Sokker-Wêreldbeker

internasionale vereniging sokkerkompetisie wat deur die senior mans nasionale span meegeding word
Hierdie artikel handel oor die manssokkertoernooi. Vir die artikel oor die vrouesokkertoernooi, sien Vrouesokkerwêreldbeker.

Die FIFA Sokker-Wêreldbeker (Engels: FIFA World Cup) is 'n sokkerwêreldkampioenskapstoernooi wat al om die vier jaar tussen internasionale mansspanne (wat lede van FIFA is) beslis word. Die toernooi is gereeld al om die vier jaar aangebied sedert dit vir die eerste keer in 1930 in Uruguay beslis is, met die uitsondering van 1942 en 1946 toe dit weens die Tweede Wêreldoorlog nie kon plaasvind nie. Die huidige verdedigende wêreldkampioen is Spanje wat die 2026-toernooi in Kanada, Meksiko en die Verenigde State gewen het.

FIFA Sokker-Wêreldbeker
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2030
Beskrywing.
Kenteken van die FIFA Sokker-Wêreldbeker

Sportsoort Sokker
Gestig 1930
Eienaar FIFA
Inwydingseisoen 1930
Deelnemende lande wêreldwyd
Aantal spanne 48
Mees onlangse kampioen Vlag van Spanje Spanje (2026)
Verwante kompetisies Vrouesokkerwêreldbeker
Die FIFA Sokker-Wêreldbekertrofee waarom sedert 1974 meegeding word
Die Jules Rimet-trofee waarom van 1930 tot 1970 meegeding is

Die huidige formaat van die kampioenskap behels 48 spanne wat om die titel meeding in stadions van die gasheerland(e) oor 'n periode van ongeveer meer as een maand. Hierdie fase word gewoonlik die Wêreldbekereindrondte of Wêreldbekerfinale genoem. Die kwalifiserende fase vind oor 'n periode van twee jaar voor die afskop plaas waartydens besluit word watter spanne kwalifiseer. Die gasheerland(e) kry sedert 1938 'n outomatiese plasing; slegs die gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934, Italië, moes aan die destydse kwalifisering deelneem. Die verdedigende kampioen het van 1938 tot 2006 ook die reg van regstreekse kwalifisering geniet. Interessant genoeg was die verdedigende kampioen nooit die gasheer van die volgende toernooi nie, dus was daar altyd minstens twee spanne wat regstreeks gekwalifiseer het.

Oor die 22 toernooie wat tot dusver aangebied is, het agt lande reeds die titel ingepalm. Brasilië het 'n rekord vyf keer gewen en is ook die enigste span wat tot dusver aan al die toernooie deelgeneem het. Duitsland en Italië het elk vier keer gewen. Die ander wenners sluit in Argentinië met drie titels, Frankryk, Spanje en Uruguay met twee titels elk, en Engeland met een titel. Ander lande wat gereeld meeding soos België, Meksiko en Nederland kon nog nie daarin slaag om die beker in te palm nie. Tot dusver het slegs spanne uit Europa en Suid-Amerika met die trofee weggestap.

Die toernooie word as die sportbyeenkoms met die meeste kykers ter wêreld beskou met ongeveer 715,1 miljoen mense wat in 2006 na die eindwedstryd in Duitsland gekyk het.[1] Die suksesvolste toernooi tot dusver was die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1994 in die Verenigde State met 'n bywoning van amper 69 000 toeskouers per wedstryd.[2]

Die volgende wêreldbekertoernooi sal met die eeufeesviering in 2030 nes die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1930 weer in Montevideo plaas, waarna die toernooi na Marokko, Portugal en Spanje verskuif.

Uitslae

wysig
Jaar Land(e) Finale Derde plek
Wenner Telling Tweede plek Derde plek Telling Vierde plek Deelnemende lande
1930
Oorsig
Vlag van Uruguay Uruguay Vlag van Uruguay Uruguay 4:2 Vlag van Argentinië Argentinië Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State Vlag van Joego-Slawië Joego-Slawië 13
1934
Oorsig
Vlag van Italië Italië Vlag van Italië Italië 2:1 e. T. Flag of Czechoslovakia Tsjeggo-Slowakye Vlag van Nazi-Duitsland Nazi-Duitsland 3:2 Vlag van Oostenryk Oostenryk 16
1938
Oorsig
Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Italië Italië 4:2 Vlag van Hongarye Hongarye Vlag van Brasilië Brasilië 4:2 Vlag van Swede Swede 16
1950
Oorsig
Vlag van Brasilië Brasilië Vlag van Uruguay Uruguay 2:1 Vlag van Brasilië Brasilië Vlag van Swede Swede 3:1 Vlag van Spanje Spanje 13/16
1954
Oorsig
Vlag van Switserland Switserland Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland 3:2 Vlag van Hongarye Hongarye Vlag van Oostenryk Oostenryk 3:1 Vlag van Uruguay Uruguay 16
1958
Oorsig
Vlag van Swede Swede Vlag van Brasilië Brasilië 5:2 Vlag van Swede Swede Vlag van Frankryk Frankryk 6:3 Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland 16
1962
Oorsig
Vlag van Chili Chili Vlag van Brasilië Brasilië 3:1 Flag of Czechoslovakia Tsjeggo-Slowakye Vlag van Chili Chili 1:0 Vlag van Joego-Slawië Joego-Slawië 16
1966
Oorsig
Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland 4:2 e. T. Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland Vlag van Portugal Portugal 2:1 Vlag van Sowjetunie Sowjetunie 16
1970
Oorsig
Vlag van Meksiko Meksiko Vlag van Brasilië Brasilië 4:1 Vlag van Italië Italië Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland 1:0 Vlag van Uruguay Uruguay 16
1974
Oorsig
Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland 2:1 Vlag van Nederland Nederland Vlag van Pole Pole 1:0 Vlag van Brasilië Brasilië 16
1978
Oorsig
Vlag van Argentinië Argentinië Vlag van Argentinië Argentinië 3:1 e. T. Vlag van Nederland Nederland Vlag van Brasilië Brasilië 2:1 Vlag van Italië Italië 16
1982
Oorsig
Vlag van Spanje Spanje Vlag van Italië Italië 3:1 Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland Vlag van Pole Pole 3:2 Vlag van Frankryk Frankryk 24
1986
Oorsig
Vlag van Meksiko Meksiko Vlag van Argentinië Argentinië 3:2 Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland Vlag van Frankryk Frankryk 4:2 e. T. Vlag van België België 24
1990
Oorsig
Vlag van Italië Italië Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland 1:0 Vlag van Argentinië Argentinië Vlag van Italië Italië 2:1 Vlag van Engeland Engeland 24
1994
Oorsig
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State Vlag van Brasilië Brasilië 0:0 e. T.
3:2 n. S.
Vlag van Italië Italië Vlag van Swede Swede 4:0 Vlag van Bulgarye Bulgarye 24
1998
Oorsig
Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Frankryk Frankryk 3:0 Vlag van Brasilië Brasilië Vlag van Kroasië Kroasië 2:1 Vlag van Nederland Nederland 32
2002
Oorsig
Vlag van Suid-Korea Suid-Korea
Vlag van Japan Japan
Vlag van Brasilië Brasilië 2:0 Vlag van Duitsland Duitsland Vlag van Turkye Turkye 3:2 Vlag van Suid-Korea Suid-Korea 32
2006
Oorsig
Vlag van Duitsland Duitsland Vlag van Italië Italië 1:1 e. T.
5:3 n. S.
Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Duitsland Duitsland 3:1 Vlag van Portugal Portugal 32
2010
Oorsig
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Vlag van Spanje Spanje 1:0 e. T. Vlag van Nederland Nederland Vlag van Duitsland Duitsland 3:2 Vlag van Uruguay Uruguay 32
2014
Oorsig
Vlag van Brasilië Brasilië Vlag van Duitsland Duitsland 1:0 e. T. Vlag van Argentinië Argentinië Vlag van Nederland Nederland 3:0 Vlag van Brasilië Brasilië 32
2018
Oorsig
Vlag van Rusland Rusland Vlag van Frankryk Frankryk 4:2 Vlag van Kroasië Kroasië Vlag van België België 2:0 Vlag van Engeland Engeland 32
2022
Oorsig
Vlag van Katar Katar Vlag van Argentinië Argentinië 3:3 e. T.
4:2 n. S.
Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Kroasië Kroasië 2:1 Vlag van Marokko Marokko 32
2026
Oorsig
Vlag van Kanada Kanada
Vlag van Meksiko Meksiko
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Vlag van Spanje Spanje 1:0 e. T. Vlag van Argentinië Argentinië Vlag van Engeland Engeland 6:4 Vlag van Frankryk Frankryk 48
2030
Oorsig
Vlag van Marokko Marokko
Vlag van Portugal Portugal
Vlag van Spanje Spanje
Gashere vir die drie openingswedstryde:
Vlag van Argentinië Argentinië
Vlag van Paraguay Paraguay
Vlag van Uruguay Uruguay
48
2034
Oorsig
Vlag van Saoedi-Arabië Saoedi-Arabië 48

Statistiek

wysig
Beste uitslae van deelnemende lande
PlekLandTitelWêreldbeker
1
Vlag van Brasilië Brasilië 5 1958, 1962, 1970, 1994, 2002
2
Vlag van Duitsland Duitsland 4 1954, 1974, 1990, 2014
Vlag van Italië Italië 4 1934, 1938, 1982, 2006
4
Vlag van Argentinië Argentinië 3 1978, 1986, 2022
5
Vlag van Spanje Spanje 2 2010, 2026
Vlag van Frankryk Frankryk 2 1998, 2018
Vlag van Uruguay Uruguay 2 1930, 1950
8
Vlag van Engeland Engeland 1 1966

Eerste deelnames

wysig

Trivia

wysig
Stelling Speler Span Periode
Meeste deelnames Vlag van Brasilië Brasilië 1930 – hede (het aan al die toernooie deelgeneem)
Meeste doelpunte aangeteken Kylian Mbappé (22 doele) Vlag van Frankryk Frankryk 2018–2026
Meeste doelpunte aangeteken tydens 'n Wêreldbeker Just Fontaine (13 doele) Vlag van Frankryk Frankryk 1958

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. ↑ (en) "2006 FIFA World Cup broadcast wider, longer and farther than ever before". FIFA. 6 Februarie 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Maart 2015. Besoek op 13 Junie 2018.
  2. ↑ (en) "FIFA World Cup competition records" (PDF). FIFA. p. 2. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 12 April 2019. Besoek op 17 Junie 2018.

Bronnelys

wysig

Eksterne skakels

wysig