Gaan na inhoud

Lingala

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Lingala
Lingála
Gepraat in: Flag of the Democratic Republic of the Congo Demokratiese Republiek die Kongo
Flag of the Republic of the Congo Kongo
Vlag van Sentraal-Afrikaanse Republiek Sentraal-Afrikaanse Republiek
Vlag van Angola Angola 
Gebied: Kongorivier
Totale sprekers: 2,3 miljoen[1]
Taalfamilie: Niger-Kongo
 Atlanties-Kongo
  Volta-Kongo
   Benue-Kongo
    Bantoid
     Suidelike Bantoid
      Bantoetale
       Lingala 
Skrifstelsel: Latynse alfabet
Mandombe 
Amptelike status
Amptelike taal in: Flag of the Democratic Republic of the Congo Demokratiese Republiek die Kongo (nasionale taal)[2][3]
Flag of the Republic of the Congo Kongo (nasionale taal)[4]
Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1: ln
ISO 639-2: lin
ISO 639-3: lin 
Verspreiding van Lingala

Lingala (Lingála) is 'n Bantoetaal in Sentraal-Afrika wat deur sowat 2,3 miljoen mense gepraat word. Dit vorm saam met Kongo, Luba-Kasai en Swahili die nasionale tale van die Demokratiese Republiek die Kongo,[5] naas die amptelike taal Frans. Daarbenewens word Lingala in die aangrensende lande die Republiek die Kongo, die Sentraal-Afrikaanse Republiek en Angola gepraat. In die Republiek die Kongo word Lingala saam met die Kongo-Kreools Kituba as 'n nasionale taal erken.

Die Onse Vader in Lingala
Verspreiding van die vier nasionale tale in die Demokratiese Republiek die Kongo

Lingala het in Sentraal-Afrika langs die Kongorivier ontstaan en was eens deur die Bangala-volk in die noordweste van die Demokratiese Republiek die Kongo gepraat. Die taal is verder deur Frans en Swahili beïnvloed en het verskeie leenwoorde opgeneem.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. ↑ (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Lingala". Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2019. Besoek op 17 Januarie 2019.
  2. ↑ (en) "The Constitution of the Democratic Republic of the Congo, 2005" (PDF). constitutionnet.org. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2019. Besoek op 17 Januarie 2019.
  3. ↑ (fr) "Congo-Kinshasa". Universiteit van Laval. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 November 2019. Besoek op 17 Januarie 2019.
  4. ↑ (fr) "Constitution de 2015". Digithèque matériaux juridiques et politiques, Jean-Pierre Maury, Université de Perpignan. Besoek op 14 Mei 2021.
  5. ↑ (en) "Tshiluba". Omniglot. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 17 Januarie 2019.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Wikipedia
Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Lingala