November 2017.
- ↑ (fr) "La marque Kappa revient dans la partie !". digitalsport.fr. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (it) "Fratelli d'Italia". quirinale.it. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2016. Besoek op 19 Mei 2016.
- ↑ (fr) Jérémy Talbot. "Les lauriers italiens". linternaute.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 September 2017. Besoek op 23 September 2017.
- ↑ (it) "Museo del Rugby – N.1, Andrea Castellani, Italia". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 November 2020. Besoek op 24 November 2020.
- ↑ (en) "Italy to move Six Nations games from Rome to Florence". BBC. 1 April 2011. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "Stadio Flaminio set for re-vamp". ESPNscrum. 30 Januarie 2010. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (it) "RBS 6 Nazioni, allo Stadio Olimpico l'Edizione 2012". Italiaanse Rugbyfederasie. 13 Julie 2011. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "Italy switch stadium to Stadio Olimpico". Sesnasies. 14 Julie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 November 2013. Besoek op 4 November 2013.
- ↑ (en) Annalisa Guerisoli (21 Maart 2016). "The Forgotten Story of Flaminio". platform-blog.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2019. Besoek op 23 April 2019.
- ↑ (it) "Estratto dal verbale delle deliberazioni della Giunta Capitolina ― Deliberazione n. 36" (PDF). Stad Rome. 26 Februarie 2014. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "Italy come of age". ESPNscrum. 5 Februarie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2019. Besoek op 23 April 2019.
- ↑ (en) "Italian rugby chief wades into euro row". ESPNscrum. 20 September 2012. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "IRB confirm 2015 & 2019 host bids". BBC. 15 Augustus 2008. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "International Rugby Union Statistics – Italy". ESPNscrum. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "The Scrum.com trophy guide – Part One". ESPNscrum. 29 Oktober 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2023. Besoek op 13 Mei 2023.
- ↑ (en) "The Cuttitta Cup is unveiled". Skotse Rugbyunie. 7 Maart 2022. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "Six Nations 2024: Italy 31–29 Scotland – Hosts earn first home win since 2013". BBC. 9 Maart 2024. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "Italy v Scotland rugby stats". Rugbydata. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 September 2019. Besoek op 6 September 2019.
- ↑ (en) "Italy v France rugby stats". Rugbydata. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Augustus 2019. Besoek op 20 Augustus 2019.
- ↑ (en) "Italy v Wales rugby stats". Rugbydata. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Augustus 2019. Besoek op 20 Augustus 2019.
- ↑ (en) "Italy v Ireland rugby stats". Rugbydata. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Augustus 2019. Besoek op 20 Augustus 2019.
- ↑ (en) "Italy v England rugby stats". Rugbydata. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 September 2019. Besoek op 6 September 2019.
- ↑ (it) "Italrugby, gli Azzurri convocati per il raduno di Verona verso il Guinness Sei Nazioni 2026". Italiaanse Rugbyfederasie. 21 Januarie 2026. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "Inductees". Wêreldrugby. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "Total matches played (descending)". ESPNscrum. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "Total matches played as captain (descending)". ESPNscrum. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "Total points scored (descending)". ESPNscrum. Besoek op 16 Maart 2026.
- ↑ (en) "Total tries scored (descending)". ESPNscrum. Besoek op 16 Maart 2026.
Bronnelys
[wysig | wysig bron]- (it) Francesco Volpe (2014). Il rugby sottosopra – Grenoble 1997, quando l'Italia ribaltò la Francia e il mondo. Absolutely Free. ISBN 978-8868580124.
- (it) Luciano Ravagnani, Pierluigi Fadda (1992). Storia del rugby mondiale dalle origini ad oggi. Vallardi. ISBN 88-87110-92-1.
- (it) Fabrizio Zupo (2007). Inseguendo il paradiso del rugby. Editrice Nutrimenti. ISBN 88-88389-85-7.
- (it) Flavia Sferragatta (2013). Le mete dell’allenatore. Prospettive di psicologia dello sport per l’allenatore di rugby. FrancoAngeli. ISBN 88-204-3153-X.
- (it) Gianluca Barca, Gian Franco Bellè (2008). La sesta nazione. Ottant'anni di storia della Federazione Italiana Rugby. Parma: Grafiche Step editrice.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]| Wikimedia Commons bevat media in verband met Italiaanse nasionale rugbyspan. |
- (it) Amptelike webwerf van die Italiaanse Rugbyunie
- (en) Italië by Wêreldrugby
- (en) Italië op Planet Rugby