Gaan na inhoud

Lys van Super 12-kampioene

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel is omtrent wenners van die nou geslote Super 12-kompetisie. Vir inligting omtrent wenners van die uitgebreide kompetisie, gaan na Lys van Super 14-kampioene of Lys van Superrugbykampioene

Super 12-kampioene was 'n titel wat gegee is aan die wenspan van die Super 12 rugbykompetisie. Die toernooi het van 1996 tot 2005 jaarliks plaasgevind en is in 2006 uitgebrei na die Super 14 en in 2011 na Superrugby met 15 deelnemende spanne.

Die toernooi was in die formaat van 'n rondomtalie waarin elke span een keer teen elk van die ander spanne speel. Die finale tabelposisie aan die einde van die rondomtalietoernooi het bepaal wie deurgedring het na die halfeindrondes. 4 punte is toegeken vir 'n oorwinning, 2 vir 'n gelykopuitslag en 0 vir 'n verloor. Bonuspunte is ook toegeken aan 'n span wat 4 of meer drieë druk in 'n wedstryd (ongeag van die uitslag) of wanneer 'n span met 7 punte of minder verloor. Die 4 spanne met die meeste ligapunte aan die einde van die rondomtalietoernooi dring deur na die uitspeelrondes. Die boonste twee spanne kry die voordeel van tuiswedstryde. Die vierde span speel dan teen die eerste span op die eerste span se tuisveld en die derde span speel teen die tweede span op die tweede span se tuisveld. Die twee spanne wat hier wen dring deur na die eindronde war gespeel word op die span wat, van die twee, meer punte gehad het na die tondomtalie. In die geval van gelyke punte word die spanne se punteverskil in berekening gebring en die span met die grootste punteverskil kry die voorrang. Die punteverskil word uitgewerk deur die hoeveelheid punte wat 'n span afgestaan het, af te trek van die hoeveel punte wat 'n span aangeteken het. Indien die punteverskil ook dieselfde is word gekyk na hoeveel drieë gedruk is en die span wat die meeste drieë gedruk het in die seisoen kry voorrang.

Die Super 12 is begin deur die drie SANZAR-nasies (saam met die Drienasies). Die toernooi het 12 spanne betrek (soos wat die naam voorstel) waarvan elke span 'n gebied in Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika verteenwoordig. Die Super 12 het net drie wenners gehad waarvan die (Canterbury) Crusaders die meeste sukses geniet het. Hulle het die toernooi 5 keer gewen en was twee keer verloorders in die eindronde. Die (Auckland) Blues, ook van Nieu-Seeland het die toernooi drie keer gewen en die (ACT) Brumbies het een keer gewen. Die Brumbies is die enigste span buite Nieu-Seeland wat die toernooi kon wen.

Uitslae

[wysig | wysig bron]

Hoe om punte aan te teken

[wysig | wysig bron]
  • wen = 4 punte
  • gelyk = 2 punte
  • verloor = 0 punte
  • vir = Totale punte aangeteken
  • teen = Totale punte afgestaan
  • verskil = Punte afgestaan afgetrek van punte aangeteken
  • Bonuspunt:
    • Spanne kan addisionele bonuspunte in sekere scenarios kry. Een bonuspunt word toegeken vir enige span wat vier of meer drieë in een wedstryd gedruk het ongeag die uitkoms van die wedstryd. 'n Bonuspunt word toegeken indien 'n span met sewe of minder punte verloor. Dit is moontlik om twee punte te kry indien 'n span verloor.

Toernooie (1996-2005)

[wysig | wysig bron]

Spanne wat genoem word is die spanne wat in die top 4 van die rondomtalietoernooi geëindig het en gekwalifiseer het vir die halfeindrondes. Tellings is so geskryf dat die span in daardie kolom se eerste genoem word. Die span wat uitgelig is, is die span wat die daardie seisoen se kompetisie gewen het.[1][2][3]

Nota. Die Suid-Afrikaanse spanne het in 1996 en 1997 'n beleid gehad waarvolgens die vorige seisoen se vier beste Curriebekerspanne kwalifiseer vir die Super 12. Dit het daartoe gelei dat Natal, Transvaal, Noord-Transvaal en die Westelike Provinsie in 1996 gespeel het en Natal, Transvaal, Noord-Transvaal en die Vrystaat in 1997. In 1998 het Suid-Afrika konsessies ingestel, soortgelyk aan die van Nieu-Seeland en Australië..[3]

Jaar Tydperk Tabel
posisie
Span Wedstryde Punte Bonus-
punte
Tabel-
punte
Halfeind
telling
Eind
telling
gespeel gewen gelyk verloor vir teen verskil
1996 28 Februarie –
31 Mei
1Queensland Reds11902320247+7354125-43NVT
2Auckland Blues11803408354+5494148-1145-12
3Noord-Transvaal11803329208+12163811-48NVT
4Natal11605389277+11293343-2512-45
1997 1 Maart –
25 Mei
1Auckland Blues111010435283+15285055-3623-7
2ACT Brumbies11803406291+11594133-207-23
3Wellington Hurricanes11605416314+102103420-33NVT
4Natal11524321350-2963036-55NVT
1998 27 Februarie –
30 Mei
1Auckland Blues11902388296+9274337-3113-20
2Canterbury Crusaders11803340260+8094136-3220-13
3Coastal Sharks11704329263+6683632-36NVT
4Otago Highlanders11704343279+6463431-37NVT
1999 26 Februarie –
30 Mei
1Queensland Reds11812233170+6323622-28NVT
2Western Stormers11803290244+4643618-33NVT
3Otago Highlanders11803280203+7733533-1819-24
4Canterbury Crusaders11713322262+6033328-2224-19
2000 25 Februarie –
27 Mei
1ACT Brumbies11902393196+19794528-519-20
2Canterbury Crusaders11803369293+7673937-1520-19
3Otago Highlanders11605310280+3083215-37NVT
4Golden Cats11704320334-144325-28NVT
2001 23 Februarie –
26 Mei
1Brumbies11803348204+14484036-636-6
2Natal Sharks11803322246+7663830-126-36
3Golden Cats11704285244+4163412-30NVT
4Reds11605300277+238326-36NVT
2002 22 Februarie –
25 Mei
1Crusaders111100469264+20575134-2331-13
2Waratahs11803337284+5373910-51NVT
3Brumbies11704374230+144103851-1013-31
4Highlanders11803329207+12263823-34NVT
2003 21 Februarie –
24 Mei
1Blues111001393185+20894942-2121-17
2Crusaders11803358263+9584039-1617-21
3Hurricanes11704324284+4073516-39NVT
4Brumbies11605358313+4573121-42NVT
2004 20 Februarie –
22 Mei
1Brumbies11803408269+13984032-1747-38
2Crusaders11704345303+4263427-1638-47
3Stormers11704286260+2653316-27NVT
4Chiefs11704274251+2353317-32NVT
2005 25 Februarie –
28 Mei
1Crusaders11902459281+17894547-735-25
2Waratahs11902322174+14884423-1335-25
3Bulls11704301229+7263413-23NVT
4Hurricanes11803281248+332347-47NVT

Totale seges

[wysig | wysig bron]
Span Kampioenskap(pe)[3]
Crusaders 5
Blues 3
Brumbies 2

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. ↑ (en) "Super 12 Rugby Union standings". Besoek op 10 Julie 2006.
  2. ↑ (en) "Sports Australia - Rugby Union Super 12 Season 2005 Results". Besoek op 10 Julie 2006.
  3. 1 2 3 (en) McIlraith, Matt (2005). Ten Years of Super 12. Hodder Moa. ISBN 1-86971-025-8.

Sien ook

[wysig | wysig bron]