Rugbywêreldbeker 1991

Die Rugbywêreldbeker 1991 (Engels: 1991 Rugby World Cup; Frans: Coupe du monde de rugby à XV 1991; Iers-Gaelies: Corn Rugbaí an Domhain 1991; Skots-Gaelies: Cupa Rugbaidh an t-Saoghail 1991; Wallies: Cwpan Rygbi'r Byd 1991) is van 3 Oktober tot 2 November 1991 in Engeland (nominale gasheer), Frankryk, Ierland, Skotland en Wallis, die destydse Vyfnasies, beslis. Dit was die tweede rugbywêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deur die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) aangebied word en die eerste in die Noordelike Halfrond. Agt jaar later het dieselfde vyf lande ook die Rugbywêreldbeker 1999 saam gehuisves.

Rugbywêreldbeker 1991
Toernooibesonderhede
Gasheer Vlag van Engeland Engeland (nominaal)
Vlag van Frankryk Frankryk
Flag of Ireland Ierland
Vlag van Skotland Skotland
Vlag van Wallis Wallis
Datums 3 Oktober – 2 November
Aantal nasies 16 (33 kwalifiseer)
Finale posisies
Kampioen  Vlag van Australië Australië
Naaswenner  Vlag van Engeland Engeland
Derde plek  Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Toernooistatistiek
Wedstryde 32
Bywoning 1 007 760 (gem. 31 493 per wedstryd)
Drieë 148 (gemiddeld 4.63 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Ierland Ralph Keyes (68)[1]
Meeste drieë Vlag van Frankryk Jean-Baptiste Lafond
Vlag van Australië David Campese (6 drieë elk)[2]
← 1987
1995 →
Die Webb Ellis-beker waarom meegeding is

Die toernooi se formaat van 1987 het onveranderd gebly en 16 nasionale rugbyspanne het aan die Rugbywêreldbeker 1991 deelgeneem: die agt regstreekse kwalifiseerders van die 1987-toernooi (Australië, Engeland, Fidji, Frankryk, Ierland, Nieu-Seeland, Skotland en Wallis), saam met die agt beste spanne van die kwalifisering (Argentinië, Italië, Japan, Kanada, Roemenië, Wes-Samoa, die Verenigde State en Zimbabwe). Suid-Afrika kon nie aan die rugbywêreldbeker deelneem nie as gevolg van ’n sportboikot teen dié land weens sy voortgesette apartheidsbeleid. Wes-Samoa het vir die eerste keer aan ’n rugbywêreldbekertoernooi deelgeneem, terwyl al die ander spanne vir ’n tweede keer verskyn het. Die Namibiese nasionale rugbyspan is in Maart 1990 gestig, te laat om hoegenaamd aan die Rugbywêreldbeker 1991-kwalifisering deel te neem. Vir Zimbabwe was dit tot in 2027 die laaste deelname aan ’n rugbywêreldbekertoernooi, omdat hulle eers in 2025 weer vir ’n toernooi kon kwalifiseer; hulle is ná drie nederlae reeds in die groepfase uitgeskakel. Tonga het nie vir die toernooi gekwalifiseer nie; sedertdien is dit die enigste rugbywêreldbekertoernooi wat hulle misgeloop het.

Tydens die Rugbywêreldbeker 1991 is 32 wedstryde gespeel, waaronder 24 tydens die groepfase en agt tydens die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in vier groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die kwarteindrondte gekwalifiseer. Die spanne wat tot die kwarteindrondte gevorder het, het regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 1995 in Suid-Afrika gekwalifiseer.

Australië het die eindstryd op Twickenham in Londen teen Engeland met 12–6 gewen en sodoende sy eerste rugbywêreldbekertitel ingepalm.[3] Die verdedigende kampioen Nieu-Seeland het in die derde en Skotland in die vierde plek geëindig. Vir die Skotte was dit hulle beste toernooiverloop in dié tyd.

Toewysing

wysig

Nadat die Rugbywêreldbeker 1987 in Australië en Nieu-Seeland aangebied is, is die Rugbywêreldbeker 1991 aan die vyf rugbylande toegewys, wat destyds jaarliks om die Vyfnasies-beker meegeding het. Die Engelse Rugbyvoetbalunie het met die ander Vyfnasies-beheerliggame ooreengekom om van die wedstryde ook in Frankryk, Ierland, Skotland en Wallis aan te bied. Ses maande vroeër het Wallis ook die heel eerste Vrouerugbywêreldbeker 1991 aangebied.

Deelnemers

wysig

Die volgende 16 spanne het vir die Rugbywêreldbeker 1991 gekwalifiseer: Die nominale gasheer Engeland en die ander sewe spanne wat tydens die Rugbywêreldbeker 1987 tot die kwarteindrondte gevorder het, het regstreeks gekwalifiseer. Hulle was Australië, Fidji, Frankryk, Ierland, Nieu-Seeland, Skotland en Wallis. Om die oorblywende agt plekke het tydens die kwalifiseringsrondte 33 nasionale rugbyspanne meegeding. Tonga het versuim om vir die toernooi te kwalifiseer; sedertdien is dit die enigste rugbywêreldbekertoernooi waaraan Tonga nie deelgeneem het nie. Wes-Samoa, wat Tonga vervang het, is die enigste verandering in die 16-span-lys van die Rugbywêreldbeker 1987.

Spanne wat aan die kwalifiseringstoernooi deelgeneem en die wat regstreeks gekwalifiseer het; altesaam 33 spanne het deelgeneem.

   Afrika

   Noord- en Suid-Amerika

   Asië

   Europa

   Oseanië

   Nie deelgeneem nie

Uitslag van die kwalifisering:

   Nominale gasheer

   Agt beste spanne van die 1987-toernooi

   Wenner van die plaaslike kwalifisering

   Versuim om te kwalifiseer

   Nie deelgeneem nie

Span Kwalifiseringmetode Verskynings by eindstryde Laaste verskyning Vorige beste prestasie Groep
Vlag van Engeland Engeland Nominale gasheer Tweede 1987 Kwarteindrondte (1987) 1
Vlag van Australië Australië Regstreeks 1987 Vierde plek (1987) 3
Vlag van Fidji Fidji 1987 Kwarteindrondte (1987) 4
Vlag van Frankryk Frankryk 1987 Naaswenner (1987) 4
Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland 1987 Kwarteindrondte (1987) 2
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 1987 Kampioen (1987) 1
Vlag van Skotland Skotland 1987 Kwarteindrondte (1987) 2
Vlag van Wallis Wallis 1987 Derde plek (1987) 3
Vlag van Argentinië Argentinië Kwalifiseringsrondte Tweede 1987 Groepfase (1987) 3
Vlag van Italië Italië Tweede 1987 Groepfase (1987) 1
Vlag van Japan Japan Tweede 1987 Groepfase (1987) 2
Vlag van Kanada Kanada Tweede 1987 Groepfase (1987) 4
Vlag van Roemenië Roemenië Tweede 1987 Groepfase (1987) 4
Vlag van Samoa Samoa Eerste – Debuut 3
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State Tweede 1987 Groepfase (1987) 1
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe Tweede 1987 Groepfase (1987) 2

Stadions

wysig

Die Rugbywêreldbeker 1991 is deur Engeland, Frankryk, Ierland, Skotland en Wallis saam aangebied, en wedstryde is regoor dié vyf lande gehou. Van Groep A, waarin Engeland meegeding het, se wedstryde is die helfte in Londen gehuisves, maar wedstryde het ook in Leicester, Gloucester en Otley plaasgevind. Groep B, met die Europese spanne Ierland en Skotland, wat hulle wedstryde tuis in óf Dublin óf Edinburg gespeel het; een wedstryd is in Belfast gehou. Groep C met Wallis, wat al sy wedstryde in Cardiff gespeel het, en die ander wedstryde in Pontypool, Pontypridd en Llanelli. Groep D, waarin Frankryk gespeel het, met wedstryde in Agen, Bayonne, Béziers Brive, Grenoble en Toulouse. Geen van die kwart- of halfeindwedstryde is in Engeland gespeel nie, maar wel in Frankryk, Ierland en Skotland. Die bronseindstryd is op Cardiff se Nasionale Stadion aangebied en die eindstryd op die Londense Twickenham.

Vlag van Engeland Londen Vlag van Skotland Edinburg Vlag van Wallis Cardiff Vlag van Ierland Dublin Vlag van Frankryk Parys
Twickenham Murrayfield Nasionale Stadion
(Cardiff Arms Park)
Lansdowne Road Parc des Princes
51°27′22″N 0°20′30″W / 51.45611°N 0.34167°W / 51.45611; -0.34167 (Twickenham) 55°56′32″N 3°14′27″W / 55.94222°N 3.24083°W / 55.94222; -3.24083 (Murrayfield) 51°28′47″N 3°11′1″W / 51.47972°N 3.18361°W / 51.47972; -3.18361 (Cardiff Arms Park) 53°20′6.02″N 6°13′45.13″W / 53.3350056°N 6.2292028°W / 53.3350056; -6.2292028 (Lansdowne Road) 48°50′29″N 2°15′11″O / 48.84139°N 2.25306°O / 48.84139; 2.25306 (Parc des Princes)
Kapasiteit: 75 000 Kapasiteit: 67 800 Kapasiteit: 53 000 Kapasiteit: 49 250 Kapasiteit: 48 712
Vlag van Frankryk Toulouse Vlag van Frankryk Grenoble Vlag van Frankryk Villeneuve-d'Ascq Vlag van Frankryk Béziers Vlag van Engeland Leicester
Stade Ernest-Wallon Stade Lesdiguières Stadium Lille-Metropole Stade de la Méditerranée Welford Road
43°37′19″N 1°24′56″O / 43.62194°N 1.41556°O / 43.62194; 1.41556 (Stade Ernest-Wallon) 45°9′58″N 5°42′34″O / 45.16611°N 5.70944°O / 45.16611; 5.70944 (Stade Lesdiguières) 50°37′52″N 3°08′15″O / 50.63111°N 3.13750°O / 50.63111; 3.13750 (Stadium Lille-Metropole) 43°20′5″N 3°15′58″O / 43.33472°N 3.26611°O / 43.33472; 3.26611 (Stade de la Méditerranée) 52°37′27″N 1°07′59″W / 52.62417°N 1.13306°W / 52.62417; -1.13306 (Welford Road)
Kapasiteit: 19 000 Kapasiteit: 18 548 Kapasiteit: 18 185 Kapasiteit: 18 000 Kapasiteit: 16 815
Vlag van Frankryk Brive Vlag van Frankryk Agen Vlag van Frankryk Bayonne Vlag van Engeland Gloucester Vlag van Ierland Belfast
Parc Municipal des Sports Stade Armandie Stade Jean Dauger Kingsholm Ravenhill
45°9′42″N 1°32′55″O / 45.16167°N 1.54861°O / 45.16167; 1.54861 (Parc Municipal des Sports) 44°11′33″N 0°37′14″O / 44.19250°N 0.62056°O / 44.19250; 0.62056 (Stade Armandie) 43°29′8″N 1°28′45″O / 43.48556°N 1.47917°O / 43.48556; 1.47917 (Stade Jean Dauger) 51°52′18″N 2°14′34″O / 51.87167°N 2.24278°O / 51.87167; 2.24278 (Kingsholm) 54°34′35″N 5°54′16″W / 54.57639°N 5.90444°W / 54.57639; -5.90444 (Ravenhill)
Kapasiteit: 16 000 Kapasiteit: 14 000 Kapasiteit: 13 500 Kapasiteit: 12 500 Kapasiteit: 12 300
Vlag van Wallis Llanelli Vlag van Wallis Pontypool Vlag van Wallis Pontypridd Vlag van Engeland Otley
Stradeypark Pontypoolpark Sardis Road Cross Green
51°41′13″N 4°10′31″W / 51.68694°N 4.17528°W / 51.68694; -4.17528 (Stradeypark) 51°42′5″N 3°2′4″W / 51.70139°N 3.03444°W / 51.70139; -3.03444 (Pontypoolpark) 51°36′5″N 3°20′53″O / 51.60139°N 3.34806°O / 51.60139; 3.34806 (Sardis Road) 53°54′29″N 1°41′14″O / 53.90806°N 1.68722°O / 53.90806; 1.68722 (Cross Green)
Kapasiteit: 10 800 Kapasiteit: 14 000 Kapasiteit: 7 200 Kapasiteit: 5 000
Plekke in Skotland en Ierland

Formaat

wysig

Die Rugbywêreldbeker 1991 is oor 30 dae tussen 16 verskillende spanne oor 32 wedstryde beslis. Dit het op 3 Oktober 1991 op Twickenham in Londen met die openingswedstryd tussen die nominale gasheer Engeland en die verdedigende kampioen Nieu-Seeland afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 2 November met die eindstryd tussen Australië en Engeland, waartydens die Wallabies die Webb Ellis-beker ingepalm het.

Kalender

wysig

Die volgende tabel dui die Rugbywêreldbeker 1991 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op beide die openings- en sluitingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
Oktober
Do
3
Vr
4
Sa
5
So
6
Ma
7
Di
8
Wo
9
Do
10
Vr
11
Sa
12
So
13
Ma
14
Di
15
Wo
16
Do
17
Vr
18
Seremonies OS
Groep 1 1 1 2 1 1
Groep 2 1 1 2 1 1
Groep 3 1 1 2 1 1
Groep 4 1 1 1 1 1 1
Uitklopfase
Oktober/November
Sa
19
So
20
Ma
21
Di
22
Wo
23
Do
24
Vr
25
Sa
26
So
27
Ma
28
Di
29
Wo
30
Do
31
Vr
1
Sa
2
Seremonies SS
Uitklopfase 2 2 1 1 1 1
Verklaring

   Seremonies

   Groepwedstryde

   Uitklopfase

   Bronseindstryd

   Eindstryd

Groepe

wysig
Groep 1 Groep 2 Groep 3 Groep 4

Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Vlag van Engeland Engeland
Vlag van Italië Italië
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State

Vlag van Skotland Skotland
Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland
Vlag van Japan Japan
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe

Vlag van Australië Australië
Vlag van Wallis Wallis
Vlag van Samoa Samoa
Vlag van Argentinië Argentinië

Vlag van Frankryk Frankryk
Vlag van Fidji Fidji
Vlag van Kanada Kanada
Vlag van Roemenië Roemenië

Die groepwedstryde is onder die vyf gashere soos volg verdeel:

  • Groep 1 is in Engeland aangebied
  • Groep 2 is beide in Ierland en Skotland aangebied
  • Groep 3 is in Wallis aangebied
  • Groep 4 is in Frankryk aangebied

Groepfase

wysig

Soos in die Rugbywêreldbeker 1987 is die 16 deelnemende nasionale rugbyspanne in vier groepe van vier elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, twee vir ’n gelykop en een vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens die punte wat total aangeteken is gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • Twee vir ’n gelykop;
  • Een vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee beste spanne wat na die kwarteindrondte deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur die punte wat total aangeteken is bepaal.

Uitklopfase

wysig

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die kwarteindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep 1 het teen die naaswenner van Groep 4 en die wenner van Groep 4 teen die naaswenner van Groep 1 gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die bronseindstryd óf die eindstryd kon ontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná tagtig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om te bepaal wie die wenner is. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, tien minute in elke rigting: as daar dan steeds geen wenner was nie, is daar vir tien minute gespeel in ’n uitklopformaat, waar die eerste span wat daarin geslaag het om punte aan te teken, gewen het. As daar steeds nie ’n wenner was ná 110 minute nie is die wenner bepaal deur ’n stelskopkompetisie.

1991-effek op 1995-kwalifisering

wysig

Die agt spanne wat tot die kwarteindrondte gevorder het, het regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 1995 in Suid-Afrika gekwalifiseer. Hulle was Australië, Engeland, Frankryk, Ierland, Kanada, Nieu-Seeland, Samoa en Skotland.

Wedstrydbeamptes

wysig

’n Paneel van 17 skeidsregters is vir die toernooi ingespan.

Wedstryde

wysig
Kwalifiseer vir die kwarteindrondte én regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 1995.
Uit die toernooi geskakel én loop regstreekse kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 1995 mis.

Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.

Groepfase

wysig

16 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep 1

wysig
Die Verenigde State se nasionale rugbyspan voor hulle wedstryd teen die Nieu-Seelandse All Blacks tydens die Rugbywêreldbeker 1991
Span S W G V P v P t +/− D v P
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 33009539+56139
Vlag van Engeland Engeland 32018533+5297
Vlag van Italië Italië 31025776–1975
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 300324113–8923

Groep 2

wysig
Span S W G V P v P t +/− D v P
Vlag van Skotland Skotland 330012236+86179
Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland 320110251+51167
Vlag van Japan Japan 31027787–10135
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe 300331158–12763

Groep 3

wysig
Span S W G V P v P t +/− D v P
Vlag van Australië Australië 33007925+54119
Vlag van Samoa Samoa 32015434+2087
Vlag van Wallis Wallis 31023261–2935
Vlag van Argentinië Argentinië 30033883–4543

Groep 4

wysig
Span S W G V P v P t +/− D v P
Vlag van Frankryk Frankryk 33008225+57129
Vlag van Kanada Kanada 32014533+1247
Vlag van Roemenië Roemenië 31023164–3355
Vlag van Fidji Fidji 300327633613

Uitklopfase

wysig
David Campese (Wallabies) se trui, versier met handtekeninge, word in ’n Hongkongse kroeg ten toon gestel
Kwarteindrondte Halfeindrondte Eindstryd
                   
19 Oktober – Edinburg        
 Vlag van Skotland Skotland  28
26 Oktober – Edinburg
 Vlag van Samoa Samoa  6  
 Vlag van Skotland Skotland  6
19 Oktober – Parys
   Vlag van Engeland Engeland  9  
 Vlag van Frankryk Frankryk  10
2 November – Londen
 Vlag van Engeland Engeland  19  
 Vlag van Engeland Engeland  6
20 Oktober – Villeneuve-d'Ascq
   Vlag van Australië Australië  12
 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland  29
27 Oktober – Dublin
 Vlag van Kanada Kanada  13  
 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland  6 Uitspeel om derde plek
20 Oktober – Dublin
   Vlag van Australië Australië  16   30 Oktober – Cardiff
 Vlag van Australië Australië  19
   Vlag van Skotland Skotland  6
 Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland  18  
 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland  13

Kwarteindrondte

wysig

Halfeindrondte

wysig

Bronseindstryd

wysig

Eindstryd

wysig


Rugbywêreldkampioen 1991
Vlag van Australië Australië

Statistiek

wysig

Finale puntestand

wysig

Hierdie tabel toon die finale puntestand van al 16 deelnemende nasionale rugbyspanne in die Rugbywêreldbeker 1991.[11]

Uitslag van die Rugbywêreldbeker 1991:

   Kampioen

   Naaswenner

   Derde plek

   Vierde plek

   Kwarteindrondte

   Groepfase

   Nie deelgeneem nie

Rang Span Groep S W G V P Drieë Doelskoppe Strafdoele Skepdoele
1Vlag van Australië Australië366001261711120
2Vlag van Engeland Engeland16402119119172
3Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland165011431911150
4Vlag van Skotland Skotland264021622014162
In die kwarteindrondte uitgeskakel
5Vlag van Frankryk Frankryk4430192135100
6Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland24202120137162
7Vlag van Samoa Samoa34202608551
8Vlag van Kanada Kanada44202586282
In die groepfase uitgeskakel
9Vlag van Japan Japan231027713821
10Vlag van Italië Italië13102577750
11Vlag van Wallis Wallis33102323160
12Vlag van Roemenië Roemenië43102315130
13Vlag van Argentinië Argentinië33003384242
14Vlag van Zimbabwe Zimbabwe23003316210
15Vlag van Fidji Fidji43003271134
16Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State13003242240
Algeheel3211971488813116

Meeste punte en drieë

wysig

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. 1 2 (en) "Rugby World Cup 1991: Player Stats". rugbyworldcup.com. Besoek op 28 Oktober 2024.
  2. 1 2 (en) "Rugby World Cup 1991: Player Stats". rugbyworldcup.com. Besoek op 28 Oktober 2024.
  3. ↑ (en) "1991: Wallabies pip England". BBC. 24 September 2003. Besoek op 28 Oktober 2024.
  4. 1 2 3 4 (en) "Statsguru / Test matches / Player records / Rugby World Cup / Tries scored: greater than or equal to 3". ESPNscrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 November 2018. Besoek op 3 November 2018.
  5. ↑ (en) Joel Fitzpatrick (6 September 2007). "Thretton takes milestone in his stride". rugbyworldcup.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 September 2007. Besoek op 30 September 2007.
  6. ↑ (en) "1991: W Samoa 16–13 Wales". BBC. 24 September 2003. Besoek op 28 Oktober 2024.
  7. ↑ (en) "THE NUMBERS GAME: Stuart Lancaster's England record doesn't make for pretty reading after the Rugby World Cup exit". Daily Mail. 5 Oktober 2015. Besoek op 28 Oktober 2024.
  8. ↑ (en) "Beale, not Foley, to blame for England's early exit?". Reuters. 5 Oktober 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Oktober 2019. Besoek op 20 Oktober 2019.
  9. ↑ (en) Tom Barclay (8 Augustus 2011). "Greatest Rugby World Cup XV: second row front jumper profiles – Pedro Sporleder". Daily Telegraph. Besoek op 28 Oktober 2024.
  10. ↑ (en) Richard Seeckts (27 Oktober 1991). "Australia break All Blacks' hearts". ESPNscrum. Besoek op 28 Oktober 2024.
  11. ↑ (en) "Rugby Union – Statsguru – Test matches – Team records". ESPNscrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Junie 2020. Besoek op 23 Junie 2020.

Bronnelys

wysig

Eksterne skakels

wysig