Azteca-stadion
| Azteca-stadion Estadio Azteca | ||
Die Azteca-stadion in 2026 | ||
| Bynaam | El Coloso de Santa Úrsula “Die Kolos van Sint Ursula” | |
|---|---|---|
| Ligging | Coyoacán, Meksikostad, Meksiko | |
| Koördinate | 19°18′10.8″N 99°9′1.8″W / 19.303000°N 99.150500°W | |
| Eienaar | Televisa | |
| Operateur | Ollamani, S.A.B. | |
| Kapasiteit | 87 523 80 824 (FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026) 114 600 (FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986) 107 247 (FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970) | |
| Oppervlak | GrassMaster Hibride gras | |
| Konstruksie | ||
| Eerste sooi gespit | 1961 | |
| Gebou | 1961–1966 | |
| Geopen | 29 Mei 1966 | |
| Renovasie | 1986, 1999, 2013, 2016, 2024–2026 | |
| Boukoste | MXN$260 miljoen | |
| Argitek | Pedro Ramírez Vázquez, Rafael Mijares Alcérreca | |
| Huurders | ||
| Club América (1966–hede) Cruz Azul (1971–1996, 2018–2023, 2026–hede) Meksikaanse nasionale sokkerspan (1966–hede; sekere wedstryde) Necaxa (1966–1971, 1982–2003) Atlante (1966–1982, 1996–2001, 2004–2007, 2026–hede) Atlético Español (1971–1982) | ||
Die Azteca-stadion (Spaans: Estadio Azteca, [esˈtaðjo asˈteka]), om borgskapredes bekend as Estadio Banorte, is ’n sokkerstadion in die voorstad Coyoacán van Meksikostad.[1] Dit is die amptelike tuiste van die sokkerspan Club América, asook van die Meksikaanse nasionale span. Die stadion lê 2 200 m bo seevlak.[2] Met ’n kapasiteit van 87 523 is dit die grootste stadion in Latyns-Amerika en die agtste grootste sokkerstadion ter wêreld.

Die stadion word beskou as een van die bekendste en mees ikoniese sokkerstadions ter wêreld en dit is die eerste wat twee FIFA Sokker-Wêreldbekereindstryde aangebied het: die 1970-eindstryd, waartydens Brasilië vir Italië met 4–1 geklop het, en die 1986-eindstryd, wat Argentinië met 3–2 teen Wes-Duitsland gewen het.[3][4][5][6][7][8] Dit was ook die plek van die beroemde kwarteindstryd in 1986 tussen Argentinië en Engeland waarin Diego Maradona beide die “Hand van God”-doel en die “Doel van die Eeu” aangeteken het. Die Azteca-stadion is die enigste sokkerstadion in die wêreld waar Pelé (in 1970) en Diego Maradona (in 1986) die FIFA Wêreldbekertrofee gewen het en daarmee ook beide Argentinië en Brasilië.
Die stadion het ook die “Wedstryd van die Eeu” gehuisves toe Italië vir Wes-Duitsland met 4–3 in ekstra tyd geklop het in een van die 1970-halfeindstryde. Verder was dit die hoofstadion vir die sokkertoernooi van die Olimpiese Somerspele 1968 en die Vrouesokkerwêreldbeker 1971, waar die eindstryd tussen Denemarke en Meksiko beslis is voor 115 000 toeskouers, wat ’n toeskouerrekord in dié tyd vir ’n vrouesokkerwedstryd was.[9]
Die stadion is tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026 gebruik, insluitend die openingswedstryd tussen Meksiko en Suid-Afrika, waarmee dit die eerste stadion geword het wat tydens drie FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooie gebruik is.[10]
Daarbenewens bied die National Football League (NFL) jaarliks ’n Amerikaanse voetbal-wedstryd op die stadion aan as deel van sy International Series.
Fotogalery
[wysig | wysig bron]Wedstryde
[wysig | wysig bron]Olimpiese Somerspele 1968
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Olimpiese Somerspele 1968.
| Datum | Tyd (UTC-6) | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
|---|---|---|---|---|---|---|
| 13 Oktober 1968 | 12:00 (CDT) | 1–0 | Groep A | onbekend | ||
| 14 Oktober 1968 | 15:30 (CDT) | 1–0 | Groep B | onbekend | ||
| 15 Oktober 1968 | 15:30 (CDT) | 4–1 | Groep A | onbekend | ||
| 16 Oktober 1968 | 15:30 (CDT) | 3–0 | Groep B | onbekend | ||
| 17 Oktober 1968 | 15:30 (CDT) | 4–0 | Groep A | onbekend | ||
| 18 Oktober 1968 | 15:30 (CDT) | 0–0 | Groep B | onbekend | ||
| 20 Oktober 1968 | 12:00 (CDT) | 3–1 | Kwarteindrondte | onbekend | ||
| 22 Oktober 1968 | 12:00 (CDT) | 5–0 | Halfeindrondte | onbekend | ||
| 24 Oktober 1968 | 12:00 (CDT) | 2–0 | Bronsmedalje-wedstryd | 105 000 | ||
| 26 Oktober 1968 | 12:00 (CST) | 1–4 | Goue medalje-wedstryd | 75 000 |
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970.
| Datum | Tyd (UTC-5) | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
|---|---|---|---|---|---|---|
| 31 Mei 1970 | 12:00 (CST) | 0–0 | Groep 1 | 107 160 | ||
| 3 Junie 1970 | 16:00 (CST) | 3–0 | 92 205 | |||
| 6 Junie 1970 | 16:00 (CST) | 4–1 | 95 261 | |||
| 7 Junie 1970 | 12:00 (CST) | 4–0 | 103 058 | |||
| 10 Junie 1970 | 16:00 (CST) | 2–0 | 89 979 | |||
| 11 Junie 1970 | 16:00 (CST) | 1–0 | 108 192 | |||
| 14 Junie 1970 | 12:00 (CST) | 0–1 | Kwarteindrondte | 26 085 | ||
| 17 Junie 1970 | 16:00 (CST) | 4–3 | Halfeindrondte | 102 444 | ||
| 20 Junie 1970 | 16:00 (CST) | 0–1 | Klein finale | 104 403 | ||
| 21 Junie 1970 | 12:00 (CST) | 4–1 | Eindstryd | 107 412 |
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986.
| Datum | Tyd (UTC-5) | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
|---|---|---|---|---|---|---|
| 31 Mei 1986 | 12:00 (CST) | 1–1 | Groep A | 96 000 | ||
| 3 Junie 1986 | 12:00 (CST) | 1–2 | Groep B | 110 000 | ||
| 7 Junie 1986 | 12:00 (CST) | 1–1 | 114 600 | |||
| 11 Junie 1986 | 12:00 (CST) | 0–1 | 103 763 | |||
| 15 Junie 1986 | 12:00 (CST) | 2–0 | Agtste eindrondte | 114 560 | ||
| 18 Junie 1986 | 12:00 (CST) | 3–0 | 98 728 | |||
| 22 Junie 1986 | 12:00 (CST) | 2–1 | Kwarteindrondte | 114 580 | ||
| 25 Junie 1986 | 16:00 (CST) | 2–0 | Halfeindrondte | 114 500 | ||
| 29 Junie 1986 | 12:00 (CST) | 3–2 | Eindstryd | 114 600 |
FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1999
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1999.
| Datum | Tyd (UTC-5) | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
|---|---|---|---|---|---|---|
| 25 Julie 1999 | 12:00 (CST) | 2–2 | Groep A | 85 000 | ||
| 25 Julie 1999 | 14:30 (CST) | 5–1 | Groep A | 85 000 | ||
| 27 Julie 1999 | 18:00 (CST) | 0–0 | Groep A | 65 000 | ||
| 27 Julie 1999 | 20:30 (CST) | 2–2 | Groep A | 65 000 | ||
| 29 Julie 1999 | 18:00 (CST) | 1–5 | Groep A | 15 000 | ||
| 29 Julie 1999 | 20:30 (CST) | 1–0 | Groep A | 55 000 | ||
| 1 Augustus 1999 | 12:00 (CST) | 1–0 (e.t.) | Halfeindrondte | 82 000 | ||
| 4 Augustus 1999 | 21:00 (CST) | 4–3 | Eindstryd | 110 600 |
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026.
| Datum | Tyd (UTC-5) | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
|---|---|---|---|---|---|---|
| 11 Junie 2026 | 13:00 (CST) | 2–0 | Groep A | 80 824 | ||
| 17 Junie 2026 | 20:00 (CST) | 1–3 | Groep K | 80 824 | ||
| 24 Junie 2026 | 19:00 (CST) | 0–3 | Groep A | 80 824 | ||
| 30 Junie 2026 | 19:00 (CST) | 2–0 | 16de eindrondte | 80 824 | ||
| 5 Julie 2026 | 18:00 (CST) | 2–3 | Agtste eindrondte | 80 824 |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) Chris Mann (24 November 2009). "The 10 largest football stadiums in the world". Sports Lens. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 November 2009. Besoek op 26 November 2009.
- ↑ (en) Jeré Longman (10 Augustus 2009). "In Mexico, a Soccer Stadium Where Visitors Gasp". The New York Times. Besoek op 22 April 2017.
- ↑ (en) Richard Morgan. "Ranking the Top 10 Most Iconic Stadiums in World Football". Bleacher Report. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 September 2016. Besoek op 14 September 2016.
- ↑ (en) "Classic Stadium: Estadio Azteca". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2014. Besoek op 16 Julie 2014.
- ↑ (en) Tony Smart. "10 of the world's best sports venues". CNN. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Augustus 2017. Besoek op 8 Augustus 2017.
- ↑ (en) Martin Mazur. "FourFourTwo's 100 Best Football Stadiums in the World: No.4". FourFourTwo. Besoek op 13 November 2015.
- ↑ (en) Aaron Gordon (9 April 2013). "Mexico wins Mexican-American stadium war". Buzzfeed. Besoek op 9 April 2013.
- ↑ (en) "Mexico's historical stadium". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Desember 2012. Besoek op 16 Desember 2012.
- ↑ (da) "Den glemte triumf: Da Danmark blev verdensmester i 1971". fodboldforpiger.dk. 25 Maart 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Augustus 2020. Besoek op 9 Augustus 2020.
- ↑ (en) Sebastian Mikkelsen (28 September 2023). "FIFA World Cup 2026: Full list of stadiums for the men's event in Canada, Mexico, and the United States". Internasionale Olimpiese Komitee. Besoek op 29 Julie 2026.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]| Wikimedia Commons bevat media in verband met Azteca-stadion. |
- (en) (es) Amptelike webwerf
- (en) FIFA.com – Inligting oor die stadion