Vrouerugbywêreldbeker 2017

Vrouerugbywêreldbekertoernooi

Die Vrouerugbywêreldbeker 2017 (Engels: 2017 Women’s Rugby World Cup) is van 9 tot 26 Augustus 2017 in Ierland beslis. Dit was die agtste vrouerugbywêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse vrouerugbywêreldkampioenskap en die sesde wat deur Wêreldrugby aangebied is. Die groepfase is op die UCD Bowl en die Billingspark UCD in Dublin aangebied, terwyl die uitklopfase op die Queen’s Universiteit en die Kingspan-stadion in Belfast gehou is.[1] Hoewel die toernooi gewoonlik al om die vier jaar gehou word, is dit by uitsteek drie jaar ná die vorige toernooi aangebied, omdat die wêreldbeheerliggaam ’n oorvleueling met ander toernooie wou vermy.[2] Daarna het die toernooi na die vierjaarsiklus teruggekeer.[3]

Vrouerugbywêreldbeker 2017
Toernooibesonderhede
Gasheer Flag of Ireland Ierland
Datums 9 – 26 Augustus 2017
Aantal nasies 12 (20 kwalifiseer)
Finale posisies
Kampioen  Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Naaswenner  Vlag van Engeland Engeland
Derde plek  Vlag van Frankryk Frankryk
Toernooistatistiek
Wedstryde 30
Bywoning 45 412 (gem. 1 514 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Nieu-Seeland Portia Woodman (66)
Meeste drieë Vlag van Nieu-Seeland Portia Woodman (13)
← 2014
2021 →
Die trofee waarom meegeding is

Die toernooi se formaat van 2006, 2010 en 2014 het onveranderd gebly en twaalf nasionale vrouerugbyspanne het aan die Vrouerugbywêreldbeker 2017 deelgeneem: Australië, Engeland, Frankryk, Hongkong, Ierland, Italië, Japan, Kanada, Nieu-Seeland, Spanje, die Verenigde State en Wallis. Tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2017 is 30 wedstryde gespeel. Die spanne is in drie groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het.

Nieu-Seeland het die eindstryd op die Kingspan-stadion in Belfast teen Engeland met 41–32 gewen en sodoende sy vyfde vrouerugbywêreldbekertitel ingepalm.[4] Frankryk het in die derde en die Verenigde State in die vierde plek geëindig.

Toewysing

wysig

Op 2 Maart 2015 het die Ierse Rugbyvoetbalunie sy bod vir die Vrouerugbywêreldbeker 2017 aangekondig.[5] Die Ierse beheerliggaam het die enigste bod vir die toernooi ingedien. Op 13 Mei 2015 is die toernooi amptelik aan Ierland toegewys met die gasheerstede Belfast en Dublin.[6]

Deelnemers

wysig

Die sewe beste spanne van die Vrouerugbywêreldbeker 2014 – Australië, Engeland, Frankryk, Ierland, Kanada, Nieu-Seeland en die Verenigde State – het almal regstreeks gekwalifiseer.[7] Italië en Wallis het as die naasbeste spanne tydens die Sesnasies-vrouetoernooie in 2015 en 2016 gekwalifiseer. Japan, Hongkong en Spanje het aan die einde van die jaar 2016 die drie oorblywende plekke bespreek.

Spanne wat aan die Vrouerugbywêreldbeker 2017 deelgeneem het:

   Gasvroue

   Sewe beste spanne van die 2014-toernooi

   Wenner van die plaaslike kwalifisering

   Versuim om te kwalifiseer

   Nie deelgeneem nie

Span Kwalifiseringmetode Verskynings by eindstryde Laaste verskyning Vorige beste prestasie Groep
Vlag van Ierland Ierland Gasvroue Sewende 2014 Vierde plek (2014) C
Vlag van Australië Australië Regstreeks Sesde 2014 Derde plek (2010) C
Vlag van Engeland Engeland Agtste 2014 Kampioen (1994, 2014) B
Vlag van Frankryk Frankryk Agtste 2014 Derde plek (1991, 1994, 2002, 2006, 2014) C
Vlag van Kanada Kanada Agtste 2014 Naaswenner (2014) A
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Sewende 2014 Kampioen (1998, 2002, 2006, 2010) A
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State Agtste 2014 Kampioen (1991) B
Vlag van Hongkong Hongkong Kwalifisering Eerste – Debuut A
Vlag van Italië Italië Vierde 2002 Agtste plek (1991) B
Vlag van Japan Japan Vierde 2002 Agtste plek (1994) C
Vlag van Spanje Spanje Sesde 2014 Sesde plek (1991) C
Vlag van Wallis Wallis Sewende 2014 Vierde plek (1994) A

Stadions

wysig

Die groepfase is op die UCD Bowl en die Billingspark UCD in Dublin aangebied, terwyl die uitklopfase op die Queen’s Universiteit en die Kingspan-stadion in Belfast gehou is.

Belfast
Vrouerugbywêreldbeker 2017 is in Ierland
Upper Malone
Upper Malone
Kingspan-stadion
Kingspan-stadion
Billingspark UCD
Billingspark UCD
UCD Bowl
UCD Bowl
Vrouerugbywêreldbeker 2017 (Ierland)
Belfast
Upper Malone Kingspan-stadion
54°33′14.4″N 5°57′50.4″W / 54.554000°N 5.964000°W / 54.554000; -5.964000 (Upper Malone) 54°34′35″N 5°54′16″W / 54.57639°N 5.90444°W / 54.57639; -5.90444 (Kingspan-stadion)
Kapasiteit: 330 Kapasiteit: 18 196
Dublin Dublin
Billingspark UCD UCD Bowl
53°18′37.47″N 6°13′41.01″W / 53.3104083°N 6.2280583°W / 53.3104083; -6.2280583 (Billingspark UCD) 53°18′37″N 6°13′41″W / 53.31028°N 6.22806°W / 53.31028; -6.22806 (UCD Bowl)
Kapasiteit: 2 000 Kapasiteit: 3 000

Formaat

wysig

Die Vrouerugbywêreldbeker 2017 is oor 18 dae tussen twaalf verskillende spanne oor 30 wedstryde beslis. Dit het op 9 Augustus 2017 op die Dublinse UCD Bowl met die openingswedstryd tussen Engeland en Spanje afgeskop. Die toernooi het geëindig op 26 Augustus op die Kingspan-stadion in Belfast met die eindstryd tussen Engeland en Nieu-Seeland, waartydens die Black Ferns die trofee ingepalm het.

Kalender

wysig

Die volgende tabel dui die Vrouerugbywêreldbeker 2017 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n siaan blokkie op uitspeelwedstryde, ’n groen blokkie op uitklopwedstryde, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
Augustus
Wo
9
Do
10
Vr
11
Sa
12
So
13
Ma
14
Di
15
Wo
16
Do
17
Groep A 2 2 2
Groep B 2 2 2
Groep C 2 2 2
Uitspeelwedstryde
Augustus
Vr
18
Sa
19
So
20
Ma
21
Di
22
Wo
23
Do
24
Vr
25
Sa
26
Uitspeelwedstryde 2 2
Uitklopwedstryde
Augustus
Vr
18
Sa
19
So
20
Ma
21
Di
22
Wo
23
Do
24
Vr
25
Sa
26
Uitklopwedstryde 2 1 1
Verklaring

   Groepwedstryde

   Uitspeelwedstryde

   Uitklopwedstryde

   Bronseindstryd

   Eindstryd

Groepe

wysig

Groepfase

wysig

Die agtste Vrouerugbywêreldbekertoernooi is deur twaalf nasionale vrouerugbyspanne beslis. Vir die groepfase is die twaalf deelnemende spanne in vier groepe van drie elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:[9]

  • Vier wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • Twee vir ’n gelykop;
  • geen vir ’n nederlaag;
  • Een bonuspunt vir die druk van vier of meer drieë, of ’n nederlaag met sewe punte of minder.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die vier beste spanne wat na die uitkloprondte deurgedring het, terwyl die naasbeste vier spanne aan die uitspeelrondte om die plekke 5 tot 8 deelgeneem het en die vier swakste spanne aan die uitspeelrondte om die plekke 9 tot 12.

Uitspeel- en uitklopfase

wysig

Van die begin van die uitspeel- en uitklopfases af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit vier wedstryde elk bestaan het: twee halfeindstryde, twee uitspeelwedstryde en die eindstryd, waarby die uitkloprondte uit twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd bestaan het.

Die vier beste spanne van die groepfase het na die uitkloprondte deurgedring. Die beste span van die groepfase het die vierde beste span ontmoet en die tweede beste span die derde beste span. Die naasbeste vyfde tot agtste spanne het die uitspeelwedstryde om die plekke 5 tot 8 beslis, met die vyfbeste span wat in die halfeindstryd die agtbeste span ontmoet het en die sesde geplaaste span die sewende. Die spanne wat in die groepfase negende tot twaalfde geëindig het, het aan die uitspeelwedstryde om die plekke nege tot twaalf deelgeneem, met die negende geplaaste span wat die twaalfde ontmoet het en die tiende die elfde.[10]

2017-effek op 2021-kwalifisering

wysig

Die sewe beste spanne van die toernooi het regstreeks vir die volgende Vrouerugbywêreldbeker 2021 in Nieu-Seeland gekwalifiseer. Hulle was Australië, Engeland, Frankryk, Kanada, Nieu-Seeland, die Verenigde State en Wallis.

Betrokkenes

wysig

Wedstrydbeamptes

wysig

Op 30 Maart 2017 het die wêreldbeheerliggaam die wedstrydbeamptes aangekondig. ’n Paneel van nege skeidsregters en vyf lynregters is vir die toernooi ingespan.[11]

Skeidsregters

wysig

Lynregters

wysig

Wedstryde

wysig
Kwalifiseer vir die uitkloprondte.
Kwalifiseer vir die uitspeelwedstryde 5–8.
Kwalifiseer vir die uitspeelwedstryde 9–12.

Die wedstryde is in drie fases opgedeel, naamlik die groepfase, die uitkloprondte en die uitspeelrondte.

Groepfase

wysig

Twaalf spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die vier beste spanne van die groepfase het na die uitkloprondte deurgedring, terwyl die vier naasbeste spanne aan die uitspeelwedstryde 5–8 en die vier swakste spanne aan die uitspeelwedstryde 9–12 deelgeneem het.

Groep A

wysig
Span S W G V P v P t +/− BP P
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 330021317+196315
Vlag van Kanada Kanada 320111848+7019
Vlag van Wallis Wallis 31025174–2315
Vlag van Hongkong Hongkong 300315258–24300

Groep B

wysig
Span S W G V P v P t +/− BP P
Vlag van Engeland Engeland 330015944+115315
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 32019359+34311
Vlag van Spanje Spanje 310227107–8004
Vlag van Italië Italië 300333102–6900

Groep C

wysig
Span S W G V P v P t +/− BP P
Vlag van Frankryk Frankryk 330014119+122214
Vlag van Ierland Ierland 32014852–408
Vlag van Australië Australië 31024682–3626
Vlag van Japan Japan 300343125–8200

Uitspeelwedstryde

wysig

Om die negende plek

wysig
Halfeindrondte Eindrondte
22 Augustus – Belfast
 Vlag van Italië Italië  22  
 Vlag van Japan Japan  0  
 
26 Augustus – Belfast
     Vlag van Italië Italië  20
   Vlag van Spanje Spanje  15
Derde plek
22 Augustus – Belfast 26 Augustus – Belfast
 Vlag van Spanje Spanje  31  Vlag van Japan Japan  44
 Vlag van Hongkong Hongkong  7    Vlag van Hongkong Hongkong  5

Halfeindrondte

wysig

11de plek

wysig

Eindstryd (9de plek)

wysig

Om die vyfde plek

wysig
Halfeindrondte Eindrondte
22 Augustus – Belfast
 Vlag van Ierland Ierland  24  
 Vlag van Australië Australië  36  
 
26 Augustus – Belfast
     Vlag van Australië Australië  12
   Vlag van Kanada Kanada  43
Derde plek
22 Augustus – Belfast 26 Augustus – Belfast
 Vlag van Kanada Kanada  52  Vlag van Ierland Ierland  17
 Vlag van Wallis Wallis  0    Vlag van Wallis Wallis  27

Halfeindrondte

wysig

7de plek

wysig

Eindstryd (5de plek)

wysig

Uitklopwedstryde

wysig
Die Black Ferns nadat hulle die Vrouerugbywêreldbeker 2017 kon wen
Halfeindrondte Eindrondte
22 Augustus – Belfast
 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland  45  
 Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State  12  
 
26 Augustus – Belfast
     Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland  41
   Vlag van Engeland Engeland  32
Derde plek
22 Augustus – Belfast 26 Augustus – Belfast
 Vlag van Engeland Engeland  20  Vlag van Frankryk Frankryk  31
 Vlag van Frankryk Frankryk  3    Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State  23

Halfeindrondte

wysig

Bronseindstryd

wysig

Eindstryd

wysig


Vrouerugbywêreldkampioen 2017
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland

Statistiek

wysig

Finale puntestand

wysig

Hierdie tabel toon die finale puntestand van al twaalf deelnemende nasionale vrouerugbyspanne in die Vrouerugbywêreldbeker 2017.

Uitslag van die Vrouerugbywêreldbeker 2017:

   Kampioen

   Naaswenner

   Derde plek

   Vierde plek

   Vyfde plek

   Sesde plek

   Sewende en agtste plek

   Negende tot twaalfde plek

   Nie deelgeneem nie

Rang Span S W G V Drieë P
1Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland550049299
2Vlag van Engeland Engeland540133211
3Vlag van Frankryk Frankryk540128175
4Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State520319128
5Vlag van Kanada Kanada540134213
6Vlag van Australië Australië52031594
7Vlag van Wallis Wallis52031378
8Vlag van Ierland Ierland52031489
9Vlag van Italië Italië52031275
10Vlag van Spanje Spanje52031173
11Vlag van Japan Japan51041587
12Vlag van Hongkong Hongkong5005427

Meeste punte en drieë

wysig

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. ↑ (en) Padraic Ryan (15 Mei 2015). "Ireland to host 2017 Women's World Cup". Raidió Teilifís Éireann. Besoek op 30 Junie 2025.
  2. ↑ (en) "IRFU announce plans to bid for 2017 Women's World Cup". Joe. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 November 2016. Besoek op 4 November 2016.
  3. ↑ (en) "Ireland to host Women's Rugby World Cup 2017". Wêreldrugby. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Februarie 2017. Besoek op 16 Februarie 2017.
  4. ↑ (en) Niall McVeigh (26 Augustus 2017). "New Zealand beat England 41-32 to win Women's Rugby World Cup – as it happened". The Guardian. Besoek op 30 Junie 2025.
  5. ↑ (en) "Irish Rugby Bid For Women's Rugby World Cup 2017". Ierse Rugbyvoetbalunie. 2 Maart 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Augustus 2017. Besoek op 15 Augustus 2017.
  6. ↑ (en) "Ireland to host 2017 Women's Rugby World Cup". BBC. 13 Mei 2015. Besoek op 30 Junie 2025.
  7. ↑ (en) "Ireland Qualify Directly For 2017 Women's World Cup". Ierse Rugbyvoetbalunie. 18 Desember 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 November 2017. Besoek op 1 November 2017.
  8. ↑ (en) "Draw announced for 2017 Women's Rugby World Cup". Excelle Sports. 9 November 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2016. Besoek op 10 November 2016.
  9. ↑ (en) "Women's Rugby World Cup 2017 tournament rules". rwcwomens.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Augustus 2017. Besoek op 8 Augustus 2017.
  10. ↑ (en) "Women's Rugby World Cup 2017 Overview". rwcwomens.com. 1 Mei 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Julie 2017. Besoek op 11 Julie 2017.
  11. ↑ (en) "Match officials announced for Women's Rugby World Cup". Wêreldrugby. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2022. Besoek op 10 November 2022.

Eksterne skakels

wysig