Gaan na inhoud

Vrouesokkerwêreldbeker 1995

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Vrouesokkerwêreldbeker
Världsmästerskapet i fotboll för damer 1995
Toernooi-inligting
Gasheerland Vlag van Swede Swede
Datums 5–18 Junie
Spanne 12 (van 6 konfederasies)
Stadions 5 (in 5 stede)
Finale uitslag
Kampioene Vlag van Noorweë Noorweë (1 titel)
Tweede plek Vlag van Duitsland Duitsland
Derde plek Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Vierde plek Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 26
Doele 99 (3.81 per wedstryd)
Bywoning 112 213 (4 316 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Noorweë Ann Kristin Aarønes (6 doele)
Beste speler Vlag van Noorweë Hege Riise
← 1991
1999 →

Die Vrouesokkerwêreldbeker 1995 (Sweeds: Världsmästerskapet i fotboll för damer 1995; Engels: FIFA Women’s World Cup) is van 5 tot 18 Junie 1995 in Swede beslis. Dit was die tweede vrouesokkerwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse vrouesokkerwêreldkampioenskap wat deur FIFA aangebied word en die eerste in Europa. Swede het voorheen die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958 aangebied, waarmee dit die eerste land geword het om ’n sokkerwêreldbekertoernooi vir beide mans en vroue aan te bied.

Twaalf nasionale vrouesokkerspanne het aan die Vrouesokkerwêreldbeker 1995 deelgeneem. Die spanne is in drie groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep en die twee beste derde-plek-spanne na die kwarteindrondte deurgedring het. Noorweë het die trofee gewen nadat hulle Duitsland met 2–0 in die eindstryd geklop en sodoende hul eerste vrouewêreldbekertitel ingepalm het. Hulle het ook die eerste Europese span geword wat daarin geslaag het. Die verdedigende kampioen die Verenigde State het in die derde en die Volksrepubliek China in die vierde plek geëindig. Die Vrouesokkerwêreldbeker 1995 het ook as kwalifisering vir die Olimpiese Somerspele 1996 se vrouesokkertoernooi gedien met die agt kwartfinaliste wat gekwalifiseer het.

Die Suid-Afrikaanse nasionale vrouesokkerspan het nie vir die toernooi gekwalifiseer nie en dus nie daaraan deelgeneem nie. Die nasionale vrouesokkerspanne van Australië, Engeland en Kanada het vir die eerste keer aan ’n vrouesokkerwêreldbekertoernooi deelgeneem. Die wedstryde se lengte is verander na die gewone 90 minuut en drie punte is vir ’n oorwinning toegeken.[1] Dit was die laaste toernooi met die aantal van twaalf nasionale vrouesokkerspanne; vir die daaropvolgende Vrouesokkerwêreldbeker 1999 in die Verenigde State is die aantal tot 16 vermeerder.

Toewysing

[wysig | wysig bron]

FIFA het oorspronklik Bulgarye as gasheer van die Vrouesokkerwêreldbeker 1995 aangewys, maar dié land moes van sy gasheerregte afstand doen. Daarna is Swede as gasheerland aangewys.

Kwalifisering

[wysig | wysig bron]

Soos by die eerste Vrouesokkerwêreldbeker 1991 het twaalf lande aan die Vrouesokkerwêreldbeker 1995 deelgeneem. Elkeen van die ses vastelandse konfederasies is deur minstens een nasionale vrouespan verteenwoordig.

Span Verskynings by eindstryde Agtereenvolgende deelnames Laaste verskyning Vorige beste prestasie
Vlag van Australië Australië 1ste1–Debuut
Vlag van Brasilië Brasilië 2de21991Groepfase (1991)
Vlag van Denemarke Denemarke 2de21991Kwarteindrondte (1991)
Vlag van Duitsland Duitsland 2de21991Vierde plek (1991)
Vlag van Engeland Engeland 1ste1–Debuut
Vlag van Japan Japan 2de21991Groepfase (1991)
Vlag van Kanada Kanada 1ste1–Debuut
Vlag van Nigerië Nigerië 2de21991Groepfase (1991)
Vlag van Noorweë Noorweë 2de21991Naaswenner (1991)
Vlag van Swede Swede 2de21991Derde plek (1991)
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 2de21991Kampioen (1991)
Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China 2de21991Kwarteindrondte (1991)

Stadions

[wysig | wysig bron]

Wedstryde is in die volgende stede gespeel:

Solna (Stockholm)
Vrouesokkerwêreldbeker 1995 (Suid-Sweden)
Helsingborg
Råsunda-stadion Olympia
59°21′46″N 17°59′46.7″O / 59.36278°N 17.996306°O / 59.36278; 17.996306 (Råsunda-stadion) 56°2′59.8″N 12°42′24.5″O / 56.049944°N 12.706806°O / 56.049944; 12.706806 (Olympia)
Kapasiteit: 36 800 Kapasiteit: 17 200
Gävle Karlstad Västerås
Strömvallen Tingvalla IP Arosvallen
60°40′22″N 17°7′43″O / 60.67278°N 17.12861°O / 60.67278; 17.12861 (Strömvallen) 59°23′12″N 13°29′37″O / 59.38667°N 13.49361°O / 59.38667; 13.49361 (Tingvalla IP) 59°37′13.2″N 16°32′26.3″O / 59.620333°N 16.540639°O / 59.620333; 16.540639 (Arosvallen)
Kapasiteit: 7 300 Kapasiteit: 5 000 Kapasiteit: 10 000

Formaat

[wysig | wysig bron]

Die Vrouesokkerwêreldbeker 1995 is oor 14 dae tussen twaalf verskillende lande oor 26 wedstryde beslis. Dit het op 5 Junie 1995 op Tingvalla IP in Karlstad met die openingswedstryd tussen Duitsland en Japan afgeskop. Die toernooi het geëindig op die Råsunda-stadion in Solna op 18 Junie met die eindstryd tussen Noorweë en Duitsland, waartydens Noorweë die Vrouesokkerwêreldbekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die Vrouesokkerwêreldbeker 1991 gebruik.

Kalender

[wysig | wysig bron]

Die volgende tabel dui die Vrouesokkerwêreldbeker 1995 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
Junie
Ma
5
Di
6
Wo
7
Do
8
Vr
9
Sa
10
Seremonies OS
Groep A 2 2 2
Groep B 2 2 2
Groep C 2 2 2
Uitklopfase
Junie
So
11
Ma
12
Di
13
Wo
14
Do
15
Vr
16
Sa
17
So
18
Seremonies SS
Uitklopfase 4 2 1 1
Verklaring

   Seremonies

   Groepwedstryde

   Uitklopfase

   Derde plek

   Eindstryd

Groepfase

[wysig | wysig bron]

Die Vrouesokkerwêreldbeker 1995 is deur twaalf nasionale vrouesokkerspanne beslis. Vir die groepfase is die twaalf deelnemende spanne in drie groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • Een vir ’n gelykop;
  • geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee beste spanne en die twee beste derde-plek-spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.

Uitklopfase

[wysig | wysig bron]

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het saam met die twee beste derde-plek-spanne na die uitklopfase deurgedring. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.[2]

Wedstryde

[wysig | wysig bron]
Kwalifiseer vir die uitklopfase.
Uit die toernooi geskakel.

Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 18 Februarie 1995 op die Elite Hotel Marina Plaza in Helsingborg gehou.

Groepfase

[wysig | wysig bron]
Die loting vir die Vrouesokkerwêreldbeker 1995 is op 18 Februarie 1995 op die Elite Hotel Marina Plaza in Helsingborg gehou

Twaalf spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep en die twee beste derde-plek-spanne het na die uitklopfase deurgedring.

Groep A

[wysig | wysig bron]
Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pte
Vlag van Duitsland Duitsland 320194+56
Vlag van Swede Swede 320153+26
Vlag van Japan Japan 310224–23
Vlag van Brasilië Brasilië 310238–53

5 Junie 1995
14:00 MEST (UTC+2)
Vlag van Duitsland Duitsland 1–0 Vlag van Japan Japan Tingvalla IP, Karlstad
Toeskouers: 3 824
Skeidsregter: Petros Mathabela (Suid-Afrika)
Neid Doelpunt na 23 minute 23' Verslag

5 Junie 1995
18:00 MEST (UTC+2)
Vlag van Swede Swede 0–1 Vlag van Brasilië Brasilië Olympia, Helsingborg
Toeskouers: 14 500
Skeidsregter: Sonia Denoncourt (Kanada)
Verslag Doelpunt na 37 minute 37' Roseli

7 Junie 1995
19:00 MEST (UTC+2)
Vlag van Swede Swede 3–2 Vlag van Duitsland Duitsland Olympia, Helsingborg
Toeskouers: 5 855
Skeidsregter: Linda May Black (Nieu-Seeland)
Andersson Doelpunt na 65 minute 65' (straf), Doelpunt na 86 minute 86'
Sundhage Doelpunt na 80 minute 80'
Verslag Doelpunt na 9 minute 9' (straf) Wiegmann
Doelpunt na 42 minute 42' Lohn

7 Junie 1995
19:00 MEST (UTC+2)
Vlag van Brasilië Brasilië 1–2 Vlag van Japan Japan Tingvalla IP, Karlstad
Toeskouers: 2 286
Skeidsregter: Catherine Leann Hepburn (Verenigde State)
Pretinha Doelpunt na 7 minute 7' Verslag Doelpunt na 13 minute 13', Doelpunt na 45 minute 45' Noda

9 Junie 1995
19:00 MEST (UTC+2)
Vlag van Swede Swede 2–0 Vlag van Japan Japan Arosvallen, Västerås
Toeskouers: 7 811
Skeidsregter: Petros Mathabela (Suid-Afrika)
Videkull Doelpunt na 66 minute 66'
Andelén Doelpunt na 88 minute 88'
Verslag

9 Junie 1995
19:00 MEST (UTC+2)
Vlag van Brasilië Brasilië 1–6 Vlag van Duitsland Duitsland Tingvalla IP, Karlstad
Toeskouers: 3 203
Skeidsregter: Alain Hamer (Luxemburg)
Roseli Doelpunt na 19 minute 19' Verslag Doelpunt na 5 minute 5' Prinz
Doelpunt na 22 minute 22' Meinert
Doelpunt na 42 minute 42' (straf) Wiegmann
Doelpunt na 78 minute 78', Doelpunt na 89 minute 89' Mohr
Doelpunt na 90 minute 90' Bernhard

Groep B

[wysig | wysig bron]
Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pte
Vlag van Noorweë Noorweë 3300170+179
Vlag van Engeland Engeland 320166±06
Vlag van Kanada Kanada 3012513–81
Vlag van Nigerië Nigerië 3012514–91

6 Junie 1995
19:00 MEST (UTC+2)
Vlag van Noorweë Noorweë 8–0 Vlag van Nigerië Nigerië Tingvalla IP, Karlstad
Toeskouers: 4 344
Skeidsregter: Alain Hamer (Luxemburg)
Sandberg Doelpunt na 30 minute 30', Doelpunt na 44 minute 44', Doelpunt na 82 minute 82'
Riise Doelpunt na 49 minute 49'
Aarønes Doelpunt na 60 minute 60', Doelpunt na 90 minute 90'
Medalen Doelpunt na 67 minute 67'
Svensson Doelpunt na 76 minute 76' (straf)
Verslag

6 Junie 1995
19:00 MEST (UTC+2)
Vlag van Engeland Engeland 3–2 Vlag van Kanada Kanada Olympia, Helsingborg
Toeskouers: 655
Skeidsregter: Eva Ödlund (Swede)
Coultard Doelpunt na 51 minute 51' (straf), Doelpunt na 85 minute 85'
Spacey Doelpunt na 76 minute 76' (straf)
Verslag Doelpunt na 87 minute 87' Stoumbos
Doelpunt na 90+1 minute 90+1' Donnelly

8 Junie 1995
19:00 MEST (UTC+2)
Vlag van Noorweë Noorweë 2–0 Vlag van Engeland Engeland Tingvalla IP, Karlstad
Toeskouers: 5 520
Skeidsregter: Eduardo Gamboa (Chili)
Haugen Doelpunt na 7 minute 7'
Riise Doelpunt na 37 minute 37'
Verslag

8 Junie 1995
19:00 MEST (UTC+2)
Vlag van Nigerië Nigerië 3–3 Vlag van Kanada Kanada Olympia, Helsingborg
Toeskouers: 250
Skeidsregter: Pirom Un-prasert (Thailand)
Nwadike Doelpunt na 26 minute 26'
Avre Doelpunt na 60 minute 60'
Okoroafor Doelpunt na 77 minute 77'
Verslag Doelpunt na 12 minute 12', Doelpunt na 55 minute 55' Burtini
Doelpunt na 20 minute 20' Donnelly

10 Junie 1995
16:00 MEST (UTC+2)
Vlag van Noorweë Noorweë 7–0 Vlag van Kanada Kanada Strömvallen, Gävle
Toeskouers: 2 715
Skeidsregter: Maria Edilene Siqueira (Brasilië)
Aarønes Doelpunt na 4 minute 4', Doelpunt na 21 minute 21', Doelpunt na 90+3 minute 90+3'
Riise Doelpunt na 12 minute 12'
Pettersen Doelpunt na 71 minute 71', Doelpunt na 89 minute 89'
Leinan Doelpunt na 84 minute 84'
Verslag

10 Junie 1995
16:00 MEST (UTC+2)
Vlag van Nigerië Nigerië 2–3 Vlag van Engeland Engeland Tingvalla IP, Karlstad
Toeskouers: 1 843
Skeidsregter: Ingrid Jonsson (Swede)
Okoroafor Doelpunt na 13 minute 13'
Nwadike Doelpunt na 74 minute 74'
Verslag Doelpunt na 10 minute 10', Doelpunt na 38 minute 38' Farley
Doelpunt na 27 minute 27' Walker

Groep C

[wysig | wysig bron]
Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pte
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 321094+57
Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China 3210106+47
Vlag van Denemarke Denemarke 310265+13
Vlag van Australië Australië 3003313–100

6 Junie 1995
19:00 MEST (UTC+2)
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 3–3 Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China Strömvallen, Gävle
Toeskouers: 4 635
Skeidsregter: Ingrid Jonsson (Swede)
Venturini Doelpunt na 22 minute 22'
Milbrett Doelpunt na 34 minute 34'
Hamm Doelpunt na 51 minute 51'
Verslag Doelpunt na 38 minute 38' Wang Liping
Doelpunt na 74 minute 74' Wei Haiying
Doelpunt na 79 minute 79' Sun Wen

6 Junie 1995
19:00 MEST (UTC+2)
Vlag van Denemarke Denemarke 5–0 Vlag van Australië Australië Arosvallen, Västerås
Toeskouers: 1 500
Skeidsregter: Bente Skogvang (Noorweë)
Krogh Doelpunt na 12 minute 12', Doelpunt na 48 minute 48'
Eggers Nielsen Doelpunt na 25 minute 25'
Jensen Doelpunt na 37 minute 37'
C. Hansen Doelpunt na 86 minute 86'
Verslag

8 Junie 1995
19:00 MEST (UTC+2)
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 2–0 Vlag van Denemarke Denemarke Strömvallen, Gävle
Toeskouers: 2 704
Skeidsregter: Engage Camara (Guinee)
Lilly Doelpunt na 9 minute 9'
Milbrett Doelpunt na 49 minute 49'
Verslag

8 Junie 1995
19:00 MEST (UTC+2)
Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China 4–2 Vlag van Australië Australië Arosvallen, Västerås
Toeskouers: 1 500
Skeidsregter: Maria Edilene Siqueira (Brasilië)
Zhou Yang Doelpunt na 23 minute 23'
Shi Guihong Doelpunt na 54 minute 54', Doelpunt na 78 minute 78'
Liu Ailing Doelpunt na 90+3 minute 90+3'
Verslag Sjabloon:25 Iannotta
Doelpunt na 89 minute 89' Hughes

10 Junie 1995
16:00 MEST (UTC+2)
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 4–1 Vlag van Australië Australië Olympia, Helsingborg
Toeskouers: 1 105
Skeidsregter: Pirom Un-prasert (Thailand)
Foudy Doelpunt na 69 minute 69'
Fawcett Doelpunt na 72 minute 72'
Overbeck Doelpunt na 90+2 minute 90+2' (straf)
Keller Doelpunt na 90+4 minute 90+4'
Verslag Doelpunt na 54 minute 54' Casagrande

10 Junie 1995
16:00 MEST (UTC+2)
Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China 3–1 Vlag van Denemarke Denemarke Arosvallen, Västerås
Toeskouers: 1 619
Skeidsregter: Eduardo Gamboa (Chili)
Shi Guihong Doelpunt na 21 minute 21'
Sun Wen Doelpunt na 76 minute 76'
Wei Haiying Doelpunt na 90 minute 90'
Verslag Doelpunt na 44 minute 44' Bonde

Ranglys van die derde-plek-spanne

[wysig | wysig bron]
Land Groep Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pte
Vlag van Denemarke Denemarke C310265+13
Vlag van Japan Japan A310224–23
Vlag van Kanada Kanada B3012513–81

Uitklopfase

[wysig | wysig bron]
Kwarteindrondte Halfeindrondte Eindstryd
                   
13 Junie – Västerås        
 Vlag van Duitsland Duitsland  3
15 Junie – Helsingborg
 Vlag van Engeland Engeland  0  
 Vlag van Duitsland Duitsland  1
13 Junie – Helsingborg
   Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China  0  
 Vlag van Swede Swede  1
(3)
18 Junie – Solna
 Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China  1 (4)  
 Vlag van Duitsland Duitsland  0
13 Junie – Gävle
   Vlag van Noorweë Noorweë  2
 Vlag van Japan Japan  0
15 Junie – Västerås
 Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State  4  
 Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State  0 Uitspeel om derde plek
13 Junie – Karlstad
   Vlag van Noorweë Noorweë  1   17 Junie – Gävle
 Vlag van Noorweë Noorweë  3
   Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China  0
 Vlag van Denemarke Denemarke  1  
 Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State  2

Kwarteindrondte

[wysig | wysig bron]

13 Junie 1995
17:15 MEST (UTC+2)
Vlag van Japan Japan 0–4 Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State Strömvallen, Gävle
Toeskouers: 3 756
Skeidsregter: Eduardo Gamboa (Chili)
Verslag Doelpunt na 8 minute 8', Doelpunt na 42 minute 42' Lilly
Doelpunt na 45 minute 45' Milbrett
Doelpunt na 80 minute 80' Venturini

13 Junie 1995
17:15 MEST (UTC+2)
Vlag van Noorweë Noorweë 3–1 Vlag van Denemarke Denemarke Tingvalla IP, Karlstad
Toeskouers: 4 655
Skeidsregter: Pirom Un-prasert (Thailand)
Espeseth Doelpunt na 21 minute 21'
Medalen Doelpunt na 64 minute 64'
Riise Doelpunt na 85 minute 85'
Verslag Doelpunt na 86 minute 86' Krogh

13 Junie 1995
20:15 MEST (UTC+2)
Vlag van Duitsland Duitsland 3–0 Vlag van Engeland Engeland Arosvallen, Västerås
Toeskouers: 2 317
Skeidsregter: Bente Skogvang (Noorweë)
Voss Doelpunt na 41 minute 41'
Meinert Doelpunt na 55 minute 55'
Mohr Doelpunt na 82 minute 82'
Verslag

13 Junie 1995
20:15 MEST (UTC+2)
Vlag van Swede Swede 1–1 (e.t.) Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China Olympia, Helsingborg
Toeskouers: 7 537
Skeidsregter: Sonia Denoncourt (Kanada)
Kalte Doelpunt na 90+3 minute 90+3'
Strafskoppe
Andersson Missed
Videkull Scored
Pohjanen Scored
Sundhage Scored
Nessvold Missed
Verslag
Strafskoppe
3–4
Doelpunt na 29 minute 29' Sun Qingmei
Strafskoppe
Scored Sun Wen
Scored Xie Huilin
Scored Chen Yufeng
Scored Shui Qingxia
Missed Liu Ailing

Halfeindrondte

[wysig | wysig bron]

15 Junie 1995
17:15 MEST (UTC+2)
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 0–1 Vlag van Noorweë Noorweë Arosvallen, Västerås
Toeskouers: 2 893
Skeidsregter: Alain Hamer (Luxemburg)
Verslag Doelpunt na 10 minute 10' Aarønes

15 Junie 1995
20:15 MEST (UTC+2)
Vlag van Duitsland Duitsland 1–0 Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China Olympia, Helsingborg
Toeskouers: 3 693
Skeidsregter: Petros Mathabela (Suid-Afrika)
Wiegmann Doelpunt na 88 minute 88' Verslag

Klein finale (om die derde plek)

[wysig | wysig bron]

17 Junie 1995
16:00 MEST (UTC+2)
Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China 0–2 Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State Strömvallen, Gävle
Toeskouers: 4 335
Skeidsregter: Sonia Denoncourt (Kanada)
Verslag Doelpunt na 24 minute 24' Venturini
Doelpunt na 55 minute 55' Hamm

Eindstryd

[wysig | wysig bron]

18 Junie 1995
18:00 MEST (UTC+2)
Vlag van Duitsland Duitsland 0–2 Vlag van Noorweë Noorweë Råsunda-stadion, Solna
Toeskouers: 17 158
Skeidsregter: Ingrid Jonsson (Swede)
Verslag Doelpunt na 37 minute 37' Riise
Doelpunt na 40 minute 40' Pettersen


Vrouesokkerwêreldkampioen 1995
Vlag van Noorweë Noorweë

FIFA se ranglys

[wysig | wysig bron]

Ná die Vrouesokkerwêreldbeker 1995 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende vrouespanne geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[2] Die ranglys vir die 1995-toernooi is soos gevolg:

Deelnemende spanne volgens ranglys:

   Kampioen

   Tweede plek

   Derde plek

   Vierde plek

   Kwarteindrondte

   Groepfase

   Geen deelname

     Gasheerland Swede
Rang Span Groep Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pte
1Vlag van Noorweë NoorweëB6600231+2218
2Vlag van Duitsland DuitslandA6402136+712
3Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde StateC6411155+1013
4Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek ChinaC62221110+18
In die kwarteindrondte uitgeskakel
5Vlag van Swede SwedeA421164+27
6Vlag van Engeland EngelandB420269–36
7Vlag van Denemarke DenemarkeC410378–13
8Vlag van Japan JapanA410328–63
In die groepfase uitgeskakel
9Vlag van Brasilië BrasiliëA310238−53
10Vlag van Kanada KanadaB3012513−81
11Vlag van Nigerië NigeriëB3012514−91
12Vlag van Australië AustraliëC3003313−100

Meeste doele aangeteken

[wysig | wysig bron]

Meeste doele aangeteken:[2]

RangSpelerDoele
1 Vlag van Noorweë Ann Kristin Aarønes6
2 Vlag van Noorweë Hege Riise5
3 Vlag van Volksrepubliek China Shi Guihong3
Vlag van Duitsland Bettina Wiegmann3
Vlag van Verenigde State van Amerika Kristine Lilly3
Vlag van Denemarke Gitte Krogh3
Vlag van Noorweë Marianne Pettersen3
Vlag van Verenigde State van Amerika Tiffeny Milbrett3
Vlag van Duitsland Heidi Mohr3
Vlag van Noorweë Kristin Sandberg3
Vlag van Verenigde State van Amerika Tisha Venturini3
RangSpelerDoele
12 Vlag van Brasilië Roseli2
Vlag van Volksrepubliek China Wei Haiying2
Vlag van Japan Akemi Noda2
Vlag van Swede Malin Andersson2
Vlag van Kanada Silvana Burtini2
Vlag van Engeland Gillian Coultard2
Vlag van Nigerië Rita Nwadike2
Vlag van Verenigde State van Amerika Mia Hamm2
Vlag van Kanada Geri Donnelly2
Vlag van Engeland Karen Farley2
Vlag van Nigerië Adaku Okoroafor2
Vlag van Volksrepubliek China Sun Wen2
Vlag van Duitsland Maren Meinert2
Vlag van Noorweë Linda Medalen2

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. ↑ (en) Williams, Jean (1 November 2007). A Beautiful Game: International Perspectives on Women's Football. Berg Publishers. p. 4. ISBN 978-1-84788-345-2. Some of the terms and conditions had been changed this time: 90 minutes of play instead of 80 in China, a full group of 20 players instead of 18, three points for a win, and the experiment with time out.
  2. 1 2 3 (en) "FIFA Women's World Cup 1995 – Technical Report" (PDF). FIFA. Besoek op 14 Januarie 2026.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Vrouesokkerwêreldbeker

Volksrepubliek China 1991 • Swede 1995 • Verenigde State 1999 • Verenigde State 2003 • Volksrepubliek China 2007 • Duitsland 2011 • Kanada 2015 • Frankryk 2019 • Australië/Nieu-Seeland 2023 • Brasilië 2027 • Costa Rica/Jamaika/Meksiko/Verenigde State 2031 • Engeland/Noord-Ierland/Skotland/Wallis 2035