Gaan na inhoud

Rosalind (maan)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Daar is ook ’n asteroïde met die naam "900 Rosalinde".
Rosalind

’n Foto van Rosalind deur die Hubble-ruimteteleskoop in 1997.
Ontdekking
Ontdek deur Stephen P. Synnott / Voyager 2
Datum 13 Januarie 1986
Kleinplaneet-benamingUranus XIII
Wentelbaaneienskappe
Wentelbaanradius 69 926,795 ± 0,053 km[1]
Wentelperiode 0,558459529 ± 0,000000019 d[1]
Baanhelling 0,27876 ± 0,045° (tot Uranus se ewenaar)[1]
Satelliet van Uranus
Fisiese eienskappe
Afmetings 72 × 72 × 72 km[2]
Gem. radius 36 ± 6 km[2][3][4]
Oppervlakte ~16 000 km²[nota 1]
Volume ~200 000 km³[nota 1]
Massa ~2,5×1017 kg[nota 1]
Gem. digtheid ~1,3 g/cm³ (veronderstel)[3]
Oppervlak-
aantrekkingskrag
~0,012 m/s²[nota 1]
Ontsnapping-
snelheid
~0,031 km/s[nota 1]
Rotasieperiode Sinchronies[2]
Ashelling 0[2]
Temperatuur ~64 K[nota 1]

Rosalind is ’n binnemaan van Uranus. Dit is op 13 Januarie 1986 ontdek op foto's wat deur Voyager 2 geneem is en het die voorlopige naam S/1986 U 4 gekry.[5] Dit is daarna genoem na ’n karakter in William Shakespeare se toneelstuk As You Like It. Dit het ook die naam Uranus XIII.[6]

Rosalind behoort tot die Portiagroep satelliete, wat ook Portia, Bianca, Desdemona, Cressida, Juliet, Kupido, Belinda en Perdita insluit.[7] Dié mane het soortgelyke wentelbane en fotometriese eienskappe.[7] Buiten sy wentelbaan,[1] radius van 36 km[2] en geometriese albedo van 0,08[7] is feitlik niks oor Rosalind bekend nie.

Op die Voyager 2-foto's lyk Rosland soos ’n feitlik ronde voorwerp. Die verhouding van die asse is 0,8 ± 1,0.[2] Die oppervlak het ’n grys kleur.[2]

Rosalind is baie na aan ’n 3:5-baanresonansie met die maan Cordelia.[8]


Sien ook

[wysig | wysig bron]

Notas

[wysig | wysig bron]
  1. 1 2 3 4 5 6 Bereken uit ander parameters.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1 2 3 4 Jacobson, R. A. (1998). "The Orbits of the Inner Uranian Satellites From Hubble Space Telescope and Voyager 2 Observations". The Astronomical Journal. 115 (3): 1195–1199. Bibcode:1998AJ....115.1195J. doi:10.1086/300263. {{cite journal}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  2. 1 2 3 4 5 6 7 Karkoschka, Erich (2001). "Voyager's Eleventh Discovery of a Satellite of Uranus and Photometry and the First Size Measurements of Nine Satellites". Icarus. 151 (1): 69–77. Bibcode:2001Icar..151...69K. doi:10.1006/icar.2001.6597.
  3. 1 2 "Planetary Satellite Physical Parameters". JPL (Solar System Dynamics). 24 Oktober 2008. Besoek op 12 Desember 2008.
  4. ↑ Williams, Dr. David R. (23 November 2007). "Uranian Satellite Fact Sheet". Nasa (National Space Science Data Center). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Januarie 2010. Besoek op 12 Desember 2008.
  5. ↑ Smith, B.A. (16 Januarie 1986). "Satellites of Uranus". IAU Circular. 4164. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2011. Besoek op 29 Oktober 2011.
  6. ↑ "Planet and Satellite Names and Discoverers". Gazetteer of Planetary Nomenclature. USGS Astrogeology. 21 Julie 2006. Besoek op 6 Augustus 2006.
  7. 1 2 3 Karkoschka, Erich (2001). "Comprehensive Photometry of the Rings and 16 Satellites of Uranus with the Hubble Space Telescope". Icarus. 151 (1): 51–68. Bibcode:2001Icar..151...51K. doi:10.1006/icar.2001.6596.
  8. ↑ Murray, Carl D.; Thompson, Robert P. (6 Desember 1990). "Orbits of shepherd satellites deduced from the structure of the rings of Uranus". Nature. 348 (6301): 499–502. Bibcode:1990Natur.348..499M. doi:10.1038/348499a0. ISSN 0028-0836. {{cite journal}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)

Skakels

[wysig | wysig bron]