Wikipedia:Geselshoekie

Sien ook:
- Wikipedia:Welkom nuwelinge wat veral op nuwelinge gemik is.
- Wikipedia:Gebruikersportaal vir nuttige skakels vir alle gebruikers.
- Wikipediabespreking:Geselshoekie vir bespreking oor die toekoms van hierdie bladsy.
- Taalforum vir besprekings oor taalprobleme. Die juiste terme, spellings ensomeer.
Vir volledige hulp, riglyne en beleid (algemeen en spesifiek), raadpleeg gerus die
| 2004+05+06 | 2007+08+09 | 2010+11 |
| 2012 | 2013+14+15 | 2016 |
| 2017 | 2018 | 2019 |
| 2020 | 2021+22+23 | 2024 |
| 2025 | 2026 | |
| Hoe word 'n argief aangelê? | ||
Welkom by die Afrikaanse Wikipedia se algemene geselshoekie. Enigiemand is welkom om deel te neem aan die besprekings hier: onderteken asseblief u besprekings deur ~~~~ te tik, of die "Handtekening met datum"-ikoon (
) te kies op die redigeringskieslys.
Ou besprekings word na die argief geskuif (sien die navigasiekas regs). As u 'n gesprek wil voortsit wat reeds in die argief is, word aanbeveel dat u die betrokke dele uitknip en hier plak.
Hierdie blad is vir algemene besprekings, besprekings omtrent 'n spesifieke artikel kan op daardie artikel se besprekingsblad begin word; sodoende kan dit ook deur toekomstige bydraers en redigeerders gelees word.
Vir die jongste nuus van WikimediaZA, besoek gerus ons Facebook bladsy, word lid van die Afrikaanse poslys of besoek ons Tuisblad in Afrikaans
Werkswinkels wat deur Wikimedia ZA gefasiliteer sal word in September 2026
[wysig bron]Gebruikers neem kennis van die werkswinkels gedurende September 2026. Boodskap van Wikimedia ZA:
“Hierdie werkswinkels sal studente, dosente en bibliotekarisse by hoër onderwysinstellings betrek en hulle bekendstel aan die basiese beginsels van die redigering van Wikipedia in alle Suid-Afrikaanse tale. Sommige deelnemers mag Afrikaans as eerstetaalsprekers wees, en die opleiding sal die volgende dek:
Wat Wikipedia is
Die Vyf Pilare van Wikipedia
Die vertaling van bestaande artikels met behulp van die Vertaalinstrument
Die skep van nuwe artikels
Die byvoeg van verwysings en beelde
Ons wil graag die Afrikaanse Wikipedia-gemeenskap vooraf oor hierdie werkswinkels inlig. Aangesien hierdie sessies 'n toestroming van nuwe bydraes van eerstekeerredakteurs tot gevolg kan hê, sal ons die gemeenskap se bewustheid en ondersteuning waardeer om hierdie nuwelinge gepaste leiding, geduld en goeie trou te gee soos hulle begin bydra.
Komende Werkswinkels SWiP Fase 2 Jaar 2 – Universiteit Stellenbosch 7–8 September 2026
SWiP Fase 2 Jaar 2 – Durban Universiteit van Tegnologie 10–11 September 2026
SWiP Fase 2 Jaar 2 – Universiteit van KwaZulu-Natal, Pinetown-kampus 17–18 September 2026
Dankie dat u ons help om te verseker dat die betrokke gemeenskap bewus is van hierdie aktiwiteite en die nuwe bydraers kan ondersteun.” Sobaka (kontak) 13:12, 25 Augustus 2026 (UTC)
Erfenismaand: Inheemse Taalvertaal-uitdaging
[wysig bron]Inisiatief vir Erfenismaand vir enige belangstellendes:
“Beste Wikimediane,
Sluit by ons aan vir die Erfenismaand se 30-dae Inheemse Taalvertaal-uitdaging hierdie September! Help om Suid-Afrikaanse erfenis te vier deur artikels oor die teiken inheemse taal Wikipedias uit te brei en te verbeter.
- Belangrike Besonderhede
Datums: 1–30 September 2026 -
Teikentale: isiZulu, isiXhosa, Sesotho, Setswana, Sepedi, Xitsonga, isiSwati, Tshivenḓa, isiNdebele, en Afrikaans -
Daaglikse Doelwit: Vertaal 1 artikel per dag oor Suid-Afrikaanse kookkuns, gebruike, klere, kuns, geskiedenis of letterkunde.
Hoe om Deel te Neem
1. Voeg jou gebruikersnaam by die projekbladsy en sluit aan by die Geleentheidsdashboard <https://meta.wikimedia.org/wiki/WMZA_Heritage_Month_30-Day_Translation_Campaign> (Wagwoord: Heritage).
2. Kies 'n Suid-Afrikaanse erfenisartikel op Engelse Wikipedia.
3. Vertaal dit in jou teikentaal (met behulp van die Inhoudvertalingsinstrument of handmatig) en publiseer.
Opleidingswerkswinkel Leer hoe om die Inhoudvertalingsinstrument en dashboard te gebruik:
Datum en tyd: Saterdag, 29 Augustus 2026 | 10:00 vm. – 12:00 nm. SAST - Skakel: Sluit aan by Google Meet <https://meet.google.com/xuv-gwfo-ztq?authuser=1&hs=122>
Pryse (geskenkbewyse) Top bydraers gekies op grond van vertalingskwaliteit, volledigheid en formatering: - 1ste Plek: R5,000 - 2de Plek: R3,000 - 3de Plek: R2,000
Kontak info@wikimedia.org.za
Vriendelike groete
WikimediaZA
Nomfundo Zungu: Kommunikasie-intern”
[Hier geplaas deur Sobaka (kontak) 08:15, 26 Augustus 2026 (UTC)]
- @Sobaka mag ons vir hierdie spesifieke gebeurtenis KI gebruik om die vertaling te behartig, mits ons die porboodskap wat ons gebruik het, publiseer, en met die veronderstelling dat bronne wat saam met stellings oorgebring word, reeds in die oorspronklike weergawe nagegaan is en dus nie weer individueel nagegaan hoef te word by die eerste weergawe van die vertaling nie? Gebruikers kan natuurlik enige stelling later bevraagteken en bronne nagaan en stellings wat nie geverifieer kan word nie, verwyder. Ek vra hierdie net vir praktiese redes om in staat te wees om die eerste weergawe van die vertaling te kan plaas. – 🍍 Pynappel (kontak) 11:13, 26 Augustus 2026 (UTC)
- My opinie is: ja, ons mag, want Wikipedia word nie as 'n bron gebruik nie, die bronne word saam oorgebring, en ander Wikipedia's vereis ook verifieerbaarheid en die aanhaal van bronne, en die KI-model word gevra om 'n nugtere vertaling te doen, nie om eie kennis te gebruik of eie navorsing te doen nie, dus is die risiko van hallusinasies laag. Natuurlik kan die oorspronklike weergawe foute bevat, en die foute word dan met die vertaling oorgebring, maar dit is 'n risiko by enige vertaling en foute kan selfs in betroubare bronne bestaan, dus is dit nie 'n risiko uniek aan KI nie. – 🍍 Pynappel (kontak) 11:32, 26 Augustus 2026 (UTC)
- @Sobaka en Pynappel: Myns insiens is dit nie die doelwit van dié kompetisie om met KI-geskepte artikels mee te ding nie. Die een skryf met die hand en die ander met KI? Ek dink nie dit is billik in 'n kompetisie nie. Ek sou dit as 'n soort doping beskou. Met die hoeveelheid KI-inhoud kan mens ook nie van ander verwag om die inhoud na te gaan nie. My mening. Jou laaste aanmerking oor foute in die oorspronklike artikel is juis die rede waarom die Duitse Wikipedia van die vertaler verwag om die inhoud stiptelik na te gaan. Andersins loop jy gevaar om verkeerde inhoud te versprei. Ek beskou die vertaler steeds as verantwoordelik vir die teks wat hy plaas. Groete. --
SpesBona 11:55, 26 Augustus 2026 (UTC)
- @Sobaka en Pynappel: Myns insiens is dit nie die doelwit van dié kompetisie om met KI-geskepte artikels mee te ding nie. Die een skryf met die hand en die ander met KI? Ek dink nie dit is billik in 'n kompetisie nie. Ek sou dit as 'n soort doping beskou. Met die hoeveelheid KI-inhoud kan mens ook nie van ander verwag om die inhoud na te gaan nie. My mening. Jou laaste aanmerking oor foute in die oorspronklike artikel is juis die rede waarom die Duitse Wikipedia van die vertaler verwag om die inhoud stiptelik na te gaan. Andersins loop jy gevaar om verkeerde inhoud te versprei. Ek beskou die vertaler steeds as verantwoordelik vir die teks wat hy plaas. Groete. --
- @Pynappel, ek dink ons moet hier twee sake onderskei. Eerstens is dit ’n kompetisie wat deur WikimediaZA gereël word, en ek kan dus nie namens hulle bepaal of KI-ondersteunde vertaling vir die doeleindes van die kompetisie toegelaat word of presies watter voorwaardes daarvoor geld nie. Dit sal jy verkieslik met die organiseerders moet uitgeklaar.
- Tweedens is ons op die Afrikaanse Wikipedia nog besig om gemeenskapsbeginsels vir die verantwoordelike gebruik van KI te ontwikkel, en ek wil nie daardie gesprek vooruitloop nie. Persoonlik sien ek wel ’n belangrike onderskeid tussen die gebruik van KI as ’n vertalingshulpmiddel en die gebruik daarvan om self nuwe ensiklopediese inhoud en bronne te genereer. KI-ondersteunde vertaling behoort dus nie noodwendig uitgesluit te word nie, mits die gebruiker die finale teks self deeglik nagaan en verantwoordelikheid daarvoor aanvaar.
- Ek sou egter versigtig wees met die aanname dat bronne bloot omdat hulle uit die oorspronklike artikel oorgedra word, glad nie nagegaan hoef te word nie. Niemand verwag noodwendig dat elke bron volledig van nuuts af ondersoek moet word voordat ’n vertaling gepubliseer word nie, maar die vertaler behoort minstens seker te maak dat die vertaalde teks die oorspronklike artikel getrou weergee, dat die verwysings korrek oorgedra is en dat daar nie deur die vertaalproses nuwe stellings, betekenisverskuiwings of foutiewe terminologie ontstaan het nie.
- Wat die publisering van die porboodskap betref, dink ek dit is ’n nuttige vorm van deursigtigheid, maar dit is iets waaroor die gemeenskap nog ’n beginsel moet vasstel. Vir hierdie spesifieke kompetisie sou ek dus voorstel dat WikimediaZA eers bevestig wat hulle reëls oor KI-gebruik is; daarna geld uiteraard steeds die Afrikaanse Wikipedia se gewone vereistes ten opsigte van kwaliteit, verifieerbaarheid en die verantwoordelikheid van die redigeerder. Sobaka (kontak) 12:04, 26 Augustus 2026 (UTC)
Nuwe botartikels
[wysig bron]Gemeenskap, ek mis die gemeenskapsbesluit om met nuwe botartikels te groei. Ons het byna 400 nuwe botartikels met 'n klein inligtingskassie en een sin. (As jy die res soek, moet jy die Engels lees.) Myns insiens voeg dit min waarde by, wat dink julle? Groete. --
SpesBona 11:50, 27 Augustus 2026 (UTC)
- Ek dink dit voeg waarde by. Ek sien nie hoe die aantal van 400 relevant is nie. Daar is poskodes in Lesotho en Sentraal-Afrikaanse Republiek waaroor 'n Afrikaanse leser mag leer, en waaroor daar regtig min bekend is, soos slegs die ligging en koördinate. Sien geen rede hoekom hierdie onderwerpe van die ensiklopedie uitgesluit moet word nie; ander weergawes sluit hierdie onderwerpe in, maar ek hoor graag ander se menings. – 🍍 Pynappel (kontak) 12:14, 27 Augustus 2026 (UTC)
- Gee ons asb 'n voorbeeld of 2 vd poskodes in Lesotho wat jy gedoen het. Ek kan nie veel van Kabouterbot onthou nie...ouderdom!
- PS Kabouterbot het vannag 'n fokop gemaak by Nana-Bakassa ("Koördinate: Missing latitude")
Aliwal2012 12:37, 27 Augustus 2026 (UTC)
- @Aliwal2012 Hleoheng Fenyane. Ek moet nog die kategorieë byvoeg. – 🍍 Pynappel (kontak) 12:40, 27 Augustus 2026 (UTC)
- @Aliwal2012 reggemaak, dankie. – 🍍 Pynappel (kontak) 13:15, 27 Augustus 2026 (UTC)
- Ek dink dit voeg net so veel waarde as al die saadjies oor plantspesies. Maak nie saak of dit nou deur 'n bot geskep is of nie. @SpesBona jou vraag is eintlik oor die nuttingheid van saadjies, en ek dink ons het daardie bespreking al baie keer gehad.
- Party mense vind die artikels interessant, al is daar min inligting. Dit kan altyd verder uitgebrei word. Dit is ook goed vir ander artikels wat plekname benoem (soos 'n artikel oor 'n ramp of iets), minder rooi skakels ens. - Rooiratel (kontak) 12:40, 27 Augustus 2026 (UTC)
- @SpesBona Tim Curry is onlangs oorlede. Die artikel is ook deur 'n robot begin. Kyk hoe lyk dit vandag. Die feit dat dit deur 'n robot begin is, doen geen afbreek aan ander artikels nie, en skep 'n raamwerk vir ander gebruikers om maklik by te dra. Ek kan onthou jy het destyds ook vreeslik gekla oor die artikels oor akteurs wat deur 'n robot geskep is. Dit staan jou vry om enige artikel wat jy dink te kort is, uit te brei. En as die onderwerp jou nie interesseer nie, hoef jy nie die artikel te lees nie. – 🍍 Pynappel (kontak) 12:41, 27 Augustus 2026 (UTC)
- Intussen meer as 410. Die aantal is belangrik, aangesien kwantiteit die kwaliteit van die Afrikaanse Wikipedia raak. Daar is ook botartikels oor Russiese rajons, Australiese plaaslikeowerheidsgebied en Haïtiaanse departements. Terloops, ek het ander projekte as om 410 botartikels uit te brei. Myns insiens raak dit dieselfde tema: Ons skryf artikels deur mense vir mense. Tel asb. al die Kategorie:Saadjies vir my. Groete. --
SpesBona 12:45, 27 Augustus 2026 (UTC)
- Wat is die verskil tussen 410 en 410 000? Hoe raak dit die kwaliteit van ander artikels? – 🍍 Pynappel (kontak) 12:48, 27 Augustus 2026 (UTC)
- Inderdaad. Niemand kla oor enwiki se kwaliteit nie, en hulle het meer as 2 miljoen saadjies. - Rooiratel (kontak) 12:54, 27 Augustus 2026 (UTC)
- Wat is die verskil tussen 410 en 410 000? Hoe raak dit die kwaliteit van ander artikels? – 🍍 Pynappel (kontak) 12:48, 27 Augustus 2026 (UTC)
- Hoe meer botartikels ons het, hoe meer lesers kom daarop af en sien een-sin-saadjies. Dit raak die reputasie van die hele projek. Daar is mense wat ure, maande, jare vir kwaliteit offer. Hoe aktief is die Cebuano- en Waray-Waray-Wikipedias? en:Cebuano Wikipedia, de:Cebuanosprachige Wikipedia, en:Waray Wikipedia en de:Waray-Waray-Wikipedia vertel baie vir my. Die botartikels het niks gehelp nie. Op die en:Swedish Wikipedia#Massive deletions in robot-made articles het hulle intussen baie botartikels geskrap. Die Engelse Wikipedia het sewe miljoen artikels en die nodige mannekrag met dié wêreldtaal! Groete. --
SpesBona 13:00, 27 Augustus 2026 (UTC)
- @SpesBona moet ons Tim Curry skrap? – 🍍 Pynappel (kontak) 13:03, 27 Augustus 2026 (UTC)
- @Pynappel: Ons kan wel artikels oor mense deur mense laat skryf. Soos Dolly Parton, Bonnie Tyler en Gunther von Hagens. Groete. --
SpesBona 13:10, 27 Augustus 2026 (UTC)
- Kom ons hoor wat sê die res van die gemeenskap. – 🍍 Pynappel (kontak) 13:15, 27 Augustus 2026 (UTC)
- @Pynappel: Ons kan wel artikels oor mense deur mense laat skryf. Soos Dolly Parton, Bonnie Tyler en Gunther von Hagens. Groete. --
- @SpesBona moet ons Tim Curry skrap? – 🍍 Pynappel (kontak) 13:03, 27 Augustus 2026 (UTC)
- Hoe meer botartikels ons het, hoe meer lesers kom daarop af en sien een-sin-saadjies. Dit raak die reputasie van die hele projek. Daar is mense wat ure, maande, jare vir kwaliteit offer. Hoe aktief is die Cebuano- en Waray-Waray-Wikipedias? en:Cebuano Wikipedia, de:Cebuanosprachige Wikipedia, en:Waray Wikipedia en de:Waray-Waray-Wikipedia vertel baie vir my. Die botartikels het niks gehelp nie. Op die en:Swedish Wikipedia#Massive deletions in robot-made articles het hulle intussen baie botartikels geskrap. Die Engelse Wikipedia het sewe miljoen artikels en die nodige mannekrag met dié wêreldtaal! Groete. --
- Honderde saadjies beteken nie veel nie. Dit groei nie. Kyk na die sponsies. Oesjaar (kontak) 13:51, 27 Augustus 2026 (UTC)
- Hallo @Oesjaar, ek stem saam dat dit dalk nie veel beteken nie, maar dit het nie noodwendig 'n negatiewe impak nie. Trouens, my punt is juis dat dit 'n goeie impak het omdat dit 'n bestaande artikel verskaf waartoe gebruikers kan bydra. Ek wonder hoeveel gebruikers wysig bestaande artikels eerder as om nuwe artikels te skep. Dit sal interessant wees om hierdie statistiek van 'n groot Wikipedia soos Engels of Duits te kry. Intussen deel ek 'n lys van artikels wat deur kabouter geskep is en wat sedertdien gegroei het. Dit is almal akteurs, vermoedelik omdat dit 'n onderwerp is waarin meer mense geïnteresseerd is, terwyl die sponse 'n baie kleiner gehoor het, maar daardie gehoor verdien steeds om artikels op Wikipedia in Afrikaans te kan raadpleeg en wysigings daarby aan te bring en ja, as hulle die vermoë het, self artikels te begin.
- – 🍍 Pynappel (kontak) 23:20, 27 Augustus 2026 (UTC)
Voorstel: 'n Konsep-naamruimte (ns 118)
[wysig bron]Hallo almal
Ek wil graag voorstel dat ons vir die Afrikaanse Wikipedia 'n aparte Konsep-naamruimte aanvra. Dit is die ekwivalent van die Engelse Draft: (naamruimte 118).
Tans het 'n onvoltooide artikel net twee tuistes: die hoofnaamruimte, waar lesers en soekenjins dit sien, of 'n gebruikersubblad of Wikipedia:Sandput. 'n Konsep-naamruimte gee 'n derde plek:
- Konsepte tel nie as artikels nie en beïnvloed nie ons artikeltelling nie.
- Konsepte word outomaties nie deur soekenjins geïndekseer nie, dus skaad 'n onvoltooide bladsy nie die projek se aansien nie.
- Nuwelinge kan aan 'n artikel werk sonder dat dit binne minute vir verwydering genomineer word.
- Wanneer die artikel gereed is, word dit eenvoudig na die hoofnaamruimte geskuif en die volledige geskiedenis bly behoue.
Meer as 25 Wikipedias het reeds so 'n naamruimte.
Wat presies aangevra sal word
[wysig bron]- Naamruimte 118 = Konsep, naamruimte 119 = Konsepbespreking
- 'n Alias sodat Draft: ook na dieselfde naamruimte wys
- Subbladsye aangeskakel
- noindex sodat konsepte nie deur soekenjins geïndekseer word nie
- Konsepte tel nie as inhoudsbladsye nie (dus nie in die artikeltelling nie)
- VisualEditor beskikbaar in die nuwe naamruimte
Punte waaroor ons moet besluit
[wysig bron]- Die naam. "Konsep" / "Konsepbespreking", of eerder "Klad" / "Kladbespreking"? Ander voorstelle is welkom.
- Wie mag 'n konsep na die hoofnaamruimte skuif? Enigeen, of net gebruikers wat outomaties bevestig is (autoconfirmed)?
- Verlate konsepte. Op die Engelse Wikipedia kan 'n konsep wat ses maande lank onaangeraak bly, verwyder word, met 'n kennisgewing aan die skepper. Wil ons iets soortgelyks, en met watter tydperk?
- Soekresultate. Moet konsepte by verstek in ons interne soektog verskyn, of net wanneer 'n mens dit uitdruklik kies?
Hoe dit tegnies werk
[wysig bron]Ons kan dit nie self aanskakel nie. Dit is 'n konfigurasieverandering aan Wikimedia se bedieners. Die pad is:
- Konsensus hier op die Geselshoekie, met die besonderhede hierbo beslis.
- 'n Versoek op Phabricator onder Wikimedia-Site-requests, met 'n permanente skakel na hierdie bespreking (sien m:Requesting wiki configuration changes).
- 'n Ontwikkelaar dien die wysiging in Gerrit in en dit word ontplooi.
Dit neem gewoonlik 'n paar weke. Vir 'n kleiner wiki is 'n handjievol steunstemme genoeg: die Birmaanse Wikipedia se versoek (phab:T352424) is met twee steunstemme goedgekeur.
Alternatief
[wysig bron]As die gemeenskap voel 'n eie naamruimte is oorbodig, kan ons byna dieselfde werkvloei kry sonder enige tegniese versoek, deur subbladsye soos Wikipedia:Konsepte/Artikelnaam te gebruik. Die verskil is dat noindex dan nie outomaties geld nie, dat konsepte nie 'n eie filter in onlangse wysigings en die soekfunksie kry nie, en dat die naam vir nuwelinge minder duidelik is.
Steun, teen, kommentaar
[wysig bron]Ek stel voor ons hou die bespreking ten minste twee weke oop sodat almal kans kry om te reageer. – 🍍 Pynappel (kontak) 22:51, 27 Augustus 2026 (UTC)
- Ek ondersteun die voorstel in beginsel. Hou vir twee weke. Groete! Oesjaar (kontak) 16:43, 28 Augustus 2026 (UTC)
Ondersteun idee
- Konsepartikel
- Gebruikers wat bevestig is
- Ses maande klink redelik
- Net by keuse, maar as iemand nou dieselfde artikel wil skep, moet dit duidelik wees dat daar reeds ‘n konsepartikel is. Sobaka (kontak) 18:16, 28 Augustus 2026 (UTC)
Ondersteun Een van die grootste voordele sal wees as daar kompetisies of werkwinkels is, sodat ander gebruikers weet om die gebruiker spasie te gee. Dit kan dalk ook help dat nuwelinge meer vrymoedigheid het...(dalk?)- Net 'n vraag: as die blad geskuif word sonder 'n aanstuur, wat oorbodig sal wees, tel dit as 'n bladsyverwydering? Thermofan (kontak) 14:19, 1 September 2026 (UTC)
- @Thermofan soos sake tans staan, ja, maar slegs administrateurs kan skuif sonder 'n aanstuur. As ander gebruikers bladsye skuif, dan word 'n aanstuur outomaties agtergelaat. Op die Engelse Wikipedia het hulle 'n spesifieke gebruikersgroep, nl. page movers, wat bladsye sonder 'n aanstuur kan skuif. Ons kan oorweeg om ook so 'n groep op die Afrikaanse Wikipedia te hê. – 🍍 Pynappel (kontak) 15:12, 1 September 2026 (UTC)
Ondersteun al vier punte hier bo. ~ Burgert (kontak) 20:41, 4 September 2026 (UTC)
Ondersteun – Dumbassman (kontak) 16:08, 5 September 2026 (UTC)
Ondersteun – Briljante idee. Laat dit goed gaan, Lefcentreright (kontak) 17:34, 5 September 2026 (UTC)– Ek is tans bietjie uitgebrand!
Neutraal
Aliwal2012 18:30, 5 September 2026 (UTC)
Ondersteun – Laat dit goed gaan! --
Aliwal2012 06:37, 16 September 2026 (UTC)
- Ek het die nuwe naamruimtes aangevra: https://phabricator.wikimedia.org/T437576 – 🍍 Pynappel (kontak) 11:24, 10 September 2026 (UTC)
- Ons het vandag die nuwe Konsep- en Konsepbesprekingnaamruimtes ontvang. – 🍍 Pynappel (kontak) 16:18, 14 September 2026 (UTC)
- Baie dankie Pynappel --
Aliwal2012 06:46, 16 September 2026 (UTC)
- Baie dankie Pynappel --
- Ons het vandag die nuwe Konsep- en Konsepbesprekingnaamruimtes ontvang. – 🍍 Pynappel (kontak) 16:18, 14 September 2026 (UTC)
- Ek het die nuwe naamruimtes aangevra: https://phabricator.wikimedia.org/T437576 – 🍍 Pynappel (kontak) 11:24, 10 September 2026 (UTC)
Malfunction...
[wysig bron]Die taalkundiges: beste vertaling - faal of wanfunksioneer? Of hang dit af van die gebruik van die woord? Ek verkies eersgenoemde! Oesjaar (kontak) 08:34, 28 Augustus 2026 (UTC)
- Ja, wanfunksioneer as werkwoord. Ook dalk
- nie behoorlik funksioneer nie
- foutief funksioneer
- gebrekkig funksioneer
Informeel: Die masjien het begin probleme gee.
- As selfstandige naamwoord: Fout
- The system experienced a hardware malfunction that caused unexpected server reboots.
- Die stelsel het 'n hardewarefout ondervind wat onverwagte herlaaie van die bediener veroorsaak het.
- Engineers traced the vehicle's sudden loss of power to an electronic control unit malfunction.
- Ingenieurs het die voertuig se skielike verlies aan krag nagespoor na 'n fout in die elektroniese beheereenheid.
- Thermofan (kontak) 11:59, 28 Augustus 2026 (UTC)
- Volgens Google Translate, lui die Afrikaans vertaaling:
- Die stelsel het 'n hardeware-wanfunksie ondervind wat onverwagte bedienerherlaai veroorsaak het.
- Ingenieurs het die voertuig se skielike kragverlies na 'n wanfunksionering in die elektroniese beheereenheid teruggevoer.
- Martinvl (kontak) 14:55, 28 Augustus 2026 (UTC)
- Ai tog, Martin..! Thermofan (kontak) 11:46, 31 Augustus 2026 (UTC)
- Nee Martin, gaan kyk terug in jou skoolboeke. Google Translate gee maar swak vertalings!
Aliwal2012 11:59, 31 Augustus 2026 (UTC)
- Nee Martin, gaan kyk terug in jou skoolboeke. Google Translate gee maar swak vertalings!
- Ai tog, Martin..! Thermofan (kontak) 11:46, 31 Augustus 2026 (UTC)
- Volgens Google Translate, lui die Afrikaans vertaaling:
Goeiedag, ek wil graag hoor of ek hierdie konsep na die hoofnaamruimte mag skuif. Dit is 'n KI-vertaling van die Engelse weergawe. Ek het nie al die bronne noukeurig deurgegaan nie, maar die resultaat lyk ooglopend korrek. Is daar enige groot probleme met die artikel wat verhoed dat dit gepubliseer kan word? Dit kan natuurlik in sy konsepvorm en na publikasie steeds gewysig word om enige foute te korrigeer of nuwe inligting by te werk. Ek hoor graag van u. – 🍍 Pynappel (kontak) 11:49, 28 Augustus 2026 (UTC)
- Hallo Pynappel, ja dis skaflik, haal net asb al die rooi skakels in die inleiding uit.
- Iets soos--- Sien ook: Kroasiese Onafhanklikheidsoorlog en Bosniese Oorlog --- het geen nut nie.
- Dankie!
Aliwal2012 12:11, 28 Augustus 2026 (UTC)
Uitgevoer – 🍍 Pynappel (kontak) 13:05, 28 Augustus 2026 (UTC)
FAK-voorsitters
[wysig bron]Het die voorsitterlys van die FAK probeer opdateer, maar daar is nog datum-gapings, wat ook bevestig kan word. Daar mag ook 'n Prof. Jan de Koning tussen Cillié en Heyns wees, maar ek vind baie min inligting oor hom. JMK (kontak) 11:21, 1 September 2026 (UTC)
Twintigjaargemeenskap.
[wysig bron]Gemeenskap, kan al die bestaande lede van die 15 jaar gemeenskap net laat weet of hulle dalk al deel van die twintigjaargemeenskap moes gewees het? Ek het Gebruiker:Sobaka opdateer. Groete! Oesjaar (kontak) 15:02, 6 September 2026 (UTC)
- Ook dankie en geluk aan Gebruiker:JMK met sy 20 jaar deelname hier by ons. Groete! Oesjaar (kontak) 18:56, 6 September 2026 (UTC)
- Eers in Jan. 2028! ~ Burgert (kontak) 19:02, 6 September 2026 (UTC)
Jou wiki sal op 23 Sep oorskakel na die lees-alleenmodus
[wysig bron]Die Wikimedia-stigting sal die verkeer tussen sy datasentrums ruil. Dit sal verseker dat Wikipedia en die ander Wikimedia wiki's aanlyn kan bly, selfs ná 'n ramp.
Hulle sal alle verkeer na die sekondêre datasentrum op 23 September oorskakel. Die toets begin om 14:00 UTC
Ongelukkig, as gevolg van 'n paar beperkings in MediaWiki, moet alle redigering stop terwyl ons oorskakel. Ons vra om verskoning vir hierdie ontwrigting en werk daarna om dit in die toekoms tot die minimum te beperk.
'n Banier sal 30 minute voor die aanvang op alle wiki's vertoon word.
Vir 'n kort tydjie sal u alle wiki's slegs kan lees, maar nie kan redigeer nie.
- Op Woensdag 23 September 2026 sal u vir tot 'n uur lank nie kan wysig nie.
- As u gedurende hierdie tyd probeer redigeer of stoor, sal u 'n foutboodskap sien. Ons hoop dat geen wysigings verlore sal gaan gedurende hierdie minute nie, maar ons kan dit nie waarborg nie. As u die foutboodskap sien, wag dan totdat alles weer normaal is. U behoort dan u redigering te kan stoor. Maar ons beveel aan dat u eers 'n afskrif van u wysigings maak, net ingeval.
Ander gevolge:
- Agtergrondwerk sal stadiger wees en sommige sal moontlik nie voltooi word nie. Rooi skakels word moontlik nie so vinnig soos gewoonlik opgedateer nie. As u 'n artikel skep wat reeds elders gekoppel is, sal die skakel langer as gewoonlik rooi bly. Sommige toepassings-skrifte met 'n lang looptyd sal gestop moet word.
- Ons verwag dat die uitrol van nuwe kode soos enige ander week sal plaasvind. Alhoewel, sommige gevalle van kodevries kan egter stiptelik plaasvind as die operasie dit daarna vereis.
- GitLab sal vir ongeveer 90 minute onbeskikbaar wees.
Konsepbeleid oor kunsmatige intelligensie
[wysig bron]Die Afrikaanse Wikipedia het nog geen beleid oor die gebruik van kunsmatige intelligensie nie, terwyl die Engelse, Duitse, Franse en Nederlandse Wikipedias die afgelope twee jaar elkeen een aangeneem het. Ek het 'n konsep op grond van daardie vier bladsye met behulp van Claude Opus 5 geskryf en dit by Konsep:Wikipedia:Kunsmatige intelligensie geplaas. Dit verbied nes die ander taalweergawes van Wikipedia die generasie van nuwe inhoud met KI, maar laat uitdruklik vertalings toe, met sekere voorwaardes. Ek hoop om hiermee 'n riglyn te skep wat almal gelukkig maak en die Afrikaanse Wikipedia in staat stel om sy volgende fase van groei binne te gaan deur KI op 'n verantwoordelike en deursigtige manier toe te pas. Ek nooi graag die gemeenskap om kommentaar by Konsepbespreking:Wikipedia:Kunsmatige intelligensie te lewer.
Kortliks wat die konsep sê:
- Artikels word nie met generatiewe KI geskryf nie. Teks wat deur 'n taalmodel opgestel is, hoort nie in die artikelnaamruimte nie, en dieselfde geld vir gegenereerde verwysings en beelde.
- Vertaling uit ander taalweergawes van Wikipedia is uitdruklik toegelaat, ook met masjienvertaling en ook vir 'n volledige artikel. Die twee voorwaardes wat saak maak, is dat die bronartikel se verwysings saam oorgedra word en dat erkenning aan die oorspronklike artikel gegee word soos by Wikipedia:Haal bronne aan#Vertaling beskryf. Jy lees natuurlik self die Afrikaans na voordat jy dit stoor.
- Anders as sommige ander taalweergawes vereis die konsep nie dat die vertaler elke oorgedraagde bron individueel nagaan nie. Vir 'n gemeenskap van ons grootte sou dit vertaling in die praktyk onmoontlik maak, en dit sou beteken dat ons die werk van 'n hele ander gemeenskap wantrou. Wat jou tydens die vertaling opval – 'n verwysing wat versin lyk, syfers wat mekaar weerspreek – laat jy uiteraard weg.
- Spelkontrole, herformulering van jou eie teks, terminologiehulp, navorsingshulp en tegniese hulp met wikiteks bly toegelaat, mits jy in die wysigingsopsomming noem waarvoor jy wat gebruik het.
- Op besprekingsblaaie skryf ons in ons eie woorde, maar iemand wat nie Afrikaans magtig is nie, mag 'n masjienvertaling gebruik en dit so aandui.
- By 'n vermoede van KI-inhoud kyk ons na die bronne, nie na die skryfstyl nie: KI-verklikkers is onbetroubaar. Blokkering volg net waar die bewyse duidelik is.
Die vertaalgedeelte is doelbewus toegeefliker as dié van die Duitse en Franse Wikipedias, omdat vertaling by ons een van die belangrikste maniere is waarop die projek groei. Ek dink dit is die regte keuse vir ons, maar dit is juis die punt waaroor ek graag ander menings wil hoor.
Vrae waaroor kommentaar besonder nuttig sal wees:
- Is die vertaalvoorwaardes werkbaar soos hulle daar staan, of is daar iets wat in die praktyk gaan skuur?
- Is dit reg om die nagaan van elke oorgedraagde bron uit te laat?
- Is die verbod op gegenereerde artikels duidelik genoeg afgebaken teenoor die toegelate gebruike?
- Ontbreek daar iets wat by ons dikwels voorkom en wat die konsep nie dek nie?
Plaas kommentaar oor die beleid self asseblief by Konsepbespreking:Wikipedia:Kunsmatige intelligensie, sodat alles op een plek bymekaar bly. Ek los die bespreking 'n ruk oop en werk die konsep by soos die kommentaar inkom; as daar mettertyd konsensus is, kan dit na Wikipedia:Kunsmatige intelligensie geskuif en as beleid gemerk word.
Groete. – 🍍 Pynappel (kontak) 22:43, 16 September 2026 (UTC)
Skeppers van saadjies
[wysig bron]Gemeenskap, daar is tans 'n tydelike rekening gebruiker wat Meksikaanse saadjies skep. Hy vertaal net die inleidings van die artikels uit die Engelse Wikipedia, foutloos. KI-pogings? My probleem is dat ons saadjies tans by die 20,000 is! My siening is dat indien enige gebruiker tot drie saadjies beperk moet word, daarna moet hy werklik waarde toevoeg deur die hele artikel te vertaal. Ja, my flora artikels is kort maar daar is nie werklik enige inligting nie. 99% van hulle bestaan nêrens nie en ek het nie by een van hulle die saadjie sjabloon geplaas nie! Tweedens voorsien ons die flora foto,s vir gebruik deur onder andere skoolkinders asook bewaar plaaslike name. Almal het bronne. Ek luister... Groete! Oesjaar (kontak) 06:12, 18 September 2026 (UTC)
- Ek is tevrede met die IP-bydraer wat onlangs al die Meksikaanse presidente skep. Dit vorm deel van 'n reeks en 'n gaping wat gevul moet word, al is dit net saadjies. Groete
Aliwal2012 07:53, 18 September 2026 (UTC)
- Dis jammer hy doen nie effens meer moeite en vertaal die hele Engelse inleiding nie; dan kan hy artikels van minstens een skerm doen in plaas van saadjies. Maar ja, die atikels is nodig. ~ Burgert (kontak) 11:41, 18 September 2026 (UTC)
Wiki Economics - Wil jy help om ’n instrument vir gemeenskapsgesondheidsmaatstawwe te skep
[wysig bron]Hallo almal,
Hierdie weergawe is met behulp van outomatiese vertaalhulpmiddels en KI voorberei. Korrigeer asseblief die taal, terme of inhoud; enige hulp is welkom. Die Engelse weergawe volg hieronder.
Hallo, ek is ’n Franse Wikimedian wat aan lees- en redigeertrendings binne ons beweging werk. Ek het gevoel dat ons maklik toeganklike hulpmiddels kort om die gesondheid van ons redigeringsgemeenskappe oor tyd te sien en te monitor, daarom het ek Wiki Economics begin.
Waarom Wiki Economics? Omdat ek aanvanklik makro-ekonomiese aanwysers gebruik om die gesondheid van die gemeenskap te modelleer (dit was my vertrekpunt), maar ek voeg mettertyd ander aanwysers by.
Dit is ’n beta-weergawe. Ek gebruik afwiki as deel van die eerste ontledingsgroep, saam met taaluitgawes wat gekies is om verskillende streke, tale en gemeenskapsgroottes te dek. Dit is nie perfek nie en daarom is terugvoer oor ontbrekende dinge, probleme of plaaslike gebeure wat ongewone patrone verklaar, veral welkom.
Hierdie eerste groep moet help om probleme, ontbrekende inligting en belangrike plaaslike gebeure, veldtogte, beleidsveranderinge of ander konteks wat ongewone patrone kan verklaar, te identifiseer. Die doel is om uit gemeenskapterugvoer te leer voordat die dekking uitgebrei word.
Sodra die Wikipedia-uitgawes behoorlik gedek is, sal ek dieselfde vir alle Wikimedia-projekte doen.
Dit is ’n projek vir gemeenskappe, nie ’n amptelike verslag van die Wikimedia Foundation nie. Dit gebruik geen private data, CheckUser-data of nie-openbare API’s nie. Elke resultaat bevat sy momentopname, definisies, metodes, herkoms en voorbehoude. Sommige aanwysers is dalk nie beskikbaar of van toepassing nie, en ’n onvolledige tydperk moet nie as ’n volledige jaarlikse tendens gelees word nie. Agtergrond en definisies is op die Wiki Economics-bladsy op Meta-Wiki beskikbaar.
Om die statistieke te sien: kies ’n Wikipedia of kry direk toegang tot afwiki se profiel: .
Ek sal plaaslike terugvoer waardeer oor:
- Pas die definisies by hoe hierdie gemeenskap werk?
- Is daar plaaslike patrollie-/hersieningsmeganismes, botveldtogte, beleidsveranderinge of gebeure wat ongewone waardes verklaar?
- Watter aanwysers is nuttig, misleidend of ontbreek?
Deel asseblief terugvoer óf op hierdie bladsy óf op die Wiki Economics-besprekingsblad op Meta-Wiki. Die bronkode is beskikbaar op GitHub. Dankie dat julle my help om die ontleding vir al ons gemeenskappe nuttiger te maak.Schiste (kontak) 12:15, 22 September 2026 (UTC)
Wiki Economics - Would you like to help create a community health metrics tool
[wysig bron]Hello everyone,
Hi, I'm a French Wikimedian working on readership and editorship trends across our movement. I felt we were lacking accessible tools to look at and monitor the health of our editing communities over time, so I started Wiki Economics.
Why Wiki Economics? I started by using macroeconomic indicators to model community health (that was my starting point), and I add other indicators over time.
This is a beta. I am using afwiki as part of the first analysis batch, alongside language editions selected to cover different geographies, languages, and community sizes. It is not perfect and, as a result, your feedback about missing things, problems, or local events that explain unusual patterns is especially welcome.
This first batch should help identify issues, missing information, and important local events, campaigns, policy changes, or other context that may explain unusual patterns. The goal is to learn from community feedback before expanding coverage.
Once the Wikipedia editions are covered properly, I’ll do the same for all Wikimedia projects.
This is a community-facing project, not an official Wikimedia Foundation report. It uses no private data, CheckUser data, or non-public APIs. Each result includes its snapshot, definitions, methods, provenance, and caveats. Some indicators may be unavailable or not applicable, and an incomplete period should not be read as a full-year trend. Background and definitions are on the Wiki Economics page on Meta-Wiki.
To view the statistics: choose a Wikipedia or directly access afwiki’s profile: .
I would appreciate your feedback on:
- Do the definitions match how this community works?
- Are there local patrol/review mechanisms, bot campaigns, policy changes, or events that explain unusual values?
- Which indicators are useful, misleading, or missing?
Please share feedback either on this page or on the Wiki Economics talk page on Meta-Wiki. The codebase is available on GitHub. Thank you for helping me make the analysis more useful to all our communities. Schiste (kontak) 12:15, 22 September 2026 (UTC)
Your feedback wanted: Remove (Language link added:) and similar edits from Special:RecentChanges
[wysig bron](Apologies for posting in English. You can help by translating it)
Hello, I’m Danny from Wikimedia Deutschland’s Wikidata For Wikimedia Projects team.
We have been investigating and examining how Wikidata’s use in the Special:RecentChanges and Special:Watchlist pages can be made to be more useful, or less ‘noisy’ (fewer edits that have little value to the reader).
We are currently exploring to make a change in the volume and the type of Wikidata edits that appear in these pages, and we need your feedback to help us ensure this is a positive change for the Wikis and won’t disrupt your workflows.
Language links are also known as sitelinks or interlanguage links and describe when a Wikidata item is connected to a Wiki, adding it to the language dropdown tool for other connected Wikis.

The request for feedback is whether you support the removal of these language link edits from the Recent Changes and Watchlist feed, or would you oppose such a change and if so, why? Please share you thoughts on the dedicated metawiki Talk page.
Further information about this change: m:Wikidata_For_Wikimedia_Projects/Hide_Language_Link_edits
Thank you for any participation or feedback you give, -- User:Danny Benjafield (WMDE) 15:16, 22 September 2026 (UTC)
- Thanks, I do use this feature a lot. I will respond on the metawiki Talk page. - Rooiratel (kontak) 18:29, 23 September 2026 (UTC)
Die nuwe klomp gebruikers...
[wysig bron]Admins, voel vry om die nuwe klomp gebruikers te versper. Hulle kom deur die WikimediaZA opleidingsprogram, die werk hier gelewer wys net hoe swak die opleiding is. Hulle reageer op geen boodskap nie, ploeter net voort ens. As hulle werklik wil saamwerk sal hulle ons admins en veterane hier respekteer. Oesjaar (kontak) 14:54, 29 September 2026 (UTC)
- Ja, ek voel nuwe gebruikers moet die konvensies volg. ~2026-52465-55 (talk) 15:11, 29 September 2026 (UTC)
- Dis ek, Burgert.~2026-52465-55 (talk) 15:13, 29 September 2026 (UTC)
- My selfoon het my Wiki aanmelding ook skielik verwerp! Groete! Oesjaar (kontak) 15:36, 29 September 2026 (UTC)
- Dis ek, Burgert.~2026-52465-55 (talk) 15:13, 29 September 2026 (UTC)
- Is daar 'n rede hoekom hulle spesifiek afwiki teiken? – 🍍 Pynappel (kontak) 15:55, 29 September 2026 (UTC)
- Ja, ek sal later verduidelik. Groete! Oesjaar (kontak) 15:59, 29 September 2026 (UTC)
- Sien die gemors: The five people you meet in heaven. 'n Absolute belediging van my taal. Dit gebeur as nie-moerdertaal sprekers aangemoedig word om hier betrokke te raak. Die ironie is dat die volgende grootste inheemse Suid-Afrikaanse taal op Wikipedia Zoeloe (diepte 6) is met slegs 12809 artikels, dan Noord-Sotho (diepte 0) met 9058 artikels. Logies sou mens verwag het dat WikimediaZA die grootste gedeelte van hul hulpbronne (hulle kry baie geld by die Stigting) sal gebruik om die plaaslike Wikipedia's te groei. Kom ons plaas dit in perspektief, gedurende die 2018 Wikimania Konferensie in Kaapstad was 'n groot lawaai gemaak omrede die Zoeloe Wikipedia 10,000 artikels bereik het. Afrikaans het op daardie stadium die 50,000 mylpaal bereik maar daar is geen woord daaroor gesê nie. Kyk waar staan ons vandag teenoor hulle. Myself het al 20595 (soos ons nou praat) artikels geskep waarvan 17 voorblad status dra en 'n klomp baie tegnies van aard is. Dit is interessant dat hulle artikels skep wat glad nie in hulle eie moedertaal Wikipedia's bestaan nie. Hoe weet ek dit? Daar is geen taalskakels nie. Groete! Oesjaar (kontak) 16:16, 29 September 2026 (UTC)
- Interessant, pleks hulle hul energie doelgerig aanwend. Vir my is dit vinnig om net op "rol terug" te klik. – 🍍 Pynappel (kontak) 17:42, 29 September 2026 (UTC)
- Oesjaar, jy maak baie aannames. Dumbassman (kontak) 18:00, 29 September 2026 (UTC)
- Met julle toestemming sal ek begin opruim. Ons praat oor die volgende:
- Rekenaarvertaalde inhoud in bestaande artikels (bv. goud) word dadelik uitgevee
- nuwe rekenaarvertaalde artikels word oor 14 dae (sonder verbetering) geskrap, volgens "Swak Afrikaans (reeds 2 weke+ nie vertaal of verbeter nie)"
- konsepte in die hoofnaamruimte (artikels) met inhoud wat reeds in artikels bespreek word, word ook dadelik verwyder (as dit swak taalgebruik bevat en inhoud wat nie vir 'n ensiklopedie kwalifiseer nie).
- @Maria The Scientist, Zoulla, Upthebucks, Tshegi, en Zeetharr:, @VamuhleOmuhle, Argitsme, HoneyyR, Hermalyan, en Nane2004: ons praat oor julle betrokkenheid hier.
- Ek wil nie baklei nie, as ek weerstand ondervind, gaan ek voort met my eie projekte (geen probleem daarmee nie, vrede!). Julle menings asb. Groete. --
SpesBona 18:30, 29 September 2026 (UTC) - Die belangrikste: Almal is natuurlik vry om met taalgebruik te help, ek verwyder slegs goed in die hoofnaamruimte wat nooit versorg is nie en daar ronddwaal. Groete. --
SpesBona 18:40, 29 September 2026 (UTC)
- Ek stem saam met @SpesBona.
- En ek sal byvoeg: Dit maak nie saak watter gebruiker dit is, of waar hulle vandaan kom nie. Maak nie saak of Afrikaans hul moedertaal is of nie. Ons hou almal tot die selfde standaard. Gee mense darem 'n kans om hul artikels op te ruim, maar as dit nog steeds substandaard is, dan skrap ons dit, of rol die wysigings terug. - Rooiratel (kontak) 16:54, 1 Oktober 2026 (UTC)
- Met julle toestemming sal ek begin opruim. Ons praat oor die volgende:
- Oesjaar, jy maak baie aannames. Dumbassman (kontak) 18:00, 29 September 2026 (UTC)
- Interessant, pleks hulle hul energie doelgerig aanwend. Vir my is dit vinnig om net op "rol terug" te klik. – 🍍 Pynappel (kontak) 17:42, 29 September 2026 (UTC)
- Sien die gemors: The five people you meet in heaven. 'n Absolute belediging van my taal. Dit gebeur as nie-moerdertaal sprekers aangemoedig word om hier betrokke te raak. Die ironie is dat die volgende grootste inheemse Suid-Afrikaanse taal op Wikipedia Zoeloe (diepte 6) is met slegs 12809 artikels, dan Noord-Sotho (diepte 0) met 9058 artikels. Logies sou mens verwag het dat WikimediaZA die grootste gedeelte van hul hulpbronne (hulle kry baie geld by die Stigting) sal gebruik om die plaaslike Wikipedia's te groei. Kom ons plaas dit in perspektief, gedurende die 2018 Wikimania Konferensie in Kaapstad was 'n groot lawaai gemaak omrede die Zoeloe Wikipedia 10,000 artikels bereik het. Afrikaans het op daardie stadium die 50,000 mylpaal bereik maar daar is geen woord daaroor gesê nie. Kyk waar staan ons vandag teenoor hulle. Myself het al 20595 (soos ons nou praat) artikels geskep waarvan 17 voorblad status dra en 'n klomp baie tegnies van aard is. Dit is interessant dat hulle artikels skep wat glad nie in hulle eie moedertaal Wikipedia's bestaan nie. Hoe weet ek dit? Daar is geen taalskakels nie. Groete! Oesjaar (kontak) 16:16, 29 September 2026 (UTC)
- Ja, ek sal later verduidelik. Groete! Oesjaar (kontak) 15:59, 29 September 2026 (UTC)
Ondersteun SB en RR. Ek sal ook nuwelinge se werk help opruim. Hou op stress Oesjaar! Groete, --
Aliwal2012 17:46, 1 Oktober 2026 (UTC)
Mandela en kie
[wysig bron]
Net regs van Mandela staan 'n man met grys gestreepte das. As iemand dalk weet wie dit is sal ek graag die beskrywing wil aanvul. Die twee dames is terloops Geraldine Fraser-Moleketi en Gwen Ramokgopa van wie ons baie min inligting op af.wiki het. JMK (kontak) 15:04, 29 September 2026 (UTC)
- Jy vra my vas, jammer!
Aliwal2012 16:02, 29 September 2026 (UTC)
- Ditto. Groete! Oesjaar (kontak) 16:17, 29 September 2026 (UTC)
- AI sê: The man in the grey striped tie standing directly behind and to the right of Mr. Mandela's shoulder is the South African politician Dr. Frene Ginwala's brother or a similar delegate accompanying the high-level official party. Die broer se naam was Solly. ~ Burgert (kontak) 23:34, 1 Oktober 2026 (UTC)
- Knap gedaan, en dankie. Vermoed dat jy reg is, en ons het min/geen vrye foto's van hierdie gesin. JMK (kontak) 05:53, 2 Oktober 2026 (UTC)
- AI sê: The man in the grey striped tie standing directly behind and to the right of Mr. Mandela's shoulder is the South African politician Dr. Frene Ginwala's brother or a similar delegate accompanying the high-level official party. Die broer se naam was Solly. ~ Burgert (kontak) 23:34, 1 Oktober 2026 (UTC)
- Ditto. Groete! Oesjaar (kontak) 16:17, 29 September 2026 (UTC)
Reptiele en amfibieë in Afrikaans
[wysig bron]Sedert 2025 is daar 'n komplete lys van Afrikaanse (en ander) name van de reptiele en amfibieë wat in Suid-Afrika voorkom
Die verwysing is Phaka, F.M., Hugé, J., Razhuanzwo, F., Vanhove, M.P.M. & Du Preez, L.H. 2025. Naming South African frogs and reptiles in nine Indigenous languages. African Journal of Herpetology, 1–18.
Daar is twee webwerwe waar dit gevind kan word
Ek het op sandpadda 'n bietjie daarvan oorgeneem, maar daar is talle ander bydraes wat daarmee bygewerk of geskep kan word.
Jcwf (kontak) 20:37, 1 Oktober 2026 (UTC)
- Baie nuttig, dankie. Die taal is net om van nagmerries te kry. Net vir gebruikers wat weet wat hulle doen. ~ Burgert (kontak) 21:45, 1 Oktober 2026 (UTC)
Maandelikse besoeke en die Kiswahili Wikipedia
[wysig bron]Gemeenskap, ons gebruikersbesoeke vir September was 3,1 miljoen. Dan sien ek die Swahili Wikipedia (Kiswahili) het na die 70ste posisie opgeskuif betreffende die aantal artikels. Hulle groei konstant die afgelope paar weke en sal ons seker binnekort verbygaan. Hulle diepte is egter net 4 vs ons 38. Groete! Oesjaar (kontak) 08:59, 5 Oktober 2026 (UTC)
Die Swahili Wikipedia is tans die derde grootste in Afrika naas die Egipties-Arabiese Wikipedia en die Afrikaanse Wikipedia. Die Egipties-Arabiese Wikipedia, 11de op die ranglys, het egter 'n diepte van NUL, seker botgeskepte artikels. Ek vermoed Swahili gebruik ook 'n bot. Groete! Oesjaar (kontak) 11:58, 5 Oktober 2026 (UTC)
- Ek vermoed in Meimaand vanjaar het die Swahili-Wikipedia KI-vertalings geskep dat dit klap. Kyk mooi onderaan: Vanaf Mei 2026 tot 4 Oktober het die Afrikaanse Wikipedia 1 854 bladsye geskep. Daarteenoor het die Swahili Wikipedia 16 830 bladsye geskep. Ek het nog in Juniemaand vir onse liewe Gemini gevra: hoe op aarde stort jy 18 MB inligting binne 'n enkele maand of wat op die bedieners, met slégs 9 aktiewe bydraers?
- Afrikaanse Wikipedia vanaf Mei 2026 tot Oktober 2026: 15 699 885 grepe (bytes) verskil
- Swahili Wikipedia vanaf Mei 2026 tot Oktober 2026: 24 847 726 grepe (bytes) verskil Suidpunt (kontak) 20:52, 5 Oktober 2026 (UTC)
- Indien julle gewonder het - ek het onraad vermoed toe ek Kiwix se blaaie besoek het.
- wikipedia_af_all_maxi_2026-04.zim 2026-04-06 10:47 1.9G
- wikipedia_af_all_maxi_2026-07.zim 2026-07-05 14:18 1.9G
- wikipedia_af_all_nopic_2026-04.zim 2026-04-06 08:34 404M
- wikipedia_af_all_nopic_2026-07.zim 2026-07-05 12:19 410M
- wikipedia_sw_all_maxi_2026-04.zim 2026-04-06 16:55 746M
- wikipedia_sw_all_maxi_2026-07.zim 2026-07-05 18:44 778M
- wikipedia_sw_all_nopic_2026-04.zim 2026-04-06 15:51 189M
- wikipedia_sw_all_nopic_2026-07.zim 2026-07-05 17:44 211M Suidpunt (kontak) 21:01, 5 Oktober 2026 (UTC)
Gebruik van sjabloon:intertaalskakel
[wysig bron]As ons die artikel Anatoli Karpof en Anatoli Karpof (ouer weergawe) vergelyk, sien ons baie rooi skakels in die ouer weergawe. Hoewel die nuwer weergawe netjieser lyk (geen rooi skakels nie), is dit vanuit 'n ensiklopediese oogpunt minder nuttig, aangesien ten minste een van die rooi skakels (Waddinxveeen) deur middel van die sjabloon:intertaalskakel na 'n ooreenstemmende artikel in die Nederlandse Wikipedia verwys het. Ek wil graag die gemeenskap se mening hoor oor my voorstel om die rooi skakels te herstel, maar met die byvoeging van sjabloon:intertaalskakel-skakels na die ooreenstemmende Nederlandse of Engelse artikels by te voeg. Martinvl (kontak) 20:58, 5 Oktober 2026 (UTC)
- Ek is 'n aanhanger van rooi skakels omdat dit aandui dat 'n gewensde artikel ontbreek. Ek ondersteun die gebruik van intertaalskakels om na bestaande artikels in ander tale te verwys. – 🍍 Pynappel (kontak) 22:10, 5 Oktober 2026 (UTC)
- Ek ondersteun nie een van die twee nie. Groete! Oesjaar (kontak) 06:14, 6 Oktober 2026 (UTC)
- Ek verpes rooi skakels...dit trek die leser se aandag af van belangrike inligting. --
Aliwal2012 07:18, 6 Oktober 2026 (UTC)
- Dink rooi skakels moet net aanvaar word waar dit verwys na 'n "kernartikel" wat waarskynlik in die nabye toekoms geskep kan word. Stem saam dit trek aandag af van 'n artikel. Sobaka (kontak) 08:29, 6 Oktober 2026 (UTC)
- Ons kan dalk ook oorweeg om die kleur van rooi skakels te verander na iets minder steurend, bv. grys. 'n Mens kan die styl vir almal verander of elke gebruiker kan dit vir homself doen deur sy persoonlike CSS-bladsy te wysig. – 🍍 Pynappel (kontak) 08:47, 6 Oktober 2026 (UTC)
- Hi ou Pynappel, dis nie soseer die rooi kleur wat my pla nie, dis die blote teenwoordigheid daarvan op 'n andersins netjies-versorgde bladsy! Watse nut het 'n honderd internasionale krieketspelers se rooi name in 'n krieketwêreldbekerartikel? Niemand gaan dit ooit skep nie, punt.
Aliwal2012 09:11, 6 Oktober 2026 (UTC)
- Dalk kom iemand eendag en skep dit. My gevoel is dat die rooi kleur 'n kenmerk van Wikipedia is wat ons tans nie ten volle benut nie. Dit is wel 'n seer oog, maar hopelik dien dit as 'n aansporing aan lesers om betrokke te raak en die artikel te skep, al is dit net 'n saadjie. – 🍍 Pynappel (kontak) 09:36, 6 Oktober 2026 (UTC)
- Ek verwerp die gebruik van intertaalskakels:
- 1. Dit kan lesers irriteer om dadelik in 'n ander taal te beland wat hulle nie noodwendig verstaan nie.
- 2. Kan dit net 'n willekeurige besluit wees na watter taal daar geskakel word. Duits, Engels, Frans, Nederlands? Ek verkies die Duitse Wikipedia, maar die Franse is ook uitstekend!
- 3. Kan dit verhoed dat 'n nuwe artikel geskep word as daar reeds 'n soort skakel is. Dit is rooi skakels wat motiveer om 'n nuwe artikel te skep. Groete. --
SpesBona 09:45, 6 Oktober 2026 (UTC) - Oor rooi skakels: Myns insiens maak dit sin dat niebestaande artikels rooi is, aangesien bestaande artikels blou skakels het. Rooi is immers die opponent van blou in die kleurspektrum. Myns insiens verstaan almal dit dadelik, al lees hulle net op Wikipedia en is hulle nie aktiewe gebruikers nie. Groete. --
SpesBona 09:50, 6 Oktober 2026 (UTC)
Neutraal Ek het gemengde gevoelens hieroor. Op die Franse Wikipedia is daar 'n artikel genaamd "fr:Maison du blé et du pain". Dis 'n koring- en broodmuseum in Switserland. Die vraag is - is hierdie artikel relevant vir die Afrikaanse Wikipedia? Regverdig dit 'n artikel? Miskien vir 'n Moorreesburger wat sy eie Koringbedryfmuseum wil vergelyk, ja. Maar die res van Suid-Afrika en Namibië? Nee. Die teenvraag is - waarom mag iemand nie daarvan bewus gemaak word nie?- Ons sit nou in die knars: aan die een kant onthou ek nog hoe 'n groep by Reddit suur was omdat Nederduits (skoolvak) 'n voorbladartikel geword het, wat ek bloot uit die Duitse Wikipedia destyds vertaal het. Uit die Redditeure se standpunt verstaan ek egter hul besware: dit voel "volksvreemd" (al vind ek prinses Diana ewe volksvreemd op die tydskrifvoorblaaie, aangesien ons 65 jaar al 'n republiek is). Aan die ander kant was die Redditeure se standpunt ewe vreemd: enige intelligente mens kon insien die foute wat met Nederduits gemaak is, kan netsowel met Afrikaans, Nama, Korana (feitlik enige taal) orals herhaal word: die sprekers wag amper ter elfder ure tot 'n taal heeltemal vergete is, en dan skielik, oornag, moet daar inderhaas 'n oplossing gesoek word wat dubbel soveel kos as om die masjien aan die loop te hou. Die onderwysers het ondertussen almal afgetree, of is dood. Die doel van die Wiki-artikel was juis om uit die Duitsers se foute te leer.
- Die oplossing, het ek my voorgeneem, is om die pad van Voyageur te volg: versamel die bronne, maar skryf met die onwetende Afrikaanse leser in gedagte.Suidpunt (kontak) 10:43, 6 Oktober 2026 (UTC)
- Dalk kom iemand eendag en skep dit. My gevoel is dat die rooi kleur 'n kenmerk van Wikipedia is wat ons tans nie ten volle benut nie. Dit is wel 'n seer oog, maar hopelik dien dit as 'n aansporing aan lesers om betrokke te raak en die artikel te skep, al is dit net 'n saadjie. – 🍍 Pynappel (kontak) 09:36, 6 Oktober 2026 (UTC)
- Hi ou Pynappel, dis nie soseer die rooi kleur wat my pla nie, dis die blote teenwoordigheid daarvan op 'n andersins netjies-versorgde bladsy! Watse nut het 'n honderd internasionale krieketspelers se rooi name in 'n krieketwêreldbekerartikel? Niemand gaan dit ooit skep nie, punt.
- Ons kan dalk ook oorweeg om die kleur van rooi skakels te verander na iets minder steurend, bv. grys. 'n Mens kan die styl vir almal verander of elke gebruiker kan dit vir homself doen deur sy persoonlike CSS-bladsy te wysig. – 🍍 Pynappel (kontak) 08:47, 6 Oktober 2026 (UTC)
- Dink rooi skakels moet net aanvaar word waar dit verwys na 'n "kernartikel" wat waarskynlik in die nabye toekoms geskep kan word. Stem saam dit trek aandag af van 'n artikel. Sobaka (kontak) 08:29, 6 Oktober 2026 (UTC)
- Ek verpes rooi skakels...dit trek die leser se aandag af van belangrike inligting. --
- Ek ondersteun nie een van die twee nie. Groete! Oesjaar (kontak) 06:14, 6 Oktober 2026 (UTC)
- Ja, die liewe Voyageur (R.I.V.) het hom altyd daarvoor beywer om hier ensiklopediese inligting te plaas wat nie op die Engelse Wikipedia beskikbaar is nie. Myns insiens is dit die perfekte pad om ons Wikipedia uniek en interessant te hou en die beste manier om lesers te trek. Ek probeer dieselfde. Die nadeel van blote vertalings is op die hand liggend: Die Engelse artikel se ontwikkeling gaan aan, terwyl ons nie die mannekrag het om by te hou nie en die artikel het later moontlik verouderde inhoud. As jy self 'n nuwe artikel volgens bronne skep, sit jy nooit met dié probleem nie. Groete. --
SpesBona 11:50, 6 Oktober 2026 (UTC)
- Ja, die liewe Voyageur (R.I.V.) het hom altyd daarvoor beywer om hier ensiklopediese inligting te plaas wat nie op die Engelse Wikipedia beskikbaar is nie. Myns insiens is dit die perfekte pad om ons Wikipedia uniek en interessant te hou en die beste manier om lesers te trek. Ek probeer dieselfde. Die nadeel van blote vertalings is op die hand liggend: Die Engelse artikel se ontwikkeling gaan aan, terwyl ons nie die mannekrag het om by te hou nie en die artikel het later moontlik verouderde inhoud. As jy self 'n nuwe artikel volgens bronne skep, sit jy nooit met dié probleem nie. Groete. --
Agentiese KI en Wikipedia
[wysig bron]Die sterkste teken van die afgelope 24 uur is dat die oorgang na agent-gedrewe aktiwiteit verskuif het van blote voorspelling na waarneembare druk op infrastruktuur. Die Wikimedia-stigting meld dat eksperimentele OpenAI-agente miljoene Wikimedia-bladsye besoek en honderde duisende navrae uitgevoer het; hulle het moontlik bygedra tot 'n gedeeltelike onderbreking van die Wikidata-navraagdiens en ongemagtigde wysigings aangebring – insluitend veranderinge aan 'n verwysingshulpmiddel wat moontlik kwaadwillig van aard was.
Sien https://www.theverge.com/news/1004929/wikipedia-openai-rogue-bots-wikimedia-foundation-outage Sobaka (kontak) 08:15, 6 Oktober 2026 (UTC)
- @Sobaka:, sien Outomatiese besoeke miskien deel daarvan? Groete! Oesjaar
- Dankie vir die skakel Oesjaar. Dink nie die geweldige styging in Desember en Januarie kan aan die bogenoemde toegeskryf word nie, die voorvalle waarna die Stigting verwys het in Mei 2026 plaasgevind. Mei se statistieke op die Afrikaanse Wikipedia lyk normaal so ek glo ons het dit die keer vrygespring. Ek is seker die Desember/Januarie styging was een of ander bot verwante aktiwiteite maar agentiese-KI was toe nog in sy kinderskoene, maar word duidelik baie gou groot! Sobaka (kontak) 08:43, 6 Oktober 2026 (UTC)
- KI gaan ons nog baie pyn en lyding veroorsaak. Gaan maar na elke nag jou banksaldo ook na, een van hierdie dae verdwyn dit soos petrol uit jou kar se tenk. En wie moet ons bedank, die gekloonde poppe van die kuberruimte!
Aliwal2012 09:19, 6 Oktober 2026 (UTC)
- KI gaan ons nog baie pyn en lyding veroorsaak. Gaan maar na elke nag jou banksaldo ook na, een van hierdie dae verdwyn dit soos petrol uit jou kar se tenk. En wie moet ons bedank, die gekloonde poppe van die kuberruimte!
- Dankie vir die skakel Oesjaar. Dink nie die geweldige styging in Desember en Januarie kan aan die bogenoemde toegeskryf word nie, die voorvalle waarna die Stigting verwys het in Mei 2026 plaasgevind. Mei se statistieke op die Afrikaanse Wikipedia lyk normaal so ek glo ons het dit die keer vrygespring. Ek is seker die Desember/Januarie styging was een of ander bot verwante aktiwiteite maar agentiese-KI was toe nog in sy kinderskoene, maar word duidelik baie gou groot! Sobaka (kontak) 08:43, 6 Oktober 2026 (UTC)
Ons Flora projek.
[wysig bron]Gemeenskap, ons flora foto projek groei konstant. Prof. Van Wyk het reeds ongeveer 26,000 foto's gelaai. Die Kategorie:Flora van Suid-Afrika is nou reeds 10,237 artikels groot. Lekker om te kan sê, baie groter as die magtige Engelse Wikipedia. Beplanning vir die toekoms; daar is tans 'n Kategorie:Flora van Amerika. Dink julle ons moet 'n Kategorie:Flora van Deelstaat vir al 50 deelstate van Amerika skep wat dan gekoppel is aan Kategorie:Flora van Amerika. Die Engelse doen dit nie so nie. Miskien dieselfde vir Australië. Dit gaan vir persone wat navorsing doen oor die voorkoms van plante van groot waarde wees. Julle gedagtes... @BurgertB, JMK, Rooiratel, Jcwf, Sobaka, en Pynappel: Groete! Oesjaar (kontak) 19:44, 6 Oktober 2026 (UTC)
- Klink reg, want daai deelstate is groot gebiede wat baie van mekaar verskil. JMK (kontak) 13:05, 7 Oktober 2026 (UTC)
'n Bakkiesblad spesialis..
[wysig bron]Gemeenskap, die persoon wat ons FB blad bygewerk het, het verdwyn. Ons moet die voorblad opdateer sodat dit 131,000 wys. Wie kan help? Groete! Oesjaar (kontak) 19:46, 6 Oktober 2026 (UTC)
[geselsie geskuif na die artikel se besprekingsbladsy]
Voorstel vir sjabloon:intertaalskakel2
[wysig bron]Ek dink daar is moontlik ruimte vir 'n nuwe soort intertaalskakel wat deur Wikidata aangedryf is, eerder as deur spesifieke tale wat deur die oorspronklike redigeerder gekies is. Woorde wat die nuwe skakel gebruik sal groen wees. Gestel byvoorbeeld ons het die kode "{{intertaalskakel2|wadinxveen|Q826048}}" gebruik; sal Wadinxveen op die skerm verskyn. As ons op die teks klik, sals hierdie aftreklys verskyn:
Hierdie lys word deur Wikidata aangedryf, waar Waddinxveen die kode "Q826048" het. Ons kan op enige weergawe klik om die artikel in daardie taal te lees. Indien 'n artikel in Afrikaans beskikbaar is, sal dit ook vertoon word. As ons op "..." klik, word die taalkeuse uitgebrei om alle Wikipedia-weergawes wat hierdie artikel bevat, in te sluit (42 in die geval van Waddinxveen). Die verstektaalopsies vir Afrikaans is Afrikaans, Duits, Engels, Frans en Nederlands". Ander tale sal 'n ander stel verstektale hê (die taal self en vier vreemde tale).
Meen die gemeenskap dat dit die moeite werd is om so 'n hulpmiddel verder te ontwikkel? Martinvl (kontak) 20:50, 6 Oktober 2026 (UTC)
- Klink vir my na 'n goeie idee! – 🍍 Pynappel (kontak) 21:16, 6 Oktober 2026 (UTC)
Verwysings met eksterne skakels
[wysig bron]Gemeenskap, ek was nog altyd onder die indruk dat skakels met eksterne skakels nie toegelaat word nie. Wat het verander of het die ouderdom my ingehaal. Sien Swem in Suid-Afrika. Hoekom word dit nie eerder as verwysings gebruik nie? Dit beteken dan dat 'n artikel glad verwysings hoef te gebruik nie. Hoe gaan sulke skakels hanteer word wat skakel na ander tale wat ons nie verstaan nie? Sien die sin uit Swem: By die 1956-spele in Melbourne wen die Springbok dames 4x100 vryslagaflos die brons medalje – Natalie Ann Myburgh, Susan Elizabeth Roberts, Miora Abernethy and Jeanette Evelyn Myburgh, met die goud gewen deur Australië, gelei deur Dawn Fraser, en die VSA tweede. Hoekom kan daardie eksterne skakels nie as verwysings gebruik word nie? Volgens watter beleidsdokument word dit toegelaat?
Groete! Oesjaar (kontak) 13:33, 7 Oktober 2026 (UTC)
- @Oesjaar
- > ek was nog altyd onder die indruk dat skakels met eksterne skakels nie toegelaat word nie.
- Stem heeltemal saam.
- > Hoekom word dit nie eerder nie as verwysings gebruik nie?
- Dit is presies wat ek gedoen het om die artikel reg te maak.
- Onthou nuwelinge weet nie altyd hoe om alles hier korrek te doen nie. - Rooiratel (kontak) 13:57, 7 Oktober 2026 (UTC)
- Ons het nou moontlik 'n gebruiker verloor omdat jy dadelik al sy veranderings teruggerol en die bladsy beskerm het, eerder as om vir hom te wys wat die korrekte manier is. - Rooiratel (kontak) 14:05, 7 Oktober 2026 (UTC)
Wikidata Sitelink changes in Recent Changes and Watchlist
[wysig bron](Apologies for cross-posting in English, translating it will help spread the message)
Earlier last month, all Wikis were contacted for feedback on our proposal to remove language link changes, this change has already been deployed to Wikisource, Wikibooks, Wikivoyage, Wikiquote, Wikiversity and Wiktionary.
The same change is now being rolled out globally to all Wikipedias on October 13, 07:00 UTC. Editors will no longer see notifications after this time on their Recent Changes and Watchlist when a link to another language version of a page is added, removed, or changed in its Wikidata item (it does not affect language link notifications to the home wiki). There will then be a two-week monitoring period to observe if a reduction of high-volume but low-value notifications takes place, or if higher-value changes become easier to identify. Editors who rely on these notifications should be aware of the change and can share feedback or concerns on the Wikidata For Wikimedia Projects talk page.
Wikidata's own Recent Changes page is not affected as it serves as the repository for these changes.
Please reach out if you have any questions, or if your wiki would like to opt-out, thank you! -- Danny Benjafield (WMDE) (talk) sent via MediaWiki message delivery (kontak) 09:28, 9 Oktober 2026 (UTC)
- Slim manne, hoe raak dit ons as gebruikers? Groete! Oesjaar (kontak) 09:55, 9 Oktober 2026 (UTC)
Shaft horsepower
[wysig bron]Gemeenskap, wat is die korrekte Afrikaanse woord: dryfasperdekrag? Groete! Oesjaar (kontak) 19:22, 9 Oktober 2026 (UTC)
- Is dit asdrywing? Sien:https://www.samsa.org.za/api/api/File/view/6N1%2BU4iswrrUbf8d7Zz6uA%3D%3D
- Nederlands het asvermogen. Jcwf (kontak) 23:43, 9 Oktober 2026 (UTC)
Skenking van Gebruiker:Gaius le Roux
[wysig bron]Gemeenskap, sien die berig op ons Bakkiesblad: Skenking. Baie dankie aan Gebruiker:Gaius le Roux vir sy skenking! Groete! Oesjaar (kontak) 15:33, 11 Oktober 2026 (UTC)
- @Oesjaar, dit was 'n plesier om die skenking te doen. 'n Openbare liggaam soos Viva was die regte plek vir die boeke! Hulle sal dit hopelik goed kan gebruik. Daar is net een regstelling wat jy asseblief moet doen, as jy kan: ek het onder andere by Transnet gewerk, nie Transtel nie. Groete Gaius le Roux (kontak) 15:58, 11 Oktober 2026 (UTC)
- @Gaius le Roux: reggemaak! Groete! Oesjaar (kontak) 16:17, 11 Oktober 2026 (UTC)
- @Oesjaar: :) Terwyl julle so oor Viva praat... ek wil net graag weet oor daardie meningspeiling wat vroeër vanjaar Januarie/Februarie van stapel gestuur is deur hierdie liggaam (in opdrag van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns), rondom die digitale lewenskragtigheid van Afrikaans. Gewoonlik het hulle gevra - gebruik jy Afrikaans op jou foon, op jou rekenaar, sosiale media, und so weiter. Net, persentasiegewys: hoe ver is hulle min of meer? Dis nie haastig nie, as hulle nou eers by 9% of 25% sou trek, is dit goed te verstane - jy kan nie oplossings uit die lug gryp nie - goeie goed in die lewe moet lank marineer, maar net nie in die sop vergeet word nie. Ek probeer net die vlam van die Vestaalse maagde aan die brand hou - soos my nuuskierigheid. Suidpunt (kontak) 20:02, 11 Oktober 2026 (UTC)
- Dankie, @Oesjaar, ek waardeer dit! Groete Gaius le Roux (kontak) 04:29, 12 Oktober 2026 (UTC)
- @Gaius le Roux: reggemaak! Groete! Oesjaar (kontak) 16:17, 11 Oktober 2026 (UTC)
