Gaan na inhoud

Hektaar

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Vergelyking van oppervlakeenhede
EenheidSISI-basis
1 ca 1 m² 1 m²
1 a 1 dam² 10² m²
1 ha 1 hm² 104 m²
100 ha 1 km² 106 m²
1 vierkante hektometer 1 hm² 104 m²
Nie-SI-vergelykings
Nie-SIMetriekSI-basis
1,168 morg[1][2] 1 ha 104 m²
2,471 akker 1 ha 104 m²
107 639 vk. voet 1 ha 104 m²
* 0,00386102 vk. myl (statuut) 1 ha 104 m²
* 15 mū (China) 1 ha 104 m²
* 0,15 qǐng (China) 1 ha 104 m²
10 dunam (Midde-Ooste) 1 ha 104 m²
10 stremmata (Griekeland) 1 ha 104 m²
6.25 rai (Thailand) 1 ha 104 m²
~1,008 chō (Japan) 1 ha 104 m²
Definisie van 'n hektaar en van 'n aar.
Die oppervlakte van 'n rugbyveld is ongeveer een hektaar.

'n Hektaar is 'n meeteenheid van oppervlakte, gelyk aan 10 000 vierkante meter, wat veral gebruik word om grondgebied te meet. 'n Vierkant van een hektaar se sye is 100 meter lank (1 hektometer). Die naam hektaar kom van die Griekse voorsetsel hekto vir 100 en die eenheid aar. 'n Hektaar is 100 are of 'n vierkante hektometer. Die aar was die basiseenheid vir oppervlakte en was een van die oorspronklike vyf eenhede van die metrieke stelsel wat in 1795 deur die Franse opgestel is.[3]

Nóg die aar nóg die hektaar vorm deel van die moderne SI-stelsel; die gebruik van hektaar word egter steeds toegelaat en die eenheid word presies gedefinieer deur basiseenhede in die SI-stelsel.

Simbool: ha
1 ha = 100 a = 1 hm² = 0,01 km² = 10 000 m² = 100 meter × 100 meter.

Die hektaar word algemeen gebruik in baie lande, veral gebiede wat grondbeplanning en -bestuur behels soos landbou, bosbou, en stadsbeplanning. Dit is veral nuttig waar vierkante meter omslagtig en onnodig presies sou wees. In die VSA en Kanada word die akker (acre) oor die algemeen steeds in soortgelyke gevalle gebruik.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. ↑ Gamefarmnet, besoek op 29 April 2007
  2. ↑ The South African Afrikaans / English Physics Dictionary Geargiveer 4 Maart 2016 op Wayback Machine, besoek op 29 April 2007
  3. ↑ "La loi du 18 Germinal an 3 « la mesure [républicaine] de superficie pour les terrains, égale à un carré de dix mètres de côté »" (in Frans). Le CIV (Centre d'Instruction de Vilgénis) – Forum des Anciens. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Mei 2013. Besoek op 2 Maart 2010.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]